Huisgenoot

PERSKE- en- MANGO-ATJAR

- 1 2 3 4

PERSKEEN-MANGOATJAR LEWER ONGEVEER 750 ML / BEREIDING: 20 MIN. / STAAN: 1 UUR / GAARMAAK: 45 MIN.

1,5 kg ferm nektariens van jou keuse, in stukke gesny

2 groen mango’s, geskil en in blokkies gesny

5 ml (1 t) sout 250 ml (1 k) suiker 15 ml (1 e) koljanders­aad

10 ml (2 t) komynsaad

60 ml (¼ k) olie 3 uie, in skywe gesny 8 knoffelhui­sies, grofgekap

10 cm vars gemmer, geskil en in stokkies gesny

4-6 brandrissi­es, grofgekap 6 kerrieblar­e (opsioneel)

15 ml (1 e) geroosterd­e masala

5 ml (1 t) borrie

5 ml (1 t) gemengde peperkorre­ls 375 ml (1½ k) witwynasyn

AFRONDING

’n bietjie olie

Sterilisee­r ’n 750 mlverseëlb­are glasfles. Sit die nektariens, mango’s, sout en suiker in ’n diep mengbak. Meng liggies en laat staan 1 uur.

Verhit ’n droë pan en rooster die koljander- en komynsaad tot geurig en tot die saadjies liggies begin verkleur. Skep die saadjies uit die pan en hou dit eenkant.

Verhit die olie in ’n diep kastrol en roerbraai die uie oor matige hitte tot ligbruin. Voeg die knoffel, gemmer, brandrissi­es en kerrieblar­e (indien gebruik) by en roerbraai nog 1-2 min. Voeg die geroosterd­e saadjies, masala, 5 6 borrie en peperkorre­ls by. Verlaag die hitte en voeg die nektarienm­engsel (met enige sous wat in die mengbak oor is) by die res van die bestanddel­e in die kastrol. Meng liggies deur.

Voeg die asyn by en roer liggies tot die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat die mengsel 10-15 min. stadig prut. (Die vrugte moet nie pap kook nie.)

Afronding

Skep die warm atjar in die skoon glasfles, drup nog ’n bietjie olie op die oppervlak en seël die fles goed. Laat die atjar in die fles afkoel en bêre in die yskas of in ’n koel, donker plek vir tot 2 maande.

 ?? ?? *
*

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa