Huisgenoot

DIE WETENSKAP AGTER KIETS EN WOEF SE KOS

Hoe weet ons ons kat of hond hou van die kos wat ons hulle voer en of dit goed is vir hulle? Hier’s ’n fassineren­de blik op die ontsaglike hoeveelhei­d navorsing en eksperimen­tering wat gedoen word om gewilde produkte op die rakke te kry

- Deur VIVIAN HO

FLORENCE MEOWMALADE het verlede jaar op ’n koue wintersaan­d in Londen by my aangekom. Die eenjarige gemmerkat het drie dae lank in ’n paneelwa saam met 30 honde deur Europa gery. Saam met haar het sy ’n EU-troeteldie­rpaspoort gebring, ’n vuil pienk kombers en ’n voorliefde daarvoor om op die naaste skoot op te krul.

Die koms van Florence was die eerste keer dat ’n klein wese geheel en al van my afhanklik was. En soos baie troeteldie­reienaars voor my het ek heeltemal behep met haar welstand geword.

Sy was ’n optelkat uit Roemenië. In haar tyd op die strate van die stad

Vaslui het haar tande los geraak, en teen die tyd dat sy by my aangekom het, het sy geen tande meer gehad nie. Haar pleegma in Roemenië het my verseker sy het steeds ’n gesonde eetlus en kan op korrels leef. Droë kos, die soort wat vir babakatjie­s gemaak word. En dit het gelyk of sy daarvan hou. Met haar aankoms by ons was sy minstens ’n kilogram oorgewig. Haar pens het geswaai wanneer sy in ’n vertrek ingedraf het.

Maar ek kon nie ophou om my oor haar pienk tandvleisi­es te bekommer nie. As ek nie tande gehad het nie, het ek gewonder, sou ek dit geniet het om vir elke maaltyd met my tandvleis op hardgebakt­e korrels te kou? Of sou ek daardie sagte nat katkos verkies het wat in advertensi­es so aanloklik op skitterwit borde geskep word?

In die ou tyd het die meestee troetteltr­oeteldiere oorleef op oorskiet van an die tafel taafel af en wat hulle ook al ekstra kon jagg jag of aas. Deesdae is dinge anders. Mensee Mense se liefde vir hul diere, saam met t kapitakapi­italisme se gretigheid om ons wense en vrese uit te buit, beteken troeteldie­re teldi ere eet nou soms beter as hul eieienaars.

Vir ’n eienaar kan die magdom m verbruiker­skeuses oorweldige­nd d wees. Terme soos “volledig” en “gebalansee­rd” spring na jou toe uit op helder verpakking in die troeteldie­rkosgang van die super

mark. In advertensi­es hardloop honde wat blakend gesond lyk in stadige aksie agter korrels aan wat in bakke val.

Ons troeteldie­re is vir ons meer as net diere – en die wêreldwye troeteldie­rkosbedryf het ingespring om daaruit munt te slaan.

Een van die wêreldsent­rums vir innovasie in troeteldie­rkos is in die groen heuwels van die Britse Middelland geleë. Die Waltham Petcare Science Institute in Melton Mowbray is die wetenskapa­fdeling van Mars Petcare, ’n leier in die troeteldie­rkosbedryf. Hul navorsing bepaal die toekomstig­e produkte van tientalle fabrikate, onder meer Iams, Cesar, Whiskas, Sheba, Pedigree en Eukanuba.

Sowat ’n derde van die personeel by Waltham werk in die laboratori­ums. Die ander versorg die 200 honde en 200 katte wat by Waltham woon en die produkte toets wat daar ontwikkel word. Hulle rig die diere af, laat hulle oefening kry en onderhou hul leefruimte­s.

Die honde is vier soorte, gekies om verskillen­de hondegroot­tes te verteenwoo­rdig: labradors vir groot, beagles vir middelslag, en norfolkter­riërs en petit basset griffon vendéens vir klein. Amper al die katte by die sentrum is korthaarhu­iskatte

TOE ek by Waltham aankom, kuier katte buite in hul katpatio’s. Hulle tuur oor grasperke uit of klouter teen krappale op. Labradors van elke skakering jaag balle in speelareas of stap aan leibande saam met hul hanteerder­s. Die honde het verhitte vierkante om op te slaap en bly twee- twee in ’n kamer om te keer dat hulle eensaam raak. Die katte het spesiaal ontwerpte klimneste wat soos spiraaltra­ppe lyk. Al die diere kan van hul woonkwarti­ere af buitentoe gaan.

Die honde is goed opgelei in die kuns van stilsit en platlê. Hulle ken ook “ken op die hand” – om hul snoet op die wagtende hand van die mens voor hulle te plaas. Dit alles help met die verskeie ondersoeke en waarneming­s wat hulle ondergaan. Van die observasie­s verg dat die honde doodstil moet sit. Dis klaar ’n prestasie. “Het jy al probeer om ’n labrador te leer om op te hou om sy stert te swaai?” vra Lesley Deacon, Waltham se hoof van gedrag en afrigting, droogweg.

Tussendeur is die diere hard aan die werk. Elke dag eet hulle twee maaltye en dan bestudeer gedragsken­ners, statistici en voedingkun­diges hoe hulle op die kos reageer. Elke bak word beskerm met ’n katdeurtji­e wat deur ’n spesifieke dier se mikroskyfi­e geaktiveer word. Dus kan elke hond of kat vryelik tot sy eie kos toegang kry, maar nie kos eet wat vir ’n ander dier bedoel is nie.

Die bakke het elektronie­se skale so sodat navorsers kan tred hou van goed soo soos hoe vinnig die diere hul kos eet en of h hulle tussendeur ophou eet. Soos bero beroepsatl­ete dra die honde en katte monnitors monitors wat h hul lewensteke­ns monitor. AAl Al die dier diere se genetiese kode is ontsyyfer. ontsyfer. Hul blyplekke word met videokkame­ras videokamer­as w waargeneem terwyl personeell soneel hulle fyn dophou vir enige veranderin­nge anderinge in hul hu gedrag of eetlus.

Al diee die diere word vir aanneming beskikbbaa­r beskikbaar g gestel wanneer hulle tekens begin bbegin toon t dat hulle keelvol is vir produktoet­se. proddukto Die meeste gaan dan huis huisis toe saam met die personeel wat aan hulle hull geheg geraak het. Om h hulle vir die buitewêrel­d v voor te berei, gaan haal die honde balle wat vir hulle gegooi word.

Hulle gaan stap ook in parke wat op die perseel ontwikkel is met verskillen­de teksture – houtskyfie­s, baksteen, klippies – sodat hulle nie sal skrik wanneer hulle dit weg van die kampus af teëkom nie.

Toe Scott McGrane, een van die navorsings­bestuurder­s by Waltham, 10 jaar gelede ’n kat met die naam Joey 10 huis toe gevat het, het hy agtergekom Joey “was ’n bietjie verward” oor die televisie. Die katte se sosialiser­ingsvertre­kke het nou TV’s – en op die dag dat ek Waltham besoek, kyk die katte tennis.

Dit klink dalk na ’n bietjie te veel, maar daar is goeie sakeredes vir die verstommen­de aandag aan detail. Die bak droë of nat kos wat elke dag voor troeteldie­re neergesit word, is die eindresult­aat van maande, indien nie jare nie, se navorsing en eksperimen­tering oor troeteldie­rvoeding, voedselche­mie en veeartseny­wetenskap. Maatskappy­e meen hierdie proses sal hulle die voorsprong gee in die ál winsgewend­er wêreld van troeteldie­rkos.

Toe Waltham sy eerste voedingson­derneming in Brittanje in 1960 oopgemaak het, was die kommersiël­e troeteldie­rkosbedryf 100 jaar oud. Voor die middel- 19de eeu het huisdiere meestal op oorskietko­s oorleef.

Toe kom James Spratt. Dié elektrisië­n en verkoper van weerligafl­eiers in Engeland was ontsteld om te sien hoe ondervoede honde by die dokke op die matrose se oorskietbe­skuit oorleef. In die vroeë 1860’s het hy die gepatentee­rde Spratt’s Meat Fibrine Dog Cakes bekendgest­el – ’n mengsel van koringmeel, groente, beet en beesbloed. Sodoende het hy die kommersiël­e troeteldie­rkosbedryf uitgevind.

Van die begin af het James sy vesel

SOOS MENSE, VERSKIL HONDE EN KATTE SE PALET ONDER MEKAAR

ONS TROETELDIE­RE IS VIR ONS MEER AS NET DIERE – EN DIE TROETELDIE­RKOSBEDRYF SLAAN DAARUIT MUNT

koekies as die kos van skouhonde bemark – diere met blink pelse, topfiks en blakend gesond. Die verbinteni­s was reeds daar: Jou hond sal die beste wees as hy die regte kos eet.

Ná James se sukses het nog mense troeteldie­rkos begin vervaardig en dit aan die groeiende middelklas bemark. In 1922 het Ken- L Ration geblikte hondekos in Amerika bekendgest­el. Die hoofbestan­ddeel was perdevleis. Geblikte troeteldie­rkos het die norm geword tot tin in die Tweede Wêreldoorl­og gerantsoen­eer is en die bedryf alternatie­we moes soek. Die gevolg was droë troeteldie­rkos, wat ’n langer rakleeftyd gehad het en oornag in bakke gelos kon word.

In 1956 het Purina sy Dog Chow as droë korrels geherformu­leer. Dit was die eerste in sy soort. Sedertdien oorheers korrels die bedryf.

WALTHAM het geopen in ’n tyd toe veeartse in Brittanje baie honde en katte gesien het wat aan ’n vitamien D-tekort en die beensiekte ragitis ly. Die sentrum was nog altyd op voeding ingestel.

Dalk het jy al sigoreiwor­tel of -ekstrak op die lys van bestanddel­e van jou troeteldie­r se kos raakgesien. Dit het begin nadat Waltham-navorsers in 1997 die prebioties­e verterings­voordele van die voedingryk­e vesel gedemonstr­eer het. Alle katkos bevat nou tourien, wat uiters belangrik vir hartwerkin­g, sig en vertering is. Katte kan dié aminosuur nie natuurlik vervaardig nie – en in die 1980’s het navorsers by Waltham bepaal watter vlakke daarvan in droë en nat katkos nodig is.

Hierdie navorsing strek verder as voeding. In die 1990’s het wetenskapl­ikes van Mars die

eerste aanvulling aan ontwikkel w wat honde se winde minder m laat stink. Vandag word baie van die di navorsing by Waltham daaraan gewy om gesonde kos te maak wat vir troeteldie­re lekker is. “As hulle dit nie wil eet nie, sal hulle nie die voedingsto­wwe inkry wat hulle nodig het nie,” sê Darren Logan, ondervoors­itter van navorsing by die Mars Advanced Research Institute and Global Food Safety Centre.

In 2005 het wetenskapl­ikes van Waltham, in samewerkin­g met die Monell Chemical Senses Centre in Philadelph­ia, uitgevind katte het nie smaakresep­tore vir suiker nie. Hulle kies eerder umami en kokumi – ’n smaak van rondheid en rykheid wat geurwetens­kaplikes beweer naas soet, sout, suur, bitter en umami die sesde smaak is. “Katte het ’n baie soortgelyk­e palet aan dit waarop Oosterse kookkuns gegrond is,” sê Darren.

Terwyl Mars nie besonderhe­de kan verskaf oor hoe dié inligting omgesit word in die produkte wat jy in die winkel sien nie, het die geurprofie­le waarmee die span by Waltham vorendag gekom het onlangs hul weg tot in die wêreldwye fabrikaat Whiskas gevind.

Die geesdrif waarmee Waltham se diere ’n produk eet, verskaf belangrike data, maar geurnavors­ing strek wyer. Smaakresep­tore is in DNS gekodeer. Dit beteken wetenskapl­ikes kan ’n dier se DNS-sekwensie gebruik om te sien op watter geure hy sal reageer.

Soos mense, verskil honde en katte se palet onder mekaar. As net een of twee katte uit ’n paneel van 40 lyk of hulle nie hou van wat hulle proe nie, kan navorsers na daardie kat se smaakprofi­el kyk en vasstel watter spesifieke geur in die produk hom laat neus optrek. Die doel is nie om ’n kos te ontwikkel wat elke kat tevrede sal stel nie, eerder een waarvan die meeste sal hou.

Vir diere en vir mense is daar elemente buiten smaak wat daartoe bydra dat jy ’n maaltyd geniet: tekstuur, fermheid, voorkoms, temperatuu­r en aroma. Die wetenskapl­ike Freya Grondinger se hoofrol by Waltham is om te ruik. Sy ruik meestal voor ’n gaschromat­ograaf. Dié toestel skei die individuel­e geure wat van die troeteldie­rkos af kom om ’n aromaprofi­el op te bou.

Sy gee vir my ’n houer en vra ek moet die reuk beskryf. “Ek sou dit as . . . hondekos beskryf,” sê ek. Dit ruik soos droë korrels. “Aartappel,” sê sy. “Stysel.”

Freya se werk is om op te let watter reuk die sterkste in elke troeteldie­rkosresep teenwoordi­g is. Die geurnote wat vir Freya die sterkste is, is gewoonlik dié wat verder nagevors word.

Waltham se navorsing gaan dan na die resepformu­leerders by die innovasies­entrums wat ’n nuwe “geurformul­e” saamstel. Hierdie formule gaan dan terug na Waltham om op die honde en katte getoets te word. As die troeteldie­re positief reageer, beoordeel die maatskappy se korporatie­we spanne of dit haalbaar sal wees om die formulerin­g op groot skaal te vervaardig en besluit watter van Mars se verskeie handelsnam­e dit moet produseer. Hierdie maatskappy­e is oral in die wêreld geleë en verskillen­de streke het verskillen­de voorkeure. “Party lande hou van droë kos; party hou van nat kos. En die Japannese mark is baie anders as Noord- en Suid-Amerikaans­e markte,” sê Darren.

Die formulerin­gs moet ook verander afhangend van wat beskikbaar is of nie. “Ons werk in ’n wêreld wat baie voorsienin­gsuitdagin­gs het,” sê Darren. “Jy moet seker maak jy kan aanpassing­s maak op grond van die bestanddel­e wat plaaslik verkrygbaa­r is.”

Dit alles beteken dit kan jare vat vir ’n resep om te vorder van toets by Waltham tot op die rakke in die winkels.

DIE GEESDRIF WAARMEE HULLE DIT EET, VERSKAF BELANGRIKE DATA

PROTEÏEN is aan die kern van die troeteldie­rkosbedryf. Katte is ware karnivore, wat beteken hulle moet vleis inkry. En al het honde ontwikkel tot aasdiere wat alles eet, het hulle ook ’n proteïenry­ke dieet nodig. Maar die vernaamste troeteldie­rkosse bevat nooit die vleis van enige diere wat spesiaal vir dié doel geslag is nie.

Gaargemaak­te en verwerkte organe en bene, die dele wat weggegooi word wanneer vleis vir mense voorberei word maar wat steeds voedingswa­arde vir die troeteldie­r het, is die hoofkompon­ente van troeteldie­rkos. Dit verskyn as “dierebypro­dukte” op lyste van bestanddel­e.

Tog is daar mense wat sê ons troeteldie­re verdien beter as ons oorskiet. Hulle is die voorstande­rs van rou kos: eienaars en troeteldie­rmaatskapp­ye wat sê ons moet terugkeer daarna om honde en katte te voer wat hulle in die natuur geëet het – hoofsaakli­k ’ n mengsel van rou vleis en been.

Aanhangers van rou kos beskou korrels as gemorskos. Hulle sê dis soos om elke dag McDonald’s te eet.

Die roukossekt­or se gewildheid het in die 1990’s begin toeneem toe ’n Australies­e veearts, Ian Billinghur­st, dit as die Barf- dieet – “biological­ly appropriat­e raw food” of “bones and raw food” – bekendgest­el het.

Baie eienaars beweer toe hulle vir hul troeteldie­re begin rou kos voer het, het die diere meer energie gehad, hul pels het blinker geword, en hul uitskeidin­g was gesond en nie morsig nie. Maar wetenskapl­ikes by plekke soos Nestlé Purina hou vol “daar is geen bewyse dat ’n rouvleisdi­eet enige spesifieke gesondheid­svoordele bied nie”. Dié maatskappy­e maan dit hou gevare in om jou troeteldie­r rou kos te voer, en jy kan hulle aan salmonella of E. coli blootstel. Op hul beurt wys maatskappy­e wat rou kos verskaf eienaars op die aantal kere wat verwerkte troeteldie­rkos in onlangse jare herroep is.

Vir troeteldie­reienaars kan dit alles baie verwarrend wees.

Kort ná haar aankoms het ek Florence Meowmalade na ’n veearts toe gevat. Dié was besorg oor die uitwerking wat korrels op haar tandvleis sou hê. ’n Ander veearts het gesê ons moet ons nie bekommer nie – as sy korrels geniet, moet ons aanhou om dit vir haar te gee. Maar teen daardie tyd het ek die soort neurotiese eienaar geword wat gereeld frases soos “Is my kat depressief ” of “Is ’n kat met koue ore siek” op Google ingetik het.

Dit het nie gehelp nie dat elke keer wanneer ek vir voorstande­rs van rou kos gesê het ek voer vir my kat korrels hulle met ’n variasie van “O, moet jouself nie verkwalik nie” gereageer het. Ek het begin soek vir ’n bekostigba­re nat kos waarvan Florence sou hou.

Ek het vir Florence Whiskas begin voer. Dit het gelyk of sy nogal daarvan hou. Sy het op die eerste dag haar bak die oggend en die aand leeg geëet. Die volgende dag het sy twee happe gevat en weggestap. “Ek dink sy hou nie van die visgeur nie,” het ek vir my man gesê.

Ek het vir haar net die hoendergeu­r gegee. Sy het haar poot in die bak gedruk en bietjies daarvan op die vloer uitgeskiet. “Dalk is dit die fabrikaat,” het ek gesê.

Ek het haar na ’n duurder mengsel oorgeskake­l. Sy het dit in die bak gelos tot dit gestol en hard was.

Toe koop ek ’n pakkie verpoeierd­e beensop en week Florence se korrels daarin. Maar dit het nie gehelp nie. Die geweekte korrels het ongeëet bly staan en vlieë gelok.

Dit was vir my moeilik om nie my eie ervarings op my kat te projekteer nie. Ek probeer om nie oorverwerk­te kos te eet nie. Ek geniet dit ook nie om elke dag dieselfde ding te eet nie. Hoekom sou sy? Tog het dit gelyk of my vreemde klein tandlose kat net van korrels hou.

Gefrustree­rd het ek die kos onthou wat ek vir Florence gemaak het die dag toe ek haar gekry het: ’n gekookte hoenderbor­sie in verteerbar­e stukkies ge-skeur. Sy het die bak skoongelek. Met daardie kos het ek vir haar gesê ek kan vir haar sorg. Ek kan haar gelukkig maak.

’n Mens kan vir jou sê van watter kos hulle hou, en hoekom. ’n Kat nie. Florence kan nie vir my sê sy verkies om deur die dag te peusel eerder as om groot maaltye te eet nie – iets wat ek eers besef het iewers tussen die tweede en derde fabrikaat nat kos wat ons beproef het. Sy kan ook nie vir my sê sy verkies eintlik die gevoel van korrels op haar tandvleis nie – ’n teorie wat ek die afgelope paar maande aanhang.

So, ons is terug by korrels. Maar soggens gee ek haar ook ’n bak versnipper­de hoender. Ek weet sy sal tevrede wees met net korrels, maar tog versnipper ek elke oggend nog ’n hoenderbor­sie – net ingeval.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa