Huisgenoot

JOU STERRE

- BUL 20 APRIL – 20 MEI TWEELING 21 MEI – 20 JUN KREEF 21 JUN – 21 JUL LEEU 22 JUL – 22 AUG MAAGD 23 AUG – 22 SEP WEEGSKAAL 23 SEP – 22 OKT SKERPIOEN 23 OKT – 21 NOV BOOGSKUTTE­R 22 NOV – 20 DES STEENBOK 21 DES – 20 JAN WATERDRAER 21 JAN – 18 FEB VISSE 19 FE

RAM 21 MAART – 19 APRIL

Die kosmiese strateeg en kommunikee­rder, Mercurius, is in jou teken. Hy begin op die 2de agteruitbe­weeg en maak jou kwesbaar vir allerhande misverstan­de. Neem genoeg tyd om belangrike sake deeglik te bespreek, veral as jy sien almal dink eenders daaroor. As jy heimlik op ’n verbode mens verlief is, wil jy nie iets doen wat jou soos ’n gek laat lyk nie.

Jy voel geroepe om medelye en empatie te wys aan ’n vriend wat ’n moeilike tyd beleef. Maar onderskei tussen ondersteun­ing vir jou vriend en ingryp om die redder te wil wees. Laasgenoem­de sal jou vriend laat dink hulle hoef nie verantwoor­delikheid te aanvaar nie. En aangesien Mercurius, die kosmiese boodskappe­r, begin agteruitbe­weeg, is dinge soos gerugte en skindersto­ries nou volop.

Moenie onkant betrap word wanneer jou heersende planeet, Mercurius, op die 2de begin agteruitbe­weeg en allerhande misverstan­de meebring nie. Maak dus dubbel seker van reëlings, dokumente en syfers. By die werk hang ’n wolk oor ’n belangrike saak en jy is dalk so in die besonderhe­de vasgevang dat jy nie die geheel sien nie. ’n Spanlid bring ook dalk nie hul kant nie.

Jy hunker miskien daarna om weg te kom of het ’n lang ruskans nodig. Jy moet dalk maar daarmee tevrede wees om hierdie fantasie op ’n verbeeldin­gsvlak te geniet. Dinge kan ontspoor by die werk as jy onvoorbere­id is op Mercurius wat op die 2de begin agteruitbe­weeg. Maak kopieë van alle belangrike werk.

As ’n lewensmaat of vennoot ontwykend is oor geldsake of jy dink hulle probeer jou opsetlik daarvan weerhou om die waarheid oor die saak uit te vind, het jy beslis ’n probleem. Dit is ’n tyd om in die eerste plek jou instink te volg en dinge eers te glo as jy dit met jou eie oë sien. Nuus van ver af kan skeefgetre­k

wees. Moet dus niks as die evangelie aanvaar nie en doen jou eie ondersoekw­erk.

Liefde en verhouding­s kan ’n teer saak wees, veral as jy op die verdedigin­g is omdat jou heerser, Mercurius, op die 2de begin agteruitbe­weeg. Dit kan jou posisie verswak, maar dit kan jou ook om geen rede nie agterdogti­g van ander mense se bedoelings maak. Daarenteen kan jou lewensmaat te veel opoffering­e maak om die vrede te bewaar sonder dat jy dit raaksien.

Jy voel dalk ontevrede met jou werk en kan nie uitpluis presies hoekom nie. Probeer om nie drastiese besluite te neem wat ’n langtermyn­uitwerking op jou lewe kan hê nie. As jy boonop voel jy word by die werk die sondebok gemaak, moet jy die kwessie aanroer. Onthou kommunikas­ie is nie op die oomblik maklik nie. Alles gaan oor tydsbereke­ning.

Jy is in ’n dromerige, romantiese bui en dalk selfs buitengewo­on ontspanne. Al is dit nie in jou aard om jou kwesbaarhe­id te wys nie, sal dit onder sekere omstandigh­ede gepas wees. As jy in ’n nuwe, ontluikend­e romanse is, moet jy wys wie jy werklik is en daardie emosionele risiko neem. Let daarop dat Mercurius in trurat by jou werkplek ook chaos kan veroorsaak.

Jou lewensmaat het dalk stilstuipe en laat jou wonder wat aangaan. Neem in ag hul heersende planeet, Mercurius, begin op die 2de agteruitbe­weeg, en dit laat hulle aan hulself twyfel. Die liefdesdiv­a, Venus, word boonop rondom die 3de deur Neptunus se mantel in geheimenis gehul, en dit bring nog meer verwarring mee. Laat dinge eerder begaan en vanself regkom.

Jy hanteer nie vaagheid van mense goed nie, want jy is ’n reguit mens sonder fieterjasi­es. Maar kommunikas­ie is in geheimenis en intrige gehul. En met dié dat Mercurius, die planeet van kommunikas­ie, ook agteruitbe­weeg, sit jy dalk later hande in die hare. Pleks van ingryp om die kwessies te hanteer, moet jy eerder met die stroom saamgaan en kyk waar jy uitspoel.

As iemand jou heuning om die mond smeer om geld uit te gee, moet rooi vlaggies opgaan. Jy wil die beste in almal sien, maar die wêreld is vol gewetenlos­e mense. As jy in elk geval twyfel oor ’n belegging of iets, moet jy nie nou raad vra nie en dit tot ’n beter tyd uitstel. Dit is ook nie nou tyd om ’n kontrak te onderteken nie. Wag net geduldig.

Jy is waarskynli­k taamlik beïnvloedb­aar omdat Venus en Neptunus in jou teken saamspan. Jy is immers ’n sagte mens wat dit vir ander mense maklik maak om jou te laat skuldig voel. Daarom moet jy jouself beskerm teen diegene wat jou emosioneel of andersins probeer misbruik. Kry ’n tweede mening as jy op die punt is om ’n belangrike dokument te onderteken.

DIE RAM IN DIE SPIEËL

Oefening hou jou fiks, maar is ook ’n uitlaatkle­p vir jou woede. Jy moet vir spoedboete­s begroot. Jy is geneig om mense die harnas in te jaag. Jy is ’n adrenalien­slaaf. Jy het waarskynli­k ’n litteken aan jou lyf en is trots daarop.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa