Huisgenoot

GEBRAAIDE PERSKE- BLATJANGHO­ENDER

- 1 2

GEBRAAIDE PERSKE-ENBLATJANG­HOENDER GENOEG VIR 6 MENSE / BEREIDING: 30 MIN. / MARINEER: 3 UUR OF OORNAG / GAARMAAK: ONGEVEER 1 UUR

’n Kinkel op ’n tradisione­le gunsteling!

8-12 hoenderpor­sies

MARINADE

1 ui, fyngekap 4 knoffelhui­sies, fyngekap 2 lourierbla­re

4 heel naeltjies 60 ml (¼ k) olie 125 ml (½ k) tamatiesou­s

60 ml (¼ k) worcesters­ous

60 ml (¼ k) wit asyn

30 ml (2 e) heuning of ligbruinsu­iker 5 ml (1 t) dijonmoste­rd

5 ml (1 t) gerookte paprika

5 ml (1 t) gedroogde brandrissi­evlokkies 5 ml (1 t) vars gemaalde swartpeper 2,5 ml (½ t) sout

AFRONDING

4 nektariens of geelperske­s, ontpit en in dik skywe gesny 8-10 baba-uitjies, geskil en gehalveer ’n paar takkies roosmaryn

VIR VOORSIT

gestoofde ertjies of enige ander bykos van jou keuse

Hou ’n verseëlbar­e niemetaalm­arineerbak, ’n oondbak en ’n vel foelie byderhand. Bespuit die oondbak met kossproei.

Pak die hoenderpor­sies in ’n enkellaag in die bak om te marineer.

Marinade

Sit al die bestanddel­e saam in ’n groot fles en skud tot goed gemeng (of klits alles saam in ’n mengbak).

Giet die marinade oor die hoender, meng deur, bedek die bak en laat marineer 3 uur of oornag in die yskas.

4 Voor

verhit die oond tot 3

Afronding

5 6 7 180 °C. Haal die hoender uit die marinade. Verhit ’n ysterpan tot rookwarm en braai die hoender tot geskroei reg rondom. Skroei die nektariens ook, indien verkies. Hou die nektariens eenkant. Pak die hoender in ’n enkellaag in die oondbak, met die baba-uitjies en roosmaryn tussenin. Giet die orige marinade oor die hoender, bedek die bak met foelie en bak 30 min. in die oond.

Haal die foelie van die oondbak af, pak die nektariens tussen die hoender en rooster nog 15-20 min. in die oond of tot die hoender gaar is.

Sit die hoender voor saam met die ertjies of enige ander bykos van jou keuse.

Vir voorsit

 ?? ?? *
*

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa