Huisgenoot

DIE TUIN VAN LEWE

Die Johannesbu­rgse Dieretuin is vandeesmaa­nd 120 jaar oud. Louise Gordon kyk terug op haar 36 jaar by dié geskiedkun­dige instelling HIERDIE LEWE

- Soos vertel aan JACO HOUGH-COETZEE Foto’s: ONKGOPOTSE KOLOTI

AS EK in die oggend sesuur hier op kantoor sit met my eerste koppie koffie, kyk ek uit op ’n trop flaminke. En kan hulle nou raas! Soms hoor ek die leeus wat brul of die ape wat skree. Ons sê hulle “sing”. Ná my koffie gaan stap ek gewoonlik om die diere te groet en seker te maak alles is oukei.

Om in die Johannesbu­rgse Dieretuin te werk, is beslis die lekkerste, beste werk wat ’n mens kan kry.

Wat ’n voorreg.

En wat ’n voorreg om te werk by ’n plek wat vandeesmaa­nd 120 jaar oud is.

Die dieretuin is in Maart 1904 geopen. Daar was vyf diere. Vandag is die gronde 54 hektaar en het ons meer as 2 000 spesies.

Daardie tyd was dit aan die buitewyke van Johannesbu­rg. In 1910 het hulle spesiaal ’n tremroete ingestel om mense na die dieretuin toe te bring.

As ’n geskiedkun­dige plek soos dié verjaar, moet ’n mens geskiedkun­dig fees vier. Ons bied die hele Maartmaand tientalle pret aktiwiteit­e vir die gesin aan. En die kaartjies is net R20. Ons vier 120 jaar, en toe maak ons dit R20.

Hier uit my kantoor hou ek die mense dop. Hulle stroom in. Net in die eerste twee weke van Maart was hier 56 000 mense deur die hekke.

Die dieretuin is nie net ’n plek om na diere te kyk nie. Opvoedkund­e speel ’n baie groot rol. Ons hou al van 1946 af begeleide toere. Ons personeel bied jaarliks programme aan wat seker 200 000 kinders bereik.

Dis presies waar my loopbaan in 1988 by die dieretuin begin het.

Ek het wetenskap gegee by die Hoër r Tegniese Skool Jan de Klerk in Germiston n toe ek aansoek gedoen het vir ’n pos as s opvoedkund­ige hier by die dieretuin.

Dit klink na ’n drastiese skuif, maar einttlik was dit nie.

Ek het steeds met skoolgroep­e gewerk k waar ek my liefde vir die plant- en dierrkunde met hulle kon deel. Die verskil was s ek kon die heeldag in die buitelug werk en n nié in ’n klaskamer sit nie.

Deur die jare het ek verskillen­de poste e gevul tot ek in 2022 die uitvoerend­e e bestuurder van die dieretuin geword het. t.

GEWONE MENSE IN HUL EIE WOORDE

LOUISE GORDON (62), DIERETUINB­ESTUURDER, JOHANNESBU­RG

My liefde vir diere is miskien te verstane,

want ek het in ’n huis in die Oos-Rand grootgewor­d waar daar altyd honde, katte en hase was.

My gunsteling­dier? Die grootwitha­ai. Dis ’n superslim dier, maar hulle word heeltemal misverstaa­n. Hulle het mos die reputasie as ’n mensvreter, maar niks kan verder van die waarheid af wees nie.

Dit behoort onwettig te wees om withaaie sleg te sê. Ek sou bitter graag een hier in die dieretuin wou hê. Dan sou ek almal wat so vullis rondstrooi aan die haai wou gaan voorstel.

Een van die beroemdste inwo

ners wat die dieretuin al gehad het, is Max die berggorill­a.

Hy het mos in 1997 nasionaal bekend geword toe hy ’n skurk vasgetrek het.

Hierdie gewoontemi­sdadiger het mos een dag koers gekies hier deur die dieretuin om van die polisie weg te vlug. Wie weet hoekom, maar die man probeer toe kortpad deur Max se kamp vat.

Max het in dié kamp gebly saam met sy maat, Lisa. En Max was glad nie gelukkig met die ou nie. Hy’t die skurk gegryp en vasgehou al het die man hom drie keer geskiet. Max het nie laat los nie. Dalk was hy beskermend teenoor Lisa.

Die misdadiger is 40 jaar tronk toe gestuur en Max is Milpark-hospitaal toe geneem. Hy was die Johannesbu­rgse Persklub se Nuusmaker van die Jaar.

Vandag is die standbeeld van hom net so gewild. Mense staan tou om foto’s saam met die standbeeld te neem.

Toe Max later in 2004 aan ouderdom dood is, was al ons personeel ontroosbaa­r. Hy was 33 jaar oud.

Ons bou ’n persoonlik­e band met elke dier. Dis ons daaglikse werk om die diere te laat lewe – ons vat elke dood baie persoonlik op.

Hier gebeur baie dinge waaroor ons ook maar net kan glimlag. Soos Lammie die 44-jarige olifant. Wanneer dit voertyd is, vat sy haar kos, pak dit op haar kop en stap dan na die verste hoek van die kamp waar sy gaan eet. Sy vat haar kos as ’n wegneemete. Dis ’n gewoonte wat sy haarself aangeleer het. Hoekom weet ons nie.

Eendag staan ek tussen die besoekers voor ’n hok toe die kurator besig was. ’n Ma sê toe vir haar kind: “Sien jy, as jy nie leer en universite­it toe gaan nie, gaan jy eendag dierehokke moet skoonmaak.” Intussen het daardie kurator ’n B.Sc. Verlede jaar was hier in Johannesbu­rg ’n reusagtige donderstor­m deur die nag. Die volgende oggend stap ek deur die dieretuin om te kyk vir stormskade.

By die olifantkam­p sien ek een van die olifante lê en ek skrik my boeglam. Die eerste ding wat deur my kop gaan, is dat die weerlig haar getref het. En ek begin skree: “Staan op! Staan op!”

En sy staan op, lekker deur die slaap. En toe gee sy my so vuil kyk: “Ai, vrou, dis sesuur in die oggend, vir wat kom skree jy my wakker?”

Ek was so verlig, sy kan maar kwaad wees.

En dis my lewe in die dieretuin vir die afgelope 36 jaar.

As ek in die oggend sesuur hier op kantoor sit met my eerste koppie koffie, kyk ek uit op ’n trop flaminke.

Wat ’n voorreg.

‘BESLIS DIE LEKKERSTE, BESTE WERK WAT ’N MENS KAN KRY’

 ?? ?? Louise Gordon, uitvoerend­e bestuurder van die Johannesbu­rgse Dieretuin, by ’n standbeeld van Max, die berggorill­a.
Louise Gordon, uitvoerend­e bestuurder van die Johannesbu­rgse Dieretuin, by ’n standbeeld van Max, die berggorill­a.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? VERSKAF ?? Orpor maio. Ut voluptaect­o offictiis ipsuntusci­l ma nonsequ
Die JJohannesb­urgse Dieretuin in vervloeë jare. Daaribearu­mquiisin19­10 quespesiaa­l ’n trtremroet­e ingestel om mense na die dieretuin tepebring.comni comni
tis aut moluptius
VERSKAF Orpor maio. Ut voluptaect­o offictiis ipsuntusci­l ma nonsequ Die JJohannesb­urgse Dieretuin in vervloeë jare. Daaribearu­mquiisin19­10 quespesiaa­l ’n trtremroet­e ingestel om mense na die dieretuin tepebring.comni comni tis aut moluptius
 ?? ?? Die Johannesbu­rgse Dieretuin is in Maart 1904 geopen met net vyf diere. Vandag is hier meer as 2 000 spesies.
Die Johannesbu­rgse Dieretuin is in Maart 1904 geopen met net vyf diere. Vandag is hier meer as 2 000 spesies.
 ?? ?? Voertyd vir die olifante, ape en kameelperd­e in die dieretuin.
Voertyd vir die olifante, ape en kameelperd­e in die dieretuin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa