Huisgenoot

UIT DIE KAKE VAN

Toe ’n luilekker wegbreek ’n bloedige wending neem, het twee gesinne ingespring en met hand en tand teen ’n krokodil terugbakle­i

- Deur JACQUES MYBURGH Foto’s: PAPI MORAKE

DAAR’S geen manier dat sy net gaan toekyk hoe haar man sterf nie. Sy gewaar ’n houtstomp op die oewer, tel dit op en begin die groot reptiel moker. Die volgende oomblik is haar vriendin en dié se man ook by in die stryd teen die krokodil. Die houe plof op die skubberige vel neer en skote word in die water geskiet om die dier te verdryf. En heeltyd huil en skree hul kinders.

Dit klink dalk soos die begin van ’n Crocodile Dundee- agtige drama, maar die werklike lewe is nié soos ’n Hollywood-fliek nie, sal die Jouberts van Middelburg in Mpumalanga jou na dese vertel. Hulle beskou dit as ’n wonderwerk dat almal lewend daarvan afgekom het.

“Op daardie oomblik het ek net gedink ek wil my man red,” sê die skamerige Annalize (33) by die Life Midmed-hospitaal in Middelburg, waar Anthony (37) steeds vir bytwonde behandel word.

Ons gesels buite die hospitaal waar Anthony in sy rolstoel ’n rokie kom maak. “Ek is net bly my vrou was daar,” sê hy.

Om die waarheid te sê, amper almal wat die geveg teen die krokodil op ’n vriend se plaas naby die Loskopdam in Mpumalanga beleef het – as deelnemers of as verskrikte ooggetuies – is ook hier. Daar’s die Joubert-kinders, JP (12), Liza (10) en Ashleigh (6). En natuurlik hul vriende Bianca (40) en Johan van der Colff (36).

“Ek dink Liewe Jesus het daai boomstomp daar

neergesit,” sê Bianca.

En Anthony beaam: “Dis ’n wonderwerk dat ek vandag hier is. Ek het ’n tweede kans saam met my familie gekry.”

VISVANG, koue biere in die koelboks, hardekoolv­ure saans en natuurlik ’n braaivleis­ie. Watter beter manier om ’n verjaardag te vier as ’n naweek in die buitelug saam met jou gesin en vriende? In dié gees het Anthony, ’n brandstels­eltegnikus, saam met sy gesin en vriende op Vrydag 8 Maart die pad gevat na die plek waar hulle al soveel lekker tye saam gehad het.

Bianca vertel die plaas behoort aan ’n vriend van haar. Hulle verkies om hom nie te identifise­er nie.

“Ons het nog die Vrydagaand heerlik gebraai en gekuier. Daar is kothuise op die plaas en ons het daar gebly. Daar is ’n boma en Anthony en Johan het die aand

nog vir ons ’n reusevuur gebou.”

Die volgende dag, Saterdag, was haar man, Johan, se verjaardag. Die grootmense het onder die koeltebome geluier en die kinders het vir hulle ’n modderbad prakseer om in te plas.

“Ons het sommer net gerus en gekuier,” sê Anthony.

Die kranige visserman is eintlik sy seun, JP. Die mans het pap aangemaak vir aas. Toe is die Joubert-kinders na die dam by die kothuise. Die Van der Colffkinde­rs, Janco (3) en Zandré (7), is saam.

Almal het geweet daar is ’n krokodil in die dam, en daar is ook waarskuwin­gsbordjies. Maar sedert hul aankoms het hulle die dier heeltyd op die oorkantste oewer gesien bak.

Omstreeks halfvyf, terwyl die grootmense op die kothuis se houtdek ontspan het, het hulle JP hoor roep: “Ek’t ’n vis!” Die mans het gaan kyk.

“Ek het gesien die vislyn het in ’n tak verstrenge­l geraak,” sê Anthony. “Ek is toe die vlak water in om dit los te maak.”

Hy was “skaars enkeldiep” toe die krokodil soos ’n projektie projektiel uit die water spspring spring en hom aan die bobeen bbobeen gryp.

By die kothuis kkothuis het Annalize die angs angsgille gehoor.

“Ons het hhet eers gedink Johan en enn Anthony Antho probeer die kinder kinders skrikmaak, maaar maar toe kom JP aangeharrd­loop aangehardl­oop en skree: ‘Pappawoord ‘Pappa word deu deur ’n krokodil gebbyt!’ gebyt!’ On Ons is dadelik dam toe.”

Daar geekom, gekom, w was dit totale chaos. Die kinders hhet het ges geskreeu en gehuil, en die krokodil vvan van “se “seker so ses voet lank” het Anthony soos ’n strooipop rondgeruk.

Johan het hhet na Anthony A se hand gegryp met die idee iddee om hom uit die krokodil se kake te trek. trrek. Di Die dier het vir ’n oomblik laat los. AAnthon Anthony se bene het onder hom gesswig geswig en hy het in die water neergeesak. gesak.

“Ek het aanhou skree dat AAntho Anthony my hand moet gryp, mmaar maar hy het nie reageer nie. Toe komm kom die krokodil en gryp hom weer en enn trek h hom dieper in,” sê Johan. Anthonny Anthony onth onthou net hoe hy gespartel het om syy sy kop b bo die water te hou terwyl die krokodil krokoodilm­e met hom in die rondte tol – die sogennaamd sogenaamde “death roll” waarmee die reptiele hul prooi verdrink. “Ek het regtig in ’n stadium gedink dit is die einde; dis dan nou hoe ek gaan sterf.”

Dis toe dat Annalize die houtstomp op die oewer sien lê. “Ek dink instink het ingeskop. Iets het net vir my gesê ek moet die stomp gryp.”

Annalize is die water in en het die krokodil teen die kop bly slaan. Toe sy weer sien, was Bianca ook by met ’n stok.

Terselfder­tyd het die bloeiende Anthony sy duime in die krokodil se oë gedruk. En Johan het gehardloop om sy pistool te gaan haal en skote in die water afgevuur.

Midde-in dié pandemoniu­m het Bianca besef haar klein Janco kniel op die oewer en bid en sing hardop. “Ek het gedink die kind het dit verloor.”

Hoe lank dit so aangehou het, weet

Anthony en sy gesin en vriende wat die naweek saam was. Van links is Bianca en Johan van der Colff, Anthony, sy vrou, Annalize, en kinders, Liza, Ashleigh en JP.

nugter. Maar oplaas het die krokodil besluit dié maal is nie die moeite werd nie.

“Ek weet nie of dit die houe was wat die vroue die krokodil gegee het, die geweerskot­e, of ek wat my duime in sy oë gedruk het nie, maar toe los die krokodil my,” vertel Anthony.

Die ander volwassene­s het hom na die houtdek gedra. “Ons het altyd ’n noodhulpki­ssie byderhand,” sê Bianca. “Ons het sy wonde skoongemaa­k en met verbande toegedraai.”

Hulle het hom in die bakkie gelaai en Johan het met hom na die staatshosp­itaal op Middelburg gejaag. Annalize en Bianca het by die kinders op die plaas agtergebly. “Dit was die langste paar ure van my lewe,” vertel Annalize. “Daar was glad nie selfoonsei­n nie en ek het nie geweet of my man dit gaan maak nie.”

Anthony het die nag in die ongevalle-eenheid deurgebrin­g voor hy hier na Life Midmed oorgeplaas is. Eers toe Johan geweet het sy vriend gaan oorleef, is hy terug na die plaas toe om Annalizehu­lle op hoogte te bring.

“Ons almal was erg getraumati­seerd,” sê Annalize. “Ons het die aand saam met die kinders ’n krismisbed gemaak. Klein Ashleigh wou net heeltyd weet of haar pappa oukei is.”

ANTHONY se rokie is verby en hy is terug in sy hospitaalb­ed met sy kinders om hom. Hier in die saal weet almal nou al van die man wat uit die kake van ’n krokodil ontsnap het, en almal wil die storie hoor. En die verwysings na Middelburg se “Crocodile Dundee” vlieg rond.

Bianca praat ekstra hard en ’n bietjie stadiger terwyl sy die soveelste keer die storie vertel, want die oom in die bed langs Anthony s’n is hardhorend.

“Grote griet!” roep die oom uit toe sy klaar is. “Jy kon dood gewees het, seuna.”

Die oom oordryf nie. Die bytwonde wat van Anthony se lies na sy knie strek, het die hoofslagaa­r in sy been met minder as ’n millimeter gemis. Hy het ook ’n bytwond aan sy maag.

“Die dokters sê ek is baie gelukkig om te lewe,” benadruk Anthony. “Dis ’n wonderwerk. Ek het geen bene gebreek nie, en daar is geen spiere of senuwees beseer nie.”

Bianca bieg hulle is nou almal bang vir die water. “As ons oor die brug by die rivier ry, kry ons koue rillings.”

Dis onseker hoe gou Anthony sal genees. “Die wonde is te groot om met steke toegewerk te word. Ons gaan moet wag vir die vel om vanself weer oor die wonde te groei,” sê hy.

Daar is darem goeie nuus ook. “Die dokters dink ook nie dit is nodig om veloorplan­tings te doen nie.”

Die gesinne kry tans berading om die gebeure te verwerk. Sal hulle weer by daardie dam gaan visvang en braai? Anthony het sy antwoord gereed. “Nie sommer nie.”

HAAR skraal lyfie verdwyn in die groot hospitaalb­ed. Nicola Bornman lyk baie jonger as haar 19 jaar en weeg net 34 kg. Maar die oë wat in haar gesig vonkel, wys haar wil om te lewe is sterker as die dinge wat haar jong liggaam laat kwyn. “Dit gaan goed met my,” sê Nicola en glimlag. “Ek het eergister goeie nuus gekry. Die dokter dink hulle sal my volgende week kan opereer.

“Dan nog 10 dae in die hospitaal, en dan kan ek huis toe gaan.”

Dis gróót nuus, want Nicola is al agt maande lank in die hospitaal. Die klank van teetrollie­s wat verbyklate­r, verpleegst­ers se voetstappe en gekreun van ander pasiënte, is geluide waaraan Nicola al gewoond geraak het.

Elke dag lyk dieselfde. Sy kyk werklikhei­dsreekse op haar foon, lees en teken, en wag vir haar ma om in besoektyd te kom kuier.

Nicola Nic Bornman se stryd het op 11 begin toe sy onver verklaarba­ar siek geword het het. Eers op 14 het sy gehoor sy ly aan Crohn se sie siekte – en toe loop nog ’n rrits dinge lelik skeef.

D

Tussendeur doen die verpleegst­ers en dokters hulle ding – elke dag, elke nag, week ná week ná week.

’n Mens sou verwag Nicola is teen dié tyd moedeloos oor die groot hap uit haar jongmensle­we, maar haar glimlag wys sy wil vandag liewer op die goeie nuus fokus.

Hopelik bring dít ’n bietjie van die lig waarop sy al so lank wag, want Nicola trotseer al jare lank nimmereind­igende gesondheid­suitdaging­s. Elke keer wat sy en haar gesin dink hulle is oor die ergste, gebeur iets weer – keer op keer.

Ná haar vorige operasie was haar dokters raadop. Haar gewig het toe by net 24 kg gaan draai. Sy was ’n asempie van ’n mens. Maar steeds ’n vegter.

Sy is in November van ’n hospitaal in Bloemfonte­in oorgeplaas Groote Schuur toe in Kaapstad.

Hier kon haar span dokters haar gewig met binneaarse voeding vermeerder, en nou is sy sterk genoeg om weer geopereer te word.

Nicola kan nie wag om daarna terug te gaan huis toe nie. Dis ver van hier – daar op die Vrystaatse vlaktes waar pa Nico ( 44) ’n bestuurder op ’n plaas buite Bothaville is.

Dan kan sy weer vroegoggen­d saam met hom in die bakkie spring om die sonneblomm­e te groet, en saam met haar gesin vry wees in die ooptes.

Ver, ver weg van die vier hospitaalm­ure wat intussen huis moes word.

OM HULPELOOS toe te kyk hoe jou lieflingdo­gter voor jou wegkwyn, is die moeilikste ding wat sy nog ooit moes doen, vertel Nicola se ma, Priscilla (40). “Ek weet nie hoe ek daardeur gekom het nie.” Sy bly tydelik in die Kaap en huur ’n kamer naby die hospitaal sodat sy gereeld by haar kind kan inloer.

Dit beteken sy is ook lang tye weg van Nico en hul seun, die 18-jarige André.

“Ek het vanjaar my seun se eerste dag in matriek gemis, en dit was gister sy verjaardag. Daar is soveel eerstes waar ek

nie konn kon b by wees ees nie,” nie” sê sêPriscill­a Priscilla.

Sy pr probeer dapper klink, maar toe sy vertel v van die pad wat haar dogter moes stap, k kom sit die emosie in haar stem.

“Nico “Nicola was nog altyd ’n ligstraal, en ek wens die d lewe was vir haar makliker. Dat sy die j jong lewe gehad het wat sy moes gekry h het. Maar ek glo ook dít waardeur sy is, en e waardeur sy steeds gaan, maak haar ’n sterker vrou.

“Dit wys haar dat klein dingetjies nie groot dinge is nie, en dat sy kan weet wat sy uit die lewe wil hê.”

Vir Priscilla is niks belangrike­r as tyd saam met haar geliefdes nie.

“’n Mens kan altyd geld najaag, maar tyd op aarde is soveel kosbaarder. Speel saam met jou kinders, los jou foon, en los die gejaag na elke dag. Ons is hier op genadetyd.”

Die kronkelpad met al sy harde lesse het nege jaar gelede begin. Priscilla gun haar kind die kans om haar eie storie te deel, en dis Nicola wat vertel van die tyd in 2015 toe sy die eerste keer besef het iets voel nie reg nie.

Haar gesin het toe nog in Mbombela gewoon en die vorige naweek by ’n dam saam met vriende gaan kampeer.

“Ons het met binnebande op p die dam gery, gespeel en geswem. Die week daarna was ek k vreeslik siek, en n ons het gedink k ek het ’n kiem opgetel. Ek het heeltyd naar ge- word, opgegooi oi en gewig begin n verloor. Ek’t ook k vreeslik krampe e gekry en kon voel el hoe my lyf agterruitg­aan en swak ak word.” Sy was 11 jaar oud.

Nicola vier ’n vroeë Kersfees in die hospitaal saam met haar broer, André.

Die drie jaar d daarna was ’n warboel waarin hulle probeer het om agter te kom wat aangaan. Dokters, medikasie, kruiemidde­ls – hulle het als probeer.

En toe, in 2018, diagnoseer ’n gastroënte­roloog Crohn se siekte by haar. Sy was 14 jaar oud toe sy moes hoor sy het dié siekte wat inflammasi­e in die spysverter­ingstelsel veroorsaak.

Die dokter het medikasie voorgeskry­f, en sy het beter begin voel.

Nicola se gesin het in 2020 in Georgië in Oos-Europa gaan woon toe haar pa ’n werk as slagter daar gekry het. Haar siekte het toe weer opgevlam.

Dinge is in Desember die volgende jaar op p die spits gedryf toe sy ’n kolonoskop­ie moes oes ondergaan en haar dikderm tydens dié é prosedure geperforee­r is.

Die Georgiese dokters rs het nie besef daar aar was komplikasi­es ikasies nie en n het haar huis uis toe gestuur. uur.

‘MENS KAN ALTYD GELD NAJAAG, MAAR TYD OP AARDE IS SOVEEL MEER KOSBAAR. ONS IS HIER OP GENADETYD’

BO: Vol grappies in die hospitaal. LINKS: Op haar 18de verjaardag sa saam met haar gesin.

Nicola het by die dood omgedraai. Haar dikderm het in haar buik gelek, en sy het septiese skok opgedoen.

“Ek kan die helfte van daardie dag nie onthou nie,” vertel sy. Dan rits sy die besonderhe­de af soos iemand wat die feite van haar verhaal al noodgedwon­ge moes aanvaar.

“Ek het hospitaal toe gegaan, waar hulle vir my pynmedikas­ie gegee het. Ek moes vir my ma-hulle baai sê. Hulle moes my opereer om my ingewande skoon te was, en toe het ek my eerste stoma gekry.”

’n Stoma is ’n opening in die buikwand waardeur die dermpunt na buite geplaas word.

Nicola was dae lank in ’n geïnduseer­de koma, maar het met haar ontslag weer begin beter word.

Maar toe die gesin in 2022 terugkeer Suid-Afrika toe nadat Nico ’n werk as plaasbestu­urder gekry het, het dit geblyk Nicola is weer voor ’n kruispad.

In ’n prosedure in Augustus verlede jaar moes 95% van haar kolon noodgedwon­ge verwyder word.

Daar was ander uitdagings ook, en gedurende dié sensitiewe operasie is haar dunderm geperforee­r.

Haar liggaam was daarna so swak en uitgeteer dat haar opera operasiewo­nd nie wou genees nie, en ’n gedeelte gedee van haar dunderm het buite haar lyf gebly.

Sy is ná vier maande vanaf die Bloemfonte­inse hospitaal Groote Gr Schuur toe oorgeplaas vir behande behandelin­g deur dié hospitaal se spesialist­e.

En nou, na nóg vier m maande, het sy eindelik genoeg gewig aan aangesit dat die dokters reken hulle kan nou opereer om onder meer haar dunde dunderm terug te plaas in haar lyf en die gaatjies gaat daarin toe te maak.

Maar daar was tusse tussendeur ook so baie ander dinge wat sy mo moes trotseer. Infeksies. ’n Bloedklont. Vog op haar longe.

Hoe bly sy dan so positief po ondanks al die slae van die lewe?

“Ek het al dae geha gehad waar ek regtig hartseer is, en ek voel ek kan nie meer nie. Maar dan sê ek ne net vir myself daar moet ’n rede wees waarom ek hierdeur g gaan. En ek herinner myself myse dit help nie om so hartseer hart te wees nie. Dit gaan my net nog meer terugsit terugsit.”

En d dít wil sy nie hê nie. Want Nicola wil le lewe. Sy wil huis t toe. Sy het hoop.

HIER in i Maasdorp M in i die di prentjiemo­oi Franschhoe­kvallei het jy net jou ore nodig om die Papiers se werf te vind. Vandag is dit die vrolike klanke van die liedjie “Quando Quando Quando” wat jou om die laaste draai in dié landelike woonbuurt lok. En daar sit hulle: die grysaard met die trekklavie­r en die kaalvoet-outjie met die saxofoon.

Wat musiek betref, is hier g’n generasieg­aping nie. Want oupa Frank Papier is al 76 en sy kleinseun Graigan is 11, maar saam laat dié twee jou voete jeuk.

Hier in sy oupa en ouma Catheline se woonkamer lyk Graigan effens potsierlik, want die saxofoon is byna so groot soos hy. Wanneer hy speel, sit hy op ’n stoel met die blaasinstr­ument soos ’n olifantslu­rp op sy knieë gestut.

Ja, gee hy toe, “aanvanklik was dit moei

dlik om te dra. Verlede Kersfees by ’n optrede het ek ’n stoel gevat en my saxofoon op die stoel gesit, dan speel ek so.”

Hy glimlag skamerig, maar oupa Frank laat hoor: “Jy kan net trots voel, man! Ek is 76, maar ek het nog nooit gesien ’n oupa of ’n uncle speel saam met sy kleinkind of so nie. Ons doen dit! Ons maak die mense gelukkig.”

Hulle is as die Papier Family Band bekend en is ware troebadoer­s van die wynland. Waar die behoefte is, daar gaan hulle, sê Frank. “Dis wonderlik as hulle my vanaand vra vir ’n partytjie en môre is dit weer ’n begrafnis. Ons sukkel nie.”

Benewens troosdiens­te, troues en verjaardag­makieties speel hulle gereeld op wynlandgoe­dere se geleenthed­e en feeste. Want die Vallei kan jy jou skaars indink sonder die Papiers wat musiek maak.

Frank se pa, Marthinus, het dié tradisie begin toe hy in 1932 sy orkes gestig het. Vier van sy 13 kinders – Frank, Tienie, Neville en Albert – het saam gespeel.

Sy pa is al oorlede en Albert is die enigste broer wat nog soms saam met Frank

 ?? GALLO IMAGES/GETTY IMAGES, BACKABUDDY.CO.ZA ??
GALLO IMAGES/GETTY IMAGES, BACKABUDDY.CO.ZA
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? Nicola saam met haar ouers, Priscilla en Nico, toe sy ’n skrale 24 kg geweeg het. ho
Nicola saam met haar ouers, Priscilla en Nico, toe sy ’n skrale 24 kg geweeg het. ho
 ?? ??
 ?? ?? BO ho ha
BO ho ha
 ?? ??
 ?? ?? ROSS MICHAELS
CORRIE HANSEN H
HOOFFOTO en LINKS: Graigan Papier-Mentoor en sy oupa Frank Papier skitter as ’n musiekduo.
ROSS MICHAELS CORRIE HANSEN H HOOFFOTO en LINKS: Graigan Papier-Mentoor en sy oupa Frank Papier skitter as ’n musiekduo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa