Huisgenoot

Hoe ruik 'n mens?

Die BBaBabbelb­ende leer meer oor ons o neuse en reuke

-

‘SO, WATTER eksperimen­t doen ons nou weer vandag?” vra Palawa die kameelperd. “Ons gaan toets vir bakterieë. Ons wil kyk watter gedeelte van die boomhuis die vuilste is,” sê Bibi.

“Is dit dan nie wat ons laas week gedoen het nie?” vra Paloeka die leeu.

“Ja, ons het. Maar ek het die bakkies waarmee ons die eksperimen­t gedoen het, op die een of ander manier verloor. Ek kan nie onthou waar ek dit gesit het nie en ek het nou al oral gesoek,” sê Bibi. “Dit beteken ons moet alles van voor af doen. Ek is regtig jammer, julle.”

“Toemaar, dis nie die einde van die wêreld nie, Bibi. Ons doen dit sommer tjoef-tjaf,” sê Palawa. “Ja, maklik,” sê Paloeka.

Bibi haal die wattestokk­ies uit en die spesiale bakkies waarin die wattestokk­ies gehou moet word nadat dit gebruik is.

“Waar begin ons?” vra Bibi. “Die tafel se hoek,” sê Paloeka. Bibi vryf met ’n wattestokk­ie oor die tafelhoek en sit dit in ’n bakkie. Sy sit die deksel op en skryf op die bakkie. “Ta-fel se hoek,” sê Bibi en sit die bakkie in die boks.

“Nou die kitaar se nek,” sê Palawa. Bibi vee met ’n nuwe wattestokk­ie oor die kitaar en sit dit in ’n nuwe bakkie. “Bi-bi se ki-taar,” skryf Bibi op die bakkie.

“Moenie van my groottoon vergeet nie,” sê Paloeka en lig sy been op sodat Bibi sy groottoon ook met ’n wattestokk­ie kan bykom. Hulle al drie lag.

“O, jinne, ek wonder wat ons hier gaan vind,” sê Bibi en vee met die wattestokk­ie oor Paloeka se toon.

“Pa-loe-ka se toon,” skryf Bibi op die volgende bakkie en sit dit weg.

“Nou moet ons net ’n week wag en kyk in watter bakkie die meeste bakterieë gegroei het,” sê Bibi.

“Wat gaan ons tot dan doen?” vra Paloeka.

“Wel, vir nou kan ons na die vraag van die dag luister,” sê Bibi.

“Ja, dis ’n goeie begin,” sê Palawa. “Speel daai videoboods­kap, Biebs,” sê sy.

Bibi sit die televisie in die boomhuis aan en ’n seuntjie verskyn op die skerm. Hy waai.

“Hallo, Babbelbend­e. Ek wil graag weet: Hoe ruik ’n mens goeters?” vra hy.

“Dis nou ’n goeie vraag. Hoekom ruik sommige goed sleg? Soos vrot vis?” vra Paloeka.

“Ja, en ander goed weer so lekker? Soos laventel of ’n brood in die oond?” vra Palawa.

“Kom ons bel vir Ben. Ek is seker hy sal ons kan help met ’n antwoord,” sê Bibi.

Ben is baie opgewonde oor die Babbelbend­e se vraag.

“Ek het ook nog altyd gewonder: Hoekom ruik sommige goed sleg en ander lekker? En, hoe werk die neus?

“Ek kuier vandag by ’n parfumeur. Dit is iemand wat parfuum maak. En ek gaan uitvind hoe hierdie mense met reuke kan toor,” sê Ben.

“Maar kom ons begin by die begin. Wanneer ’n baba gebore word, is een van die heel eerste sintuie wat hy of sy inspan hul reuksintui­g. Dit beteken dat om te ruik een van die eerste goed is wat ons kan doen wanneer ons gebore word. En omdat ons van so vroeg af al ruik, het ons ’n geweldige sterk emosionele konneksie met reuke. Reuke kan ons daarom baie goed laat voel, want dit herinner ons waar ons al was en wat ons gedoen het,” sê Ben.

“Dink byvoorbeel­d aan die reuk van vars gesnyde gras.

Dalk laat dit jou gelukkig voel omdat dit jou laat dink aan ’n keer toe jy buite gespeel het en hoe lekker dit vir jou was. Of dink aan die reuk van suur melk. Dit laat ons gril, want ons weet al van kleins af dat kos wat sleg geraak het ons kan siek maak. Dit is ook hoe ons reuksintui­g ons kan beskerm,” sê Ben.

“Dit is hoekom ons so ’n sterk verhouding het met reuke en hoekom sekere reuke ons aantrek en ander reuke vir ons sleg ruik.”

“Goed, maar waar kom die reuke vandaan? Hoe weet ek ek ruik nou iets?” vra Palawa.

“Wanneer ons inasem, beweeg daar lug deur die neusgate na ons neusholte wat die lug filtreer voor dit na ons longe vloei,” sê Ben.

“Filtreer? Watse groot woord is dit?” vra Paloeka.

“Dit beteken hierdie deel haal die ongewenste stowwe uit die lug uit. Dit beteken die neusholte maak die lug skoon sodat piepklein stofdeeltj­ies nie in ons longe beland nie. Dan is daar ’n gedeelte in jou neus wat die olfaktorie­se bol genoem word. Dit is die ding wat die geurmoleku­les in die lug optel en vir ons brein sê wat ons ruik,” sê Ben.

“Dis nou interessan­t, Ben. Maar vertel ons hoe parfuum gemaak word,” sê Bibi. “Ek hou baie van parfuum. My ma se parfuum ruik die lekkerste.”

“Eers word daar geëksperim­enteer met verskillen­de geure. Masjiene word gebruik om die geure te onttrek, byvoorbeel­d uit blomme. Dan word ’n bietjie van dit en ’n bietjie van dat bymekaar gevoeg tot die parfumeur gelukkig is met hoe die parfuum ruik. Dit is amper soos wanneer ’n mens ns kos maak.

“En wanneer die parfuum gereed is, word dit gebottel en is dit gereed om gebruik te word,” sê Ben.

“Nou vir die groot wetenskapl­ike plike feit van die dag. Weet et julle watter dier het die heel skerpste reuksintui­g van al die diere? Dit is . . . ’n olifant! Olifante se e slurpe is baie lank, en n dit is eintlik groot lang neuse waarmee e hulle amper 20 kilometer ver kan n ruik,” sê Ben.

“Wow! Ek kan dit amper nie glo nie,” sê Paloeka.

“Waar moet ek hierdie boks met die wattestokk­ies bêre?” vra Bibi.

“Wat van daar in die hoek,” sê Palawa.

Bibi gaan sit die boks in die hoek. En wat sien sy daar? Die boks met die vorige week se wattestokk­ie-eksperimen­t.

“Kan julle dit nou glo? Ek het duidelik nie goed genoeg gesoek nie. Maar nou kan ons solank sien watter oppervlak toe die meeste bakterieë op gehad het,” sê Bibi en maak die boks oop. Sy ruik in elke bakkie.

“Og, siesa. Lyk my dit is my kitaar wat die meeste bakterieë gehad het. Daai bakkie ruik beslis die slegste. En jou toon het die minste gehad, Paloeka,” sê Bibi.

“Ja, ek probeer om elke aand my voete te was,” sê Paloeka.

“Dis mooi, Paloeka. Dis goed om jouself skoon te hou,” sê Bibi. “Ek sal wel my kitaar meer gereeld moet skoonmaak,” sê Bibi.

“Is julle lus om nog ’n eksperimen­t te doen? Ek het gesien hier is ’n boek wat wys hoe ons ons eie vulkaan kan bou,” sê sy.

“Met lawa en alles?” vra Paloeka. “Ek is amper seker Ben het al voorheen vir ons gewys hoe, maar kom ons kyk,” sê Palawa en trek die boek nader. In volgende week se storie vra die Babbelbend­e hoe presies ’n fiets werk.

Mense het ’n baie sterk emosionele konneksie met reuke – dit kan ons herinner aan iets goeds of iets slegs

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa