Huisgenoot

GROOTMENST­AAL IS BESTE VIR BABA

‘Parentese’ eerder as babataal is beter vir jou kind se taal- en spraakontw­ikkeling, sê kenners

- Patricia Lewis oor haar man en seun: ‘Hulle dra my’ Patricia, jy en jou gesin is van binne en buite mooi. Ons het ook nooit babataal met die kinders gepraat nie. Hoe laat dit my nou terugverla­ng na Pieter Marx se “Hotel op Wiele”-treintoere.

Ek glo nie in babataal praat nie.

Anders gaan jy jou kind twee keer moet leer praat. Praat gewone taal met jou kind. Hulle tel goed vinniger op as grootmense, en jy stimuleer ook hul brein vinniger deur dit te doen. GERHARDUS

2 Julle is altyd so ’n lieflike gesin.

Julle het nooit enige drama nie, en julle is nie aandagvrat­e wat alewig probeer om in die kollig te wees nie. Julle is altyd net nederige, opregte en real mense. So welgedaan aan julle.

NIKKI

Natuurlik moet jy babataal praat.

Want dit is hoe jy met jou baba bond. Jou kind is net vir ’n paar jaar ’n baba en so kan jy hulle geniet. Hier van vier jaar af begin jy geleidelik oorslaan na grootmensw­oorde toe.

LETTIE

Jy hoef nie almal gelukkig te hou nie, ons is nie braaibrood­jies nie. Jy rock met daai looks, mooi hart en menswees. Nuwe musiek asseblief, ek wil dit kliphard speel!

LEON

Ons het vriende wat dit gedoen het, en hulle kinders praat nou nog nie vlot nie. Ons kinders se woordeskat is nou ook baie, baie groter as hulle s’n.

LEANDI

3 Drie broers se romanse met Jenny die stoomtrein Dankie vir julle liefdeswer­k.

Ons het langs die treinspoor grootgewor­d en my oom was ’n coach builder by die spoorwegwe­rkswinkel in Durban. Jenny laat my hart vinniger klop. Ek gaan beslis nog saamry.

THEA

Ek is nou al ’n ouma en nie een van my twee kinders of drie kleinkinde­rs het lees- of taalproble­me nie. Elke ouer moet doen wat hulle wil. ANNATJIE

Ons was bevoorreg om drie keer saam met hom op die trein te gaan toer. Die Rondomtali­e-toer, die Weskus- en Kaapse toere, asook die toer deur Namibië.

DOUW

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa