Huisgenoot

‘NIKSEN’: NOU MÁG JY SOMS NUTTELOOS RONDLÊ

-

JY HET waarskynli­k al gehoor van die Deense uitdrukkin­g “hygge”, wat beteken om snoesig te verkeer. Of “fika”, die Sweedse kuns van koffie drink. Dit hou alles verband met ’n minder stresvolle, meer ontspanne leefwyse – jy leef doelbewus teen ’n stadiger pas en met ’n groter fokus op jou eie behoeftes. Nou sluit nog ’n konsep daarby aan: niksen. Dis ’n Nederlands­e woord wat beteken “doen niks”, maar die konsep het nou ook ’n gonswoord geword wat presies daarna verwys: om absoluut niks te doen nie. Dis reg: niks.

Die skrywer Olga Mecking het selfs ’n boek daaroor geskryf, Niksen: Embracing the Dutch Art of Doing Nothing.

Sy het die woord in 2018 die eerste keer in ’n tydskrif raakgelees, en het toe ’n artikel daaroor vir die New York Times geskryf. Toe dit aftrek kry, het sy dit uitgebrei na haar boek, wat in 2020 gepublisee­r is. Nou het die konsep soos ’n veldbrand versprei.

Niksen behels dat jy doelbewus tyd maak om regtigwaar niks te doen nie. Jy sit en kyk net by die venster uit, of lê doelloos rond. Jy gebruik nie jou leë oomblikke vir lees, lysies maak, boodskappe of e-pos beantwoord, televisie kyk of by die rabbit hole op jou foon induik nie – jy doen níks.

Wanneer tel iets regtig as “niks”?

As dit nie ’n doel het nie, glo Olga.

Selfs in ons rustige oomblikke is ons meestal ingestel op die uitkoms van dit wat ons dan doen, sê sy. As jy niksen toepas, beteken dit jy het in daardie oomblik geen doel voor oë nie.

Vir sommige mense sal dit dalk lyk na luiwees, maar moet jou glad nie daaraan steur nie, sê sy.

Jy hoef nie skuldig te voel as jy so tyd maak vir jouself nie, beaam die Johannesbu­rgse sielkundig­e Sanam Naran. “‘Niksdoen’ beteken nie jy is onprodukti­ef nie. Jy is steeds produktief – vir jou geestesges­ondheid.”

Om tyd te maak daarvoor “laat jou toe om ’n beter mens, vriend, eggenoot en werknemer te wees,” sê Sanam.

Sy sê jy sal moontlik aanvanklik skuldgevoe­lens hê wanneer jy niks doen nie, “maar werk deur dit wat jou aandag aftrek.”

En hoe leef jy niksen uit?

Anders as die konsep van mindfulnes­s, wat handel oor teenwoordi­g wees in die oomblik, gaan niksen daaroor om eenvoudig net te wees – om jou gedagtes te laat dwaal sonder om op die besonderhe­de van ’n aksie te fokus.

“Daar is nie een ding wat vir almal werk nie, maar dit gaan daaroor om dinge te vind wat vir jou werk,” sê Ruut Veenhoven, ’n welstandsk­enner verbonde aan die Erasmus Universite­it Rotterdam.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa