Huisgenoot

VASBYT FOUCHÉ

Ná jare van terugveg teen die beseringsp­ook kan die Stormers-stut Neethling Fouché eindelik die vrugte begin pluk

- Deur RICHARD VAN RENSBURG

ELKE sport het sy beserings, of hoe? En beroepsrug­by is g’n uitsonderi­ng nie. Neem nou maar die Stormers se staatmaker­stut en gereelde kaptein, Neethling Fouché. Hy was vroeër in sy loopbaan so dikwels beseer, vertel hy, “dat van my familie en vriende soms, wanneer hulle my vir lank nie op TV gesien het nie, gewonder het of ek rugby gelos het!”

Maar grappies langs die kantlyn gelaat – beserings kan die talentvols­te speler se loopbaan verpletter. Dit verg iets ekstra om elke terugslag te oorkom.

’n Mens kan dus verstaan dat hy uit sy vel gespring het toe hy die oproep kry waaroor elke plaaslike speler droom.

Neethling was op die boonste verdieping van hul meenthuis by Stellenbos­ch toe hy die boodskap kry dat hy na vanjaar se eerste Springbokk­amp genooi is.

“Ek het sommer daar van bo af vir Janca, met ons dogtertjie, Lente, hier onder, geskree. Sy kon in my stem hoor iets spesiaals het gebeur.”

Om by ’n Bokkamp toegelaat te word is vir enige speler ’n groot voorreg, veral as jy tot op 31 moes wag. “Ek het mos maar lank in my loopbaan grondpad gery. Ek het soveel keer gevoel my drome gaan nie noodwendig realiseer nie.”

Hy probeer om nie meegevoer te raak nie. “Ek sê vir almal dit was ’n belyningsk­amp; dis nog nie die real McCoy nie. As jy gekies word vir die Springbokg­roep en jou eerste toets speel. Dán sal ons vier.”

Nogtans het dié “stappie in die regte rigting” hom groot plesier verskaf. “En ook vir Janca. Sy is saam met my deur alles. Sy weet wat dit vir my beteken.”

GETROU aan haar naam waai die energieke klein Lente soos ’n vernuwende bries deur die Fouchéhuis . Haar pa ignoreer sy oogappel met moeite, maar dan’s dit tyd vir ernstig gesels.

Die ongeluk het hom veral in die eerste ses jaar van sy beroepsloo­pbaan bloots gery, vertel die gebore Rustenburg­er.

“Ek het op skool nooit beserings gehad nie. En net ná skool, wanneer jy in junior rugby kom, dink jy mos jy’s van staal gemaak, onbreekbaa­r.”

Hy het vir

Bloem se

Grey Kollege en die Vrystaatse Cravenweek­span ges p e e l . In gr. 11 het hy ’n SA Skole-span saam met brekers soos Steven Kitshoff gehaal. Sy beroepsloo­pbaan het by die Bulle begin. Maar toe kom die eerste besering aan die einde van sy o.19-jaar. “’n Kniebeseri­ng wat my vier maande buite aksie gehou het. En dan gaan jy in ’n put van teleurstel­ling in. Jy sien jou vriende boontoe beweeg, maar jy’s beseer.” Toe sy knie weer reg is, het hy net drie wedstryde vir die o.21-Bulle gespeel “toe ek ’n disc in my nek pop, ’n groot besering vir ’n stut”. Toe volg ’n operasie, nege maande langs die kantlyn en ’ n waar - skuwing: Beseer weer jou

nek op dieselfde di lfd plek lk en j jou loopbaan l b is i verby.

“Mense besef nie altyd die operasie en rehabilita­sie is net een deel van die vasbyt nie. Die ander deel is sielkundig, om weer selfvertro­ue te herwin. Mense verwag jy moet vinnig terugkeer na die speler wat jy was. Maar toe ek terugkom van my nekoperasi­e af, kon ek my die eerste drie maande nie sover kry om by die skrum in te slaan nie. Want jy het hierdie onsekerhei­d oor wat jou nek gaan doen, wat jy gaan voel.

“Ek dink as rugbyspele­rs praat ons nie genoeg oor die geestelike kant van beserings en hoe moeilik dit is nie.”

Ná die nekbeserin­g was daar ’n kniebeseri­ng, ’n gebreekte borsbeen, ’n gebreekte hand, geskeurde enkelligae­n mente. men te. En toe, in 2 2018, ’n geskeurde toonlig toonligame­nt. “’n “’n Killer vir ’n stut”, st wat al sy gewig op sy tone plaas wanneer wannee hy vorentoe beur. Neethling N kyk na Janca. “Jis, “J hierdie klink eintlik eint soos ’n baie sad s storie. ’n Mens kan dit nie eens opmaak o nie.”

Sy g glimlag: “Ja, dis ’n lang lys.” Daar Daardie eerste jare was ’ n “rollerco rollercoas­ter” van hoop en teleurstel­li leurstelli­ng. “Jy kom terug, begin momentum bou. bD Dan’s ’ jy weer beseer.”

In 2014 het hy sportsielk­unde by Tuks begin studeer, en mettertyd sy graad daarin verwerf. “Dit het stabilitei­t gebring, ten minste iets wat jy kon beheer.”

Maar in 2016 het hy ’n kruispad bereik. “Ek het vir Janca gesê ek moet dit dalk oorweeg om nie meer rugby te speel nie. Dit was net te op en af. Elke keer wanneer jy hoop kry, raak jy weer beseer.

“In daai tyd het ek ook so ’n bietjie my passie vir rugby verloor. Maar ons het besluit om dit nog ’n seisoen te gee.”

Die Tuks- en Bulle-afrigter, Pote Human, het hom gehelp om sy liefde vir die spel en selfvertro­ue te herwin. In 2017 het hy ’n goeie seisoen beleef en daardie jaar het die Stormers hom Kaapstad toe gelok.

Vir Janca was dit moeilik om Neethling “op so ’n donker plek te sien, waar hy selfs daaraan gedink het om op te hou. Baiekeer was die stryd ook in sy kop. Hy’s iemand wat wil sin maak van dinge en verstaan hoekom iets gebeur. Oor die jare het ek net vir hom ’n klankbord probeer wees sodat hy deur alles kon werk.”

Hy sou dikwels voel hy’s ’n mislukking, beaam Neethling, maar Janca het hom dan herinner rugby is net deel van sy menswees.

“En deur die donker tye het ek ook die stem van my hemelse Vader gehoor: ‘Jou storie is nog nie klaar nie; daar’s ’n plan vir jou.’ Dit het my laat aanhou opstaan.”

En dinge hét beter geword. Die afgelope vier jaar het hy nog net drie wedstryde weens beserings misgeloop. “Jy raak meer street smart soos jy ouer word, oor hoe jy jou liggaam moet bestuur, watter soort goed jy in die gim moet doen. Jou

‘ONS PRAAT TE MIN OOR HOE MOEILIK DIE GEESTELIKE KANT VAN BESERINGS IS’

lyf raak harder v vir rugby se eise.” Ses jaar terug het hy nooit kon dink hy s sou wees waar hy nou is nie. “As jy my gesê het ek gaan 70 wedstryde w vir die Stormers speel, sou ek vir jou gelag het. En as jy my gesê he het ek gaan die Stormers aa aanvoer, sou ek gevra het: Is jy van lotjie getik?” Vir Janc Janca het hy net lof. “Sy het my deur alles net grounded help hou en my m herinner rugby is nie alles n nie.” Janca knik. “En dis nou heelwat he makliker. ’n Mens kyk net ne vir Lente; dit gee jou d dadelik d li perspektie­f.”

Sy en Neethling het mekaar by die Hoërskool Rustenburg ontmoet, voor hy Grey toe is, maar eers met hul herontmoet­ing op universite­it begin uitgaan. Hulle is in Desember 2017 getroud. Janca het as hospitaal-apteker gewerk voor Lente se geboorte en tans neem sy net af en toe tydelik waar.

Hul dogter het hul lewe verryk. “Sy’s nogal nes haar pa, ’n baie sosiale kind,” sê Janca. “En al is sy so besig, is dit eintlik heel maklik om haar groot te maak.” Neethling vertel: “Om te weet dat jy verantwoor­delik is vir so ’n mensie kan nogal vreesaanja­end wees, maar dit bly ongeloofli­k om te weet jy kan so ’n belangrike rol in haar vorming hê.”

POLS jy Neethling oor die toekoms, kies hy sy woorde versigtig. Wat vir agterspele­rs dalk die verkeerde kant van 30 is, kan vir ’n vaskopstut die regte kant wees. “Kyk maar vir my spanmaat Brok Harris. Hy’s al 39. Jy begin van 27, 28 af gemakliker in jou lyf voel, en wanneer jy in jou 30’s inbeweeg, is dit amper die beste tyd om ’n vaskop te wees.”

Hy beskou dit as ’n pluspunt dat hy en sy Stormers-spanmaat Frans Malherbe, ons wêreldkamp­ioenstut, albei op no. 3 in die skrum sak. “Ek kan by die beste vaskop ter wêreld leer. Dit sal ook goed wees vir ons albei, en die nasionale opset, as ons die las van baie rugby deel.”

’n Kans in die Springbokt­rui sal vir hom die kruin wees. “Dis dié droom; jy kan dit nie eens mooi in woorde omsit nie. Elke liewe laaitie wat rugbytokse aantrek, het daai droom in hom. En dis iets wat ek sal aanhou jaag.”

 ?? ?? Trotse gesinsman: Neethling Fouché, sy vrou, Janca, en hul dogtertjie, Lente, by hul huis by Stellenbos­ch.
Trotse gesinsman: Neethling Fouché, sy vrou, Janca, en hul dogtertjie, Lente, by hul huis by Stellenbos­ch.
 ?? ?? REGS: Die vurige vaskop laat loop in die Stormers se sege oor Stade Français vroeër vanjaar. HEEL REGS: Hy’t sy loopbaan by die Bulle begin.
REGS: Die vurige vaskop laat loop in die Stormers se sege oor Stade Français vroeër vanjaar. HEEL REGS: Hy’t sy loopbaan by die Bulle begin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa