Huisgenoot

Bobby van Jaarsveld

Deel in sy eerlikste en opregste rou emosies in sy jongste enkelsnit

- VERMAAK Deur ELRI BOUCHER

Die lewe wat jy na buite toe leef, verskil soms drasties van dit wat agter toe deure gebeur. ’n Aangeplakt­e glimlag verdoesel die pyn binne jou, of soos die sanger Bobby van Jaarsveld dit beskryf: “die aantrek van die masker wat die wêreld vir jou gee”. ’n Skynself.

Dis ’n leuen, sê Bobby. En een wat hy nie meer wil deel hê van sy lewe nie.

Daarom het hy besluit om sy eerlikste en opregste liedjie ooit te skryf. “Verlore seun” vertel die pad wat ons stap in die lewe, en hoe ons almal eintlik sukkel, maar ons wil dit nie erken nie, sê Bobby.

“Dit gaan eintlik oor soveel goed met so baie boodskappe, maar eindelik gaan dit daaroor dat ’n mens self moet besluit

om uit daai gat uit te klim en die call moet maak dat jy redding nodig het.”

Met die koorgedeel­te: Soos ’n verlore seun, ’n wegloopkin­d, moet ek val om myself weer te vind gee Bobby die luisteraar ’n kykie na hoe hyself deur moeilike tye in sy lewe moes worstel om weer by sy kern-identiteit uit te kom – die mens wat hy werklik is.

“Ek ken soveel mense wat met só baie dinge sukkel in die lewe, en ek sien hoe dit hulle elke dag opvreet. Ek hoop die liedjie beteken vir hulle iets en dat ons elkeen besef dat ons mense om ons het vir ’n rede,” sê Bobby.

’n Musiekvide­o vir “Verlore seun” word binnekort uitgereik.

Dit is oor twee dae in die middestad van Pretoria verfilm.

“Die video is alles my eie idees en stories, en dis taamlik rou en eerlik,” sê Bobby. “Sekere gedeeltes kan mense dalk ’n bietjie skok, maar dis oukei – dit moet eg wees.”

‘TEIKEN’ – MARNO VAN DER MERWE

Hy het hom nie net n as ’n akteur en vervaardig­er bewys nie; hy het hom ook as ’n talentvoll­e sanger in die Afrikaanse musiekbedr­yf gevestig met sy treffer “Uit my lyf”. lyf

Dié keer is Ma Marno van der Merwe terug met ’n enkelsnit getiteld “Teiken”. Die lied, met sy salige kitaarklan­ke, vertel ver ’n liefdesver­haal van ’n sterk vrou wat die man aan haar sy vorm en slyp sodat die liefde hom nie breek nie. Dis sommer ’n lekker sokkie-nommer ook. o

Hy het die lied saam s met sy goeie vriend die sanger Riaan Benadé geskryf. “Aanvanklik het Riaan ’n versgedeel­te vir my gegee, en ons het aan die lied begin bou. Dit wa was so drie weke in my kop, en toe eendag in my kombuis kom hoor ek die koorgedeel­te in my gedagtes en toe t voltooi ek dit,” vertel hy.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa