Huisgenoot

Oorvloed van nuwe spesies diep in die see

-

EENHONDERD nuwe spesies ná net één ekspedisie. Dit was ’n span navorsers van hoofsaakli­k Nieu-Seeland wat onlangs soveel nuwe spesies op ’n diepseesen­ding teëgekom het.

Dit wys ’n mens hoe min ons eintlik weet van die natuurlewe in die see.

En aangesien 71% van ons planeet onderwater is, beteken dit ons kan nog baie leer.

Die span het ’n gebied aan die oostekant van Nieu-Seeland se Suid-Eiland verken – ’n diep strook van 800 km lank bekend as Bounty Trough, wat voorheen, in hulle woorde, “onderverke­n” was. Niemand het dit al ooit die aandag gegee wat dit verdien nie.

Hulle gaan te werk deur ’n paar toestelle tot op die bodem te laat sak. Een lê op die seevloer en ’n ander een hang ’n meter hoër. Die bodem hier is tot 4 800 m diep. Hulle sleep dan die toestelle met hulle boot. Die onderste een versteur die sand net genoeg om seediere ’n bietjie skrik te maak. Die boonste een het ’n net wat hierdie outjies vang.

Hulle het darem sekergemaa­k om nie elke liewe dier te gaps nie – hulle vat net genoeg om ’n monster te kry. (Dis natuurlik nie ’n monster soos Dracula en Bigfoot nie: ’n Monster in die wetenskap is ’n voorbeeld van die ding wat jy wil bestudeer. As jy ’n stukkie van Dracula afbreek om van nader te bekyk, het jy ’n monstermon­ster.)

Die mariene wetenskapl­ikes het altesaam 1 700 toetsmonst­ers geneem en opgehys na hulle boot, die Tangaroa.

Nie ál die spesies waarna hulle gekyk het, is onbekend nie, maar minstens 100 is nooit voorheen opgeteken nie.

Hulle sê daar kan selfs meer wees nadat hulle deur al die inligting gewerk het.

Twee ontdekking­s het die span veral verbaas: ’n nuwe soort vis en ’n stervormig­e diertjie wat hulle nog nie kon uitwerk of dit ’n seester of anemoon is nie.

“Dis baie seldsaam dat ’n mens nuwe gewerwelde­s soos die vis vind,” sê dr. Daniel Moore, een van die ekspedisie­lede.

“Daar is duisende ongewerwel­de diere soos slakke en seesterre in die oseaan wat ons nog nie gevind het nie, maar nuwe gewerwelde diere maak ons steeds baie opgewonde.”

 ?? ?? LINKS: Die Tangaroa, die skip wat vir die verkenning­stog gebruik is.
LINKS: Die Tangaroa, die skip wat vir die verkenning­stog gebruik is.
 ?? ??
 ?? ?? Van die spesies wat deur die ekspedisie ontdek is. Die projek beoog om 100 000 spesies in ’n dekade te ontdek.
Van die spesies wat deur die ekspedisie ontdek is. Die projek beoog om 100 000 spesies in ’n dekade te ontdek.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa