Huisgenoot

ROOIBOS-GEBAKTE PERSKES met STREUSELKR­UMMEL

- 1 7

GENOEG VIR 6 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. / VERKOEL: 15 MIN. / GAARMAAK: 30 MIN. STREUSELKR­UMMEL

125 ml (½ k) koekmeel

60 ml (¼ k) ligbruinsu­iker

2,5 ml (½ t) fyn kaneel

’n knippie fyn wonderpepe­r ( allspice) ’n knippie sout fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen 100 g koue botter, in blokkies gesny

STROOP

250 ml (1 k) sterk rooibostee

60 ml (¼ k) suiker 60 ml (¼ k) heuning sap van 1 suurlemoen

AFRONDING

6-8 perskes, gehalveer en ontpit (skil dit eers as jy wil) vanieljege­geurde roomys, vir voorsit

Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en bespuit met kossproei. Hou ’n oondbak byderhand. 2 3

Streuselkr­ummel

Meng die meel, suiker, speserye, sout en suurlemoen­skil goed. Vryf die botter by die meelmengse­l in en druk saam tot ’n sagte deeg vorm. Bedek die deeg met kleefplast­iek en plaas vir minstens 15 min. in die yskas.

Sit alles saam in ’n klein kastrol en verhit. Roer aanhoudend tot die suiker opgelos is.

Stroop Afronding

Verhit die oond tot 180 °C. Giet die helfte van die stroop in die oondbak en pak die perskehelf­tes, met

ROOIBOS-GEBAKTE PERSKES MET STREUSELKR­UMMEL

die gesnyde kant na onder, in die stroop. Giet die res van die stroop oor. Stowe die perskes 20 min. 4 Haal die deeg uit die yskas en druk rofweg tot so ½ cm dik op die bakpapier uit.

Draai die perskes om en sit die bakplaat met die streusel saam met die perskes in die oond. Bak nog 10-15 min. of tot die perskes sag maar nie pap is nie, en die streusel goudbruin.

Laat die streusel heeltemal afkoel en krummel rofweg. Skep die perskes in opdienbakk­ies en drup van die orige stroop in die plaat oor. Rond af met die roomys, en sprinkel die krummels oor. 5 6

 ?? ?? *
*

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa