Huisgenoot

WAT DE WOEF!

Watwou ’n hondelewe – dié bedorwe brakkie geniet die fyner dinge en reis die wye wêreld vol

- SIPHOKAZIS­IPHOKAZIZA­MA

PRIVAAT vliegvlieg­gtuie, vyfsterrvy­fsterhotel­le, ’n kaas kas vol ontwer ontwer- persklere . . . Dit klink soos sooss die lewe van vann ’ n skatrykk skat r yk olie oliemagnaa­t magnaat eerder as ’n piepklein, stertswaai­endee stertswaai­ende vlooimagne­et. Tog is dít die diee werklikhei­d vir hierdie chihuahua.

Die driejarige Bao reis graag die wêreld vol saam met sy eienaar, Xa Thi Ngoc Tran. Sy trek hulle dan in bypassende uitrusting­s aan, en deel hul av-hond-ture aanlyn.

“Ek wil nie sonder hom reis nie, want hy is my hondebaba,” sê Ngoc, van Toronto, Kanada. “Hygedra “Hy gedra hom só goed op vlugte, en geniet die bohaai wat hulle oor hom in die kajuit maak.”

Sy het ook ’n Facebook-blad vir hom geskep, en skryf dan namens hom allerhande boodskappi­es. Daarop beskryf sy klein Bao, wat die skaal op net 2,72 kg trek, as “’n diva, mode-ikoon en wêreldreis­iger”. “Ek hou daarvan om aan te trek, te reis en by troeteldie­rvriendeli­ke restaurant­e te eet,” sê hy kamstig homself.

En sy uitrusting­s slaan die asem weg. Die woelige bondeltjie hare het ’n hele kas ontwerpers­klere, van Chanel-jasse en Hermes-serpe tot luukse sypajamas. Daar is 75 noukeurig saamgestel­de uitrusting­s wat ontwerp is om by sy eienaar s’n te pas – en Ngoc gee glad nie om om terug te staan en haar hondjie die middelpunt middel punt van die aandag te maak nie.

Met ’n onlangse reis Parys toe het Bao hom Frans gehou met ’n gestreepte T-hemp en ’n rooi baret. En toe hulle in Cancún, Mexiko, was, is hy afgeneem met ’n blommehemp en ’n sonbril aan.

‘SOMMIGE MENSE SÊ EK OORDOEN DIT MET BAO, O, MAAR HY IS MY ALLES’ S’

“Va “Vandat hy klein was, hou ek daarvan om sy klere by my neutrale estetika van lang jasse ja en denim te laat pas, maar Bao hou baie b van ’n Hawaiiese hemp wanneer h hy met vakansie is,” sê Ngoc. “By die huis h het hy sy eie rak met bykomstigh­ede, en hy het ’n groter klerekas as ek.”

BAO is in 2020 in die pandemie by ’n hondeteler gekoop. “Dit was die beste besluit om hom te kry,” sê die 37-jarige Ngoc, wat ’n loopbaan in finansies volg. “Hy is my perfekte p pasmaat.” Sede Sedert hul eerste reis saam – wat ’n vlug v van vier uur lank na Lake Louise in Albert Alberta, Kanada, ingesluit het – het Bao gewys hy’s ’n goeie reisgenoot. Ngoc gaan nou nêrens nê sonder hom nie.

In 20 2021 het sy ’n Instagram-blad begin as ’n manier m om boek te hou van die hoogt hoogtepunt­e uit hul eskapades. Sy was verbaa verbaas oor die reaksie wat haar foto’s gekry het.

“Ek’ “Ek’t nooit gedink hy sou so ’n groot aanha aanhang kry nie. Hy is mal oor die kamer kamera, en die kamera is mal oor hom.”

Nou is Bao ’n bona fide-“dogfluence­r” met 16 168 000 lojale volgelinge.

“Ek wil nie dramaties of enigiets wees nie, maar m ek sal doodgaan vir hierdie pragti pragtige hond,” skryf ’n bewonderaa­r onder ’n foto van Bao in Parys.

“Bao lewe beter as die meeste van ons,” sê ’n a ander.

Ngo Ngoc sien dit as haar plig om die lewe waara waaraan Bao gewoond geraak het in stand te hou. “Bao is ’n diva – hy weet waarv waarvan hy hou, en ek neem hom nie kwalik nie,” sê sy.

Met hul onlangse verblyf in die Waldorf A Astoria Hotel in Cancún is Bao soos ’n kon koning behandel met masserings langs die d swembad, heerlike maaltye en ’n eind eindelose voorraad snoephappi­es.

“Dit was ongeloofli­k om hom terug te neem na die wortels van sy vooro voorouers in Mexiko,” sê Ngoc.

“Hy is soos ’n koning behandel.

Hy het dit gate uit geniet, en dit het my m hart bly gemaak om hom so s gelukkig te sien.”

Sy i is “baie spesifiek” oor waarh waarheen sy met haar hond gaan, sê sy. “Ek wil hê hy moet oral s saam met my kan gaan wann wanneer ons met vakansie is. Somm Sommige plekke sê hulle is honde hondevrien­delik, maar troeteldie­re is beperk tot ’n sekere area, e en dit pas my nie.”

Vir Bao hou die luukse lewe nie op wanneer hulle terug huis toe oe vlieg Toronto toe nie. Ngoc erken en haar hondekind word elke dag ag van sy lewe bederf. Hy eet ’n rouukosdie­et en kry gereeld tuisgeemaa­kte vleissop om sy gewrigte te sterk te hou. Saans slaap hy en sy y eienaar saam in eenderse syypajamas. “Sommige mense sê ek k oordoen dit met Bao, maar hy is s my alles. Ek wil hê hy moet die e heel beste hê.”

SELFS al kos dit aansienlik meer om met ’n hond te reis, sê Ngoc dis elke sent werd danksy die wonderlike ervarings wat hulle saam het. Toe hulle in Frankryk was, het hulle in die weelderige Hotel Louvre Saint-Honoré gebly, en ’n dekadente maaltyd by die historiese Café de Flore geniet voor hulle die Eiffeltori­ng besoek het.

Sy sê daar is nog baie reise in Bao se toekoms.

Boaan B die lys is ’n kuier in Kalifornië sodat sod hulle ’n Beverly Be Hills ChihuahuaC­h oom oomblik kan hê soos in die flie fliek. “Ons wil ook nog teruggaan Europa toe omItalië om Italië te b besoek, en ons sal teruggaan Mexiko toe omdat ons so lief was daarvoor.”

Maar Bao wil hê die wêreld moet weet daar’s meer aan hom as net sy manlike aantreklik­heid. “Ek ken die volgende toertjies: sit, bly, lê, kom, snoetstamp, knik, dans, bid, rol, soentjies en drukkietyd!” staan daar op sy Facebook-blad.

Bao se gewildheid het deure vir die tweetjies oopgemaak. Hy het nou sy eie klerereeks, Bao the Chi, wat baadjies, bykomstigh­ede en sonbrille sowel as bypassende kombinasie-uitrusting­s vir hondjies en hul mense insluit.

Ngoc sê sy kry gereeld foto’s van aanhangers wat graag vir haar wil wys hoe hul honde items uit die reeks dra.

“Eienaars stuur vir my boodskappe oor hoe lief hulle vir Bao is – dis wonderlik om kontak te hê met medetroete­ldierliefh­ebbers. Hy is eerlikwaar my beste vriend en die beste metgesel. Ek is só bly dat die wêreld ook op hom verlief geraak het.”

 ?? ?? Bao het parmantige pette gedra in Parys, Frankryk.
LINKS en REGS: Ngoc en haar klein reismaat was onlangs in Mexiko met vakansie.
LINKS: LIN Dit kos ’n fortuin for om met Bao te reis, maar sy sê dis elke sent we werd.
Bao het parmantige pette gedra in Parys, Frankryk. LINKS en REGS: Ngoc en haar klein reismaat was onlangs in Mexiko met vakansie. LINKS: LIN Dit kos ’n fortuin for om met Bao te reis, maar sy sê dis elke sent we werd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa