Huisgenoot

Voedselgro­epe

Gesonde eetgewoont­es vereis dat ons kos uit al vyf die vernaamste voedselgro­epe eet

-

DIE kos wat ons eet, kan in groepe verdeel word volgens dít waarvan dit gemaak is en die nutriënte wat dit verskaf. Nutriënte, of voedingsto­wwe, is dít wat ons liggaam voed en ons help om te groei en sterk en gesond te wees. Dis daarom belangrik dat ons kos uit ’n wye verskeiden­heid voedselgro­epe eet – en nie vergeet om genoeg water te drink nie!

Die hoofvoedse­lgroepe is vrugte en groente, koolhidrat­e, proteïen, suiwel, asook vette en olies.

Behalwe dat dit baie nutriënte, oftewel voedingsto­wwe, bevat, is vrugte en groente ook ’n bron van vesel, wat spysverter­ing bevorder. Gelukkig is daar baie verskillen­de soorte vrugte en groente om uit te kies sodat selfs dié van ons met baie fiemies darem iets kan vind waarvan ons hou.

KOOLHIDRAT­E

Koolhidrat­e is ons hoofbron van energie.

Kossoorte in hierdie groep sluit in brood, pasta, aartappels, rys en graan, soos hawermout of ontbytgraa­n. Koolhidrat­e word tot glukose (bloedsuike­r) in ons liggaam afgebreek. Glukose is die hoofbron van energie vir ons selle, weefsel en organe, en hierdie energie kan dadelik gebruik word, of eers gebêre word om later te gebruik.

PROTEÏEN

Vis, vleis, eiers, neute en peulgroent­e, soos bone en lensies, verskaf alles proteïen, wat nog ’n belangrike deel van ons dieet is.

Benewens dat dit hoë voedingswa­arde het, is proteïen ook ’n bron van aminosure wat ons liggaam nodig het.

Ons liggaam benodig ook die proteïen wat ons eet om hemoglobie­n te vervaardig.

Hemoglobie­n is ’n chemiese verbinding wat suurstof opneem uit die lug wat ons inasem en dit deur ons liggaam vervoer.

VETTE EN OLIES

Dit mag dalk vir jou vreemd klink, maar vette en olies is ’n belangrike deel van ons daaglikse dieet. Wat belangrik is, is om te weet watt ter vette gesond is en watter nie. Sommige mense sluit te veel versadigde vet by hul dieet in. Dit kan lei tot probleme soos oorgewig, hartsiekte en hoë cholestero­l. Kos met hoë vlakke van versadigde vet v is party smere, lekkers, koekies en sommige m sjokolade.

Aan die ander kant het onversadig­de vet ’n ’ hoë voedingswa­arde en is dit ’n belangrike deel d van ’n gebalansee­rde dieet.

Olierige vissoorte, neute en avokado’s i is van die kos wat gesonde hoeveelhed­e o onversadig­de vet bevat.

Die aanleer van gesonde, gebalansee­rde eetgewoont­es e is iets wat sommer vandag kan begin – en jy sal die res van jou lewe die vrugte daarvan pluk.

SUIWEL

As jy graag sterk, gesonde bene e en tande wil hê, dan moet jy seker ker maak daar is genoeg suiwel by jou ou dieet ingesluit. Dié voedselgro­ep ep is ons hoofbron van kalsium, die mineraal wat die meeste in ons liggaam voorkom.

Behalwe dat dit ons gesonde tande en bene gee, benodig ons s spiere ook kalsium om te beweeg. eg. Ons senuwees gebruik dit ook om boodskappe tussen ons brein en n die res van ons lyf te stuur.

Suiwel kom voor in kos soos melk, kaas en jogurt. Mense wat t veganiste is en nie enigiets eet wat van diere afkomstig is nie, kry hul kalsium uit bronne soos soja of amandelmel­k.

VITAMIENE EN MINERALE RALE

Vitamiene en minerale is verbinding­s, wat beteken dis ’n samestelli­ng van twee of meer chemikalie­ë. Dit help ons liggaam om tot die beste van sy vermoë te funksionee­r. Dit help om ons oë gesond te hou, en gee ons liggaam die beste kans om siekte en infeksie te beveg.

Dit bevorder selfs die groei van bene, spiere, vel en organe.

Ons liggaam benodig meer as 30 vitamiene en minerale om op sy beste te funksionee­r, maar van die belangriks­te is:

Vitamien A help om ons vel gesond te hou en help met ons sig. Moenie vergeet om jou wortels te eet nie!

Vitamien B help jou liggaam om energie uit kos te maak. Heelgraan, vleis met min vet en vis is goeie bronne van B-vitamiene. Vitamien C help jou liggaam om homself gesond te maak, so eet ’n lemoen of koejawel wanneer jy kan. Vitamien D kom in melk voor. Dit help jou liggaam om kalsium te absorbeer vir sterk tande en bene.

Maar voor jy verlore raak in die alfabet van vitamiene, hier is ook ’n paar belangrike minerale wat jou liggaam nodig het: Kalsium kom voor in suiwel sowel as geblikte vis, tofu (’n plantprote­ïen) en die groente broccoli. Fluoried sorg vir sterk tande en help om osteoporos­e, wanneer jou bene brosser word en makliker breek, te voorkom. Tee en sommige rou vrugte is ’n goeie bron van fluoried. Yster help jou rooibloeds­elle om suurstof na al die dele van jou lyf te vervoer.

Rooivleis en donkergroe­n blaargroen­te is ’n goeie bron van dié mineraal. Dis nie net Popeye wat sy spinasie nodig het nie! Sink is nie net ’n metaal op die periodieke tabel nie. Dit help om ons immuunstel­sel gesond te hou, en is belangrik vir ons vermoë om te kan ruik en proe. Dierproteï­ene, neute en heelgrane is goeie bronne van sink.

Jy sal waarskynli­k saamstem al hierdie vitamiene en minerale klink baie belangrik – en hulle is! En wanneer ons die regte hoeveelhed­e inneem, beteken dit ons volg ’n gesonde, gebalansee­rde dieet.

 ?? ?? Wie het gesê groente is vervelig? Hulle is te kry in al die kleure van die reënboog, en verskaf baie van die voedingsto­wwe wat ons benodig om gesond te bly.
Wie het gesê groente is vervelig? Hulle is te kry in al die kleure van die reënboog, en verskaf baie van die voedingsto­wwe wat ons benodig om gesond te bly.
 ?? ?? Koolhidrat­e is ons hoofbron van energie.
Koolhidrat­e is ons hoofbron van energie.
 ?? ?? Suiwel gee jou sterk, gesonde bene en tande.
Suiwel gee jou sterk, gesonde bene en tande.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa