Huisgenoot

‘AS ONS NIE SPEEL OP ’N KRISMIS NIE, DAN IS DIT NIE KRISMIS NIE’

-

speel. Frank is trots dat hy vandag dié é musikale nalatenska­p saam met sy y kleinseun kan laat voortleef.

Frank het op agt begin trekklavie­r speel en Graigan het op drie sy ouma se houtlepels as tromstokke begin inspan. “Hy’t daai potte in hulle hel geslat! Dit het later bulte gehad en jy kon dit nie meer gebruik nie,” vertel hy. “Maar dié klong slat in tyd. Toe het sy oom Regan vir hom ’n stel tromme gekoop.”

Daarna het hy die een instrument ná die ander sélf bemeester. Tromme, trekklavie­r, die e verskillen­de soorte kitare – en n eindelik sy gunsteling: die saxo- foon.

Sy droom is om wêreldwyd te speel “saam met my oupa. Dan sal ek nooit senuagtig voel nie.”

DAARDIE hande van n Frank wat so oor die e klawers en knoppies es dans, staan vir baie e dinge reg. Sedert sy aftrede by die departemen­t bosbou verkoop hy hout. “Ek het ’n span wat my help houtmaak. Dis lekker om uit te ry berg toe, om nog te gaan houtmaak vir ’n geldjie.”

Nes Graigan was hy agt toe hy begin optree het. “Ek is met musiek gebore, kan jy sê. Dit was in my bloed. As ons nie speel op ’n Krismis nie, dan is dit nie Krismis nie. Ons het élke Oukersaand uitgegaan om te gaan speel.”

Toe sy pa, Marthinus (88), in 2007 sterf, het hul toekoms onseker gelyk. Frank se oudste dogter, Sharnelle, het gesing, maar kleinsus Marize en broer Regan wou niks weet nie. En ná covid was Regan se stembande ook nie meer reg nie.

“Ek is nie musikaal nie,” laat hoor Marize, “en ek is ook nie een vir skares nie.”

Frank en Regan loer na haar. “As ek sing, sing ek vir pret,” sê sy. “My suster Sharnelle bly op Jeffreysba­ai, so ek sal in haar afwesighei­d die mike vat net sodat die band se oefening vlot verloop. Die dag van die opvoering wil hulle my laat sing, maar nee wat. Ek sê dan ek het hulle net op die pad gesit.” Marize is Graigan se ma. Nes sy pa, Craig, werk sy as ’n polisiebea­mpte.

Oom Regan ontken hy het ’n musiektale­nt. “Dit het my ge- skip. Kyk, ek het begin op oupa Marthinus se saxofoon. Maar dit het my nie rêrig interessee­r nie; dit was te moeilik. Nou behartig ek die band se bespreking­s.”

Maar toe begin die driejarige Graigan die potte móker – en nou tree hy al drie jaar saam met Frank op.

Graigan en sy ouers woon ’n hanetree van oupa Frank af en hulle is onafskeidb­aar.

Die hele Papier Family Band speel gewoonlik net op groot feeste saam, want hulle woon verspreid. Benewens Sharnelle wat sing, maak Johnny Papier (neef van Regan), Christo Roos ( familie van Graigan se ma, Marize) en Albert (Frank se broer) ook saam musiek.

bdEnigiema­nd wat ’n verkeerde noot speel, kry ’n kwaai kyk van Graigan. ““En wanneer daai song klaar gespeel het, sê hy: ‘ Don’t play false notes! Here’s people; play right! You know the songs.’ ” Frank se oë trek skrefies soos hy lag. Want as sy kleinseun die dag nie saamspeel nie, moet hý met die trekklavie­r lei. “Maar nou is dit moeilik, man. Die pressure is op my. As ek ’n song speel, dan moet ek dit enduit speel!” Maar as Graigan by is, “dan vat hy oor! Hy speel die song en ons speel agter hom aan. Hy lead met die sax.” Dié saxofoon is Graigan se kosbaarste besitting, want sy oupagrootj­ie het dit in 1956 gekoop en gespeel. Veertig jaar gelede is Marthinus R10 000 daarvoor aangebied, maar hy wou hê sy kleinseun moes dit erf. “Dis nie asof hulle dit maklik gehad het nie. Destyds het R10 000 soos R100 000 gevoel,” vertel Frank.

Maar omdat Regan nie wou volhou met die saxofoon nie, is dit Graigan wat nou die silwer klanke bo die wingerde laat uitstyg.

msMaUSIEK is nie Graigan se enigste sterkpunt nie. Danksy goeie akademiese prestasies het hy ’n beurs na die Bridge House Privaat Skool naby Franschhoe­k losgeslaan. Hy geniet ook krieket en atletiek, en hy is gaande oor Klopsemusi­ek en sangers soos Emo Adams.

Die hoogtepunt van oupa Frank se loopbaan? Die keer op die verhoog saam met Valiant Swart by die Oppikoppim­usiekfees in Limpopo. Die komponis Les Javan het Frank destyds op die wynplaas Solms-Delta se oesfees raakgesien en hulle het toe saam by Oppikoppi opgetree. Daar het Valiant weer vir Frank gesien en toe maak húlle ook saam musiek.

Graigan bly kind. Wanneer hy en sy oupa na nóg ’n begrafnis of verjaardag­makietie gaan, word sy speelgoedk­arretjies ook gepak.

“Daar is nie pressure op hom in terme van net musiek nie. Ons sal nie vir hom sê jy móét nou oefen nie,” sê Regan. “As hy klaar gespeel is met sy karretjies, dan besluit hy self: Ek gaan nou die musiekinst­rument vat.”

 ?? ?? BO: Graigan, Zoë Williams, Regan en Frank praat oor musiek. In die tas op Regan se skoot is die saxofoon wat Graigan van sy oupagrootj­ie geërf het. LINKS: Marize Mentoor, Graigan se ma, sê sy is trots op hom.
Frank en Graigan in die agterplaas by Frank se hout wat hy verkoop.
BO: Graigan, Zoë Williams, Regan en Frank praat oor musiek. In die tas op Regan se skoot is die saxofoon wat Graigan van sy oupagrootj­ie geërf het. LINKS: Marize Mentoor, Graigan se ma, sê sy is trots op hom. Frank en Graigan in die agterplaas by Frank se hout wat hy verkoop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa