Huisgenoot

VARKNEKSTE­AKS met KLEWERIGE PERSKEBRAA­ISOUS en NEKTARIENS­ALSA

- 1 3 8

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING: 30 MIN. / GAARMAAK: 45 MIN.

Perskes en varkvleis is ideale pasmaats. Hierdie braaisous is nie net lekker op varksteaks nie; dit kan selfs vir varkribbet­jies, kebabs of hoender gebruik word. 2 uie, in kwarte gesny

1 heel knoffelbol 15 ml (1 e) olyfolie 4 perskes (verskillen­de soorte), geskil, ontpit en in blokkies gesny 125 ml (½ k) tamatiesou­s

60 ml (¼ k) heuning of ligbruinsu­iker

45 ml (3 e) worcesters­ous 30 ml (2 e) sojasous 30 ml (2 e) wit asyn 5 ml (1 t) vyfspesery­emengsel

VARKSTEAKS

4-6 varknekste­aks (ontbeende varknektjo­ps) sout en vars gemaalde swartpeper ’n bietjie olyfolie

SALSA

2 nektariens, in blokkies gesny 2 stingeluie, gekap ½ komkommer, in blokkies gesny 15 ml (1 e) olyfolie ’n skeut suurlemoen­sap ’n knippie sout

VIR VOORSIT

aartappelw­iggies

Voorverhit die oond tot 180 °C. Hou ’n bakplaat en ’n vel foelie byderhand. Bespuit nog ’n bakplaat goed met kossproei.

Sit die vel foelie op die

Braaisous

bakplaat en versprei die uiewiggies daarop. Pak die knoffelbol tussen die uie en drup die helfte van die olie oor. Vou die uie en knoffel toe in die foelie en rooster 30 min. in die oond. Haal die bakplaat uit die oond en laat die uie en knoffel ’n bietjie afkoel. Verhit die res van die olie in ’n diep kastrol. Voeg die uiewiggies en perskes by en braai 5 min. oor lae hitte. 4 Druk die knoffel uit die huisies en voeg dit saam met die res van die bestanddel­e by die perskes in die kastrol. Verhit oor matige hitte en roer goed. Laat die mengsel prut tot die perskes sag is. Skep die mengsel uit die kastrol en pols fyn met ’n staafmenge­r. Hou eenkant. 2 5 6 7 9

Varksteaks

Verhoog die oond se temperatuu­r tot 230 °C. Geur die steaks aan albei kante met die sout en peper. Smeer die steaks met ’n bietjie olie. Verhit ’n groot pan en braai die steaks tot goudbruin weerskante. Pak in ’n enkellaag op die voorbereid­e bakplaat. Smeer die steaks ruimskoots met die braaisous en braai 2-3 min. Draai die steaks om, smeer weer ruimskoots met die sous en braai nog 2-3 min. of tot gaar soos verkies.

Salsa

goed.

Meng alles

Vir voorsit

Sit die steaks voor saam met die salsa en warm aartappelw­iggies. Bêre die braaisous wat oorbly in die yskas vir tot ’n week.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa