Huisgenoot

MY LANG LEWE IN ’N YSTERLONG

Nadat hy as kind polio opgedoen het, het ’n masjien hom 72 jaar aan die lewe gehou tot hy onlangs op 78 oorlede is

- Saamgestel deur DENNIS CAVERNELIS

DIS moeilik om jou dit in te dink, maar die bejaarde man wat nou so erg aan ’n masjien gekluister is dat net sy kop uitsteek, was eens ’n sorgelose seuntjie. Dit was ’n doodgewone somersdag in 1952 in Texas toe Paul Alexander, net ses jaar oud en met sy lewe wat voor hom lê, buite in die reën gespeel het.

Meteens het sy kop en nek begin pyn. Toe sy ma hom sien, het sy na haar asem gesnak. “O hemel, asseblief nee!” het sy hardop geroep. Die koors was duidelik op Paul se gesig.

“Sy het dadelik geweet dis polio,” onthou Paul.

Dié gevreesde siekte het destyds nog van tyd tot tyd in Amerika kop uitgesteek. Elke jaar het dit minstens een uit 60 000 mense getref – die meeste kinders. Polio veroorsaak koorssimpt­ome voor die virus jou ruggraat en brein aanval. Dit lei tot verlamming en dikwels die dood.

Paul se ouers het hom hospitaal toe geneem, maar die agteruitga­ng was onstuitbaa­r. Binne ure kon hy nie meer beweeg of praat nie.

“Ek het gedink ek is dood,” vertel hy. Dokters het die slym uit sy bors verwyder en toe die ding gedoen wat die res van sy lewe sou kenmerk: Hulle het hom in ’n ysterlong gesit.

Dié kontrepsie is ’n enorme metaaltenk wat jou help asemhaal as die spiere om jou longe verlam is – dit verhoog en verlaag die lugdruk om die beurt om lug in en uit jou lyf te laat beweeg.

Dié metaallong was die volgende 72 jaar Paul se huis. Sewe dekades waarin hy elke aand, soms die hele dag, deurgebrin­g het met net sy kop wat by die masjien uitsteek.

Dit kon so maklik ’n tragiese verhaal van ’n verspeelde lewe gewees het. Maar daar vanuit sy ysterlong het Paul hom as ’n prokureur bekwaam, sy memoires geskryf en selfs ’n TikTok-ster geword.

Hy is onlangs in die ouderdom van 78 oorlede nadat hy covid-19 opgedoen gedoen het en sal in die geskiedeni­s onthou ou word as die mens wat die langste tyd d ooit met ’n ysterlong geleef het. et.

Aanvanklik het geen dokter er verwag hy sou meer as ’n jaar of twee in die ysterlong oorleef nie. ie.

En tog was hy ’n vasbyter wat at mense wêreldwyd geïnspiree­r er het met sy ingesteldh­eid.

“My lewe was ’n kombinasie sie van die een avontuur, wondererwe­rk – noem dit wat jy wil – ná die ander,” het hy gesê.

VOLGENS Paulwas Paul was sy ysterlong eindelik sowel ’n vyand as ’n vriend. “Dis my huis. Dit hou my lewend. Polio is ’n aaklige siekte. Myne was een van die ergste gevalle wat al opgeteken is. En hier is ek steeds,” het hy in sy boek geskryf.

“Die masjien is ’n ander manier van lewe omdat jy heeltemal ingeperk is. Maar jy pas aan en jy leer om te doen wat jy moet om jou doelwitte en drome te verwesenli­k.”

Die titel van sy boek, Three Minutes for a Dog: My Life in an Iron Lung, wat in 2020 verskyn het, is gegrond op ’n belofte wat ’n fisioterap­eut gemaak het toe hy agt jaar oud was. Sy sou een van die klein bokserhond­jies wat sy by die huis gehad het vir hom gee as hy drie minute lank sonder sy ysterlong kon asemhaal.

Dit het hom ’n jaar geneem, maar hy het sy hondjie gekry. Hy het haar Ginger genoem.

Om dié drie minute lank op sy eie asem te haal, het Paul ’n tegniek geleer wat hy “frog-breathing” genoem het. Dit behels dat hy die spiere in sy mond, waaroor hy nog ’n mate van beheer gehad het, gebruik het om lug na sy longe af te sluk.

Hy kon mettertyd meer gereeld ’n paar minute op ’n slag buite die long asemhaal, later ’n uur of twee op ’n slag, en eindelik het hy die ysterlong net gebruik om in te slaap. Hy het ook ander maniere gevind vin om met sy onbenydens­waardige wa situasie saam te leef. Sy pa het ’n stok ontwerp wat hy in sy mond kan hou sodat hy met sy speelgoed kon speel. Later het hy ’n soortgelyk­e toestel gebruik om ’n telefoon en ’n sleutelbor­d te gebruik. Hy het ook geleer om te skilder en te skryf deur onderskeid­elik ’n verfkwas en ’n potlood in sy mond vas te hou.

Paul was deel van ’n program van sy skooldistr­ik waar party kinders by die huis klasloop. Hy het eindelik tweede in sy matriekjaa­r geëindig. “Al rede waarom ek nie eerste was nie, was omdat ek nie die biologiela­boratorium kon gebruik nie,” het hy aan die

Dallas Morning News vertel. Daarna het hy ekonomie en regte aan die Universite­it van Texas studeer, waar hy in ’n elektriese rolstoel rondbeweeg het.

Hy het regte as ’n loopbaan beskou waar hy op sy verstand kan staatmaak. Sy lyf sou hom nie ver kon bring nie.

Hy het dekades lank in Dallas as ’n prokureur gewerk. “Ek kan dinge doen om ander mense te help,” het hy gesê. “En om dalk hul lewe beter te maak, soos ek ook sou wou hê my lewe beter moes wees.”

DIE liefde het ook aan sy deur geklop. Op universite­it het hy ’n vrou ontmoet, maar die romanse h het helaas vroeg doodgeloo loop omdat die vrou, ene Cla Claire, se ma nie wou hê haar do dogter moet met ’n man in Pa Paul se toestand trou nie. ““Dit het my jare geneem om dit te verwerk,” het hy aan The Th Guardian gesê.

Hy was die res van sy lewe enkellopen­d, maar darem nie alleen nie. Kathy Gaines, sy versorger, was meer as 30 jaar aan sy sy, en sy familie vertel sy was die naaste aan ’n huweliksma­at wat Paul geken het.

Kathy is self gestremd. Sy is blind weens komplikasi­es van tipe 1-diabetes, maar sy het Paul se arms en bene geword nadat hy sy regsgraad verwerf het.

“Paul is altyd aggressief oor dinge wat hy wil hê en nodig het rondom ander mense,” het sy broer, Phil, ’n paar jaar gelede vertel. “Hy is nogal veeleisend. Maar Kathy is nog meer veeleisend. Hulle het al vasgesit, maar dit altyd uitgewerk.”

In later jare het Paul se gesukkel met sy asemhaling vererger en het hy die meeste van sy dae in die ysterlong deurgebrin­g, vertel Daniel Spinks, ’n vriend van baie jare.

Geen amptelike oorsaak vir sy dood is bekendgema­ak nie, maar Paul is in Februarie in die hospitaal opgeneem met covid. Terug by die huis het hy gesukkel om te eet en te drink.

Verlede jaar het Guinness World Records bevestig hy is die mens wat die langste nog met ’n ysterlong gelewe het.

In die jare sedert hy self siek geraak het, is polio in die VSA uitgewis. Ysterlonge is verouderd en dit het ál moeiliker vir Paul en sy versorgers geraak om onderdele van die masjien te vervang.

“Dit was soms so hittete wanneer sy ysterlong gebreek het en ek soontoe moes jaag om dit reg te maak,” sê Daniel.

In 2022 het Phil ’n GoFundMe-veldtog vir Paul begin toe geldsake gesukkel het. Met dié veldtog het hulle sowat R2,2 miljoen bymekaarge­maak wat Paul se mediese onkoste – en nou ook sy begrafnis – kon dek.

In later jare het Paul ook ’n TikTok-profiel begin waarop hy honderde video’s met boodskappe van hoop en vreugde gedeel het. Hy het egter nie voorgegee asof alles maklik is nie.

“Ek is baie lief vir die son, maar ek het dit baie lank laas gevoel,” sê hy in een van sy video’s. “Dis eensaam, maar ek druk deur.”

‘MY MA HET DADELIK GEWEET DIS POLIO’

 ?? ?? Paul Alexander in die ysterlong wat sy “huis” was vir die grootste deel van sy lewe.
Paul het gesukkel om onderdele vir sy ysterlong te kry nadat die vervaardig­ers dit in 2004 gestaak het.
REGS: Polio het in die 1950’s in die VSA duisende kinders platgetrek.
Paul Alexander in die ysterlong wat sy “huis” was vir die grootste deel van sy lewe. Paul het gesukkel om onderdele vir sy ysterlong te kry nadat die vervaardig­ers dit in 2004 gestaak het. REGS: Polio het in die 1950’s in die VSA duisende kinders platgetrek.
 ?? ?? Kathy Gaines was vir meer as 30 jaar Paul se versorger.
Kathy Gaines was vir meer as 30 jaar Paul se versorger.
 ?? ?? LINKS: As kind het Paul leer skryf en teken met sy mond en het voortgegaa­n om ’n prokureur (REGS) te word.
LINKS: As kind het Paul leer skryf en teken met sy mond en het voortgegaa­n om ’n prokureur (REGS) te word.
 ?? ??
 ?? ?? Paul se boek Three Minutes for a Dog: My Life in an Iron Lung is in 2020 gepublisee­r.
Paul se boek Three Minutes for a Dog: My Life in an Iron Lung is in 2020 gepublisee­r.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa