Huisgenoot

WAS DIT NET LEUENS?

Dit bly blyky baie van die lewensafri­gter Jay Shetty se sukses is dalk nie op waarheid gebou nie

- Saamgestel Saa deur NICI DE WET

DAAI deurdringe­nde, e, selfs effens onthutsenn­de grysgroen oë kan ’n n mens nie anders as om m op te let nie. Selfs al is jy nie ’ n groot aanhanger van n selfhelpgh­oeroes nie, e, sien jy hom raak en bly hy jou by. Hoe oe dan anders? In boekwinkel­s loer hy van n die rakke af, in tydskrifte is hy op die ie glansblaai­e, op sosiale media duik sy plaasings, video’s en uittreksel­s uit sy podcast st keer op keer op.

Jay Shetty is nie net nog ’n lewensafri­ggter wat die lewe vir een of twee mense se beter probeer maak nie. Hy is die ou na

‘’N ‘ ’N M MENS HET HOM MEER IN ’N SWEETPAK A AS IN MONNIKEDR DRAG GESIEN’

wie Michelle Obama, Will Smith en Oprah draai as hulle lewensadvi­es soek. Twee van sy beroemdste kliënte, Jennifer Lopez en Ben Affleck, het hom selfs gevra om hul huwelikser­emonie te behartig.

Dié charismati­ese Brits-Indiese ghoeroe is ’n multimiljo­enêr wat hemelhoë bedrae vra om toesprake te lewer, derduisend­e boeke verkoop en deur die tydskrif

Forbes beskryf is as ’n “game changer”. Sy eie webtuiste spog hy kan “mense help om hul doel in die lewe te kry en hy maak antieke wyshede prakties en toeganklik”.

Maar alte dikwels het sulke suksesvoll­e ghoeroes ’n geraamte of twee in die kas wat op die lange duur net nie versteek wil bly nie.

In Jay se geval het die bom gebars toe die Britse koerant The Guardian onlangs onthul het die 36-jarige Jay skiet graag spek oor sy verlede.

Hy vertel graag hy was drie jaar lank ’n Hindoe-monnik in afsonderin­g en het dag en nag antieke Indiese wyshede bestudeer. Sy bekendste boek se naam is selfs

Think Like a Monk.

Maar o wee, volgens The Guardian blyk dit nou Jay was nooit die Hindoe-monnik wat die wêreld afgesweer het nie. Volgens die joernalis John McDermott is dit grotendeel­s ’n wolhaarsto­rie.

Jay se hele openbare persona is gegrond op die verhaal dat hy op 18 by ’n praatjie van die Hindoewysg­eer Gauranga Das was. Hy was so geïnspiree­r dat hy geestelik ontwaak het, wêreldse dinge afgesweer het, sy kop kaalgeskee­r het en hom in ’n asjram in Indië gaan vestig het. Daar het hy kwan

suis geleer hoe wonderlik dit is om ’n minimalist­iese leefstyl te volg en hoeveel wysheid daar in antieke tekste uit die Indiese tradisies opgesluit lê.

Maar John het met talle mense gepraat wat Jay in die vroeë 2000’s geken het en hulle sê sy storie is vol gate.

Ja, Jay het daai tyd ’n bietjie in Indië rondgereis, maar hy was allermins ’n askeet.

Toe hy wel ’n monnik was, was dit in Bhaktiveda­nta Manor, ’n Hare Krisjnakom­mune in ’n huis buite Londen.

Jay se prokureurs slaan vure dood. Hulle hou namens hom vol dat hy ’n paar maande in Bhaktiveda­nta Manor gewoon en daarna na Indië verhuis het.

Jay self het in daai jare ’n reisblog gehad en geskryf Bhaktiveda­nta Manor is sy “hoofasjram”. In 2011 het Jay aanlyn vertel hy was vier maande in Indië en het die res van die tyd in Londen deurgebrin­g,

waar hy vir die Hare Krisjnas pamflette uitgedeel en geestelike feeste bygewoon het. Vrome bedrywighe­de, maar allermins die afsonderin­gstyd wat hy in sy boeke beweer hy deurgemaak het.

In sy boeke beweer Jay hy was in sy monnikjare so verdiep in sy studie van antieke Hindoe-tekste dat hy nie bewus was van wat in die buitewêrel­d aangegaan het nie. Hy het later nie eens geweet wie Brittanje se premier was nie.

Nie waar nie, het John bevind. Inderwaarh­eid was Jay daardie tyd meestal besig om YouTube-video’s te verfilm en op te laai.

Soos een kennis van hom uit daardie jare vertel: “’n Mens het hom veel meer in ’n sweetpak as in monnikedra­g gesien.”

DIS blykbaar nie net Jay se stories oor sy jongdae wat te dik vir ’n daalder is nie. Volgens John jok hy ook oor sy lewensafri­gtingsople­idingsprog­ram, die Jay

Shetty Certificat­ion School, waar jy teen £5 700 (meer as R135 000) per kwartaal opleiding kry om ’n “meestersgr­aad” in lewensafri­gting te verwerf.

Op die skool se webtuiste lees ’n mens dat hulle met talle universite­ite geaffiliee­r is, maar dié universite­ite sê meestal hulle weet niks van sulke affiliasie­s nie.

Jay beweer ook in sy skool se brosjure die skool is deur Ofqual, die Britse regering se liggaam wat eksamens reguleer, goedgekeur. Ofqual sê dis nie waar nie.

Dis nie die eerste keer dat omstredenh­eid om hom woed nie. Jay is al herhaaldel­ik van plagiaat beskuldig. In 2019 moes hy sowat 100 video’s van YouTube en Instagram verwyder nadat Nicole Arbour uitgewys het talle gelykeniss­e wat Jay so graag vertel, is by ander gegaps.

Sedertdien gee Jay darem erkenning aan die ander Instagram-rekeninge waar

by hy inhoud leen, maar baie van dié rekeninge se skeppers sê hy vra nie toestemmin­g voor hy hul inhoud gebruik nie.

Op die oog af lyk Jay, wat in Los Angeles in weelde woon, ongeërg oor alles.

Sy prokureurs het namens hom op die aantygings gereageer en hy gaan ongestoord voort om sy motivering­sboodskapp­e op Instagram te plaas, tesame met liefdesver­klarings aan sy vrou, Radhi Devlukia-Shetty, wat pas ’n resepteboe­k, JoyFull, die lig laat sien het.

“Om te sien hoe jy jou hart en siel die afgelope drie jaar in dié boek stort was so ’n vreugde,” skryf hy. “Ek is so opgewonde vir lesers om meer vreugde in hulself en in hul kombuise te ontdek.”

Die twee het mekaar in 2013 ontmoet toe Jay nog ’n monnik was nadat hy eendag Radhi se ma by ’n tempel rondgewys en sy Radhi gesê het om na Jay se praatjies te gaan luister. Vir Radhi was haar toekomstig­e man baie inspireren­d.

“Ek het bewonder hoe hy diep wysheid kon verwoord op ’n manier wat vir jong mense toepaslik was,” sê Radhi (nou 33).

Nadat Jay sy monnikgelo­ftes laat vaar het, het die paartjie in April 2016 getrou. Hy sê een van die dinge wat hy veral in Radhi waardeer, is hoe “gelukkig sy is om haarself te wees”.

IN 2016 het die paartjie van Londen na New York verhuis. Radhi, ’n dieetkundi­ge, het ál meer op die antieke Indiese gesondheid­sbenaderin­g Ajoerveda begin fokus. Twee jaar later het hulle na die glansstad Los Angeles getrek, waar sy begin het om wenke oor gesondheid en kookkuns aanlyn te plaas. Sy was gou ’n internetse­nsasie, en vandag het sy sowat 2,2 miljoen volgelinge op Instagram en 565 000 intekenare op YouTube.

Maar Jay is die een wat veral die dollars

laat inrol. Nadat Think Like a Monk in 2016 ’n wegholsuks­es was, het hy sy podcast, On Purpose, begin en al onderhoude met hoëlui en sterre gevoer – van Joe Biden tot Kendall Jenner. Hy het ook ’n hoë pos by die gewilde app Calm gekry en plaas gereeld meditasies daar.

Die egpaar is nie net ryk en wel ter tale is nie, maar aantreklik ook en het verlede jaar in advertensi­es vir die modehuis Gap verskyn. Vogue India het ook al glansfoto’s van hulle geneem.

Gaan die nuwe onthulling­s hul bootjie nou sink?

Nie noodwendig nie. Soos die Indiese nuuswebtui­ste The Print verduideli­k, baie van sy volgelinge het ’n byna religieuse toewyding aan hom. Hulle verdedig hom in die openbaar en sê almal sleg wat hom durf kritiseer.

Mense stel blykbaar nie noodwendig soveel in sy lewensverh­aal belang as in die wyshede wat hy uitdeel nie – en die kraantjie van daai wyshede lyk nie of dit binnekort toegedraai gaan word nie.

 ?? ??
 ?? ?? Jay was ’n monnik voor hy sy monnikedra­g vir gemakdrag en die internet verruil het.
EERS
NOU
Jay was ’n monnik voor hy sy monnikedra­g vir gemakdrag en die internet verruil het. EERS NOU
 ?? ?? Jay y Shetttty Shetty se 2020- 2020-mememoires, moir Think Like a Monk, het wêwêreldwy­d ’n topverkope­r geword. gewor
Jay y Shetttty Shetty se 2020- 2020-mememoires, moir Think Like a Monk, het wêwêreldwy­d ’n topverkope­r geword. gewor
 ?? ??
 ?? ?? BO: Jay het al met bekendes soos (van links) Michelle Obama, Will Smith en Jennifer Lopez gewerk. REGS BO: Sy vrou, Radhi Devlukia-Shetty, met haar kookboek.
BO: Jay het al met bekendes soos (van links) Michelle Obama, Will Smith en Jennifer Lopez gewerk. REGS BO: Sy vrou, Radhi Devlukia-Shetty, met haar kookboek.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa