Nuut op die rakke
’n Tema wat jou nagmerries gee en karaktersa akte s wat jou boe boei
BLOEDSOMER SOMER Deur SIDNEY DNEY GILROY Human & Rousseau, R299*
“Ek kry nou nog nagmerries oor wat ek in n my navorsing raakgelees het. et.
“Orgaandiefstal andiefstal is ’n feit soos s beurtkrag ag en belasting. Dit gebe gebeur eur natuurlik k ook in Suid-Afrika. Daa Daar ar verdwyn n elke vyf uur ’n kind, sow sowat wat
1 000 volwassenes lwassenes per maand. NetN Net ongeveer er 70% van hulle word weer gekry, kry, hetsy lewend of doo dood. od. Of dit nou ou vir orgaanoorplanting g of moetie e is, mense word van hu hul ul organe verlos teen astronomies astronomiese se betaling vanuit die diep sakke v van an kriminele sindikate e en skelms.”
Só gesels sels Sidney Gilroy oor orgaanoorplanting, ’n tema in sy vierde krimi, Bloedsomer.
Ek vra hom hoekom hy “The world is a vampire” as motto vir die roman gekies het.
“Haweloosheid is ook ’n tema in die boek – mense wat niks het nie en van asblik na asblik, van aalmoes na aalmoes, en van slaapplek na slaapplek deur die lewe sukkel. Hulle het letterlik niks wat van hulle gestroop kan word nie, niks wat hulle die wêreld kan bied nie. Hulle hou siel en vlees bymekaar op hoop alleen.
“Die leser kom egter tot die skrikwekkende gevolgtrekking dat selfs dít deur kriminele van hulle gestroop kan word. Die wêreld is inderdaad ’n vampier.”
Ek sien by sidneygilroy.com interessante foto’s van sommige van sy karakters. Hy verduidelik sulke foto’s is ’n leidraad oor wie die leser in die nuwe boek gaan ontmoet. “Ek is ’n baie visuele mens en versamel heeltyd foto’s van mense, plekke en oomblikke. Dit help my met die karakters se ontwikkeling.”
Ons ontmoet ’n nuwe polisielid, konstabel Petunia Moraleng, en ek wonder of ons haar weer gaan sien.
“Baie beslis. Petunia is een van daardie karakters wat ’n fees was om te skep. ’n Regte rissiepit met ’n hart van goud en ’n gladde bek daarby. Ek weet nooit wat sy volgende gaan doen of gaan kwytraak nie! Sy gaan nog ’n hele paar keer Mooibaai se skelms bymekaarmaak!”
Hy kies Mooibaai in die Suid-Kaap as die plek waar Bloedsomer afspeel. Sidney woon in die regte lewe langs daardie mooi stuk kus, en ek vra of hy nie die inwoners vies maak omdat hy die adder by hulle paradys inskryf nie.
“Ek het, nes met my debuut, Klikbek, op ’n fiktiewe dorp besluit. Ek wou amper iets soos Cabot Cove in die Murder She Wrotereeks skep waar Petunia ongehinderd skelms kan vang sonder dat sy haar oor sensitiewe tone en voete van klei hoef te bekommer. As lesers hulself of hul dorpie raaklees, is dit dalk ’n skuldige gewete wat karring . . .
“Ek is effens oorbluf en diep dankbaar dat lesers se terugvoer oorweldigend positief is. Ek het al my geld op Petunia verwed, en sy het my nie teleurgestel nie. Ek vermoed sy kruip onder die lesers se velle in tot in hul harte.”
Daarenteen was Arno die moeilikste karakter wat hy al ooit moes skep en toe moes probeer beheer, vertel Sidney. “’n Onbegonne taak. Ek het hom vrye teuels gegee om te doen en te vertel wat hy wou, op een voorwaarde: Hy moes die leser wys waarom hy is wat hy is en waarom hy doen wat hy doen. Dis bittersoet dat lesers my vertel dat hulle ook huil by die tonele waar ek gehuil het toe ek dit oor hom moes skryf.”
En watter karakter het hom teleurgestel? “Dokter Nienaber. Ek het nog altyd mense wat die eed van Hippokrates afgelê het, met die hoogste agting bejeën. Gedurende my navorsing het ek egter begin agterkom dat dokters soms ook aandadig is aan onnoembare gruweldade.”