Huisgenoot

VAN DISNEY TOT DUNE – EN ÁLMAL IS EUFORIES

Dit gons behoorlik oor Zendaya – of dit nou is oor haar toneelspel, haar ongeloofli­ke uitrusting­s op die rooi tapyt of danksy die pryse wat sy wen – en sy word as een van die mees invloedryk­e mense in Hollywood beskou

- Saamgestel deur COLIN HENDRICKS

SY HET al ’ n Emmy en Golden Globe gewen, sy speel in moontlik die grootste lokettreff­er van die jaar, sy gaan uit met ’n kêrel wat deur baie as Hollywood se mees begeerlike beskou word, en sysy steel die kollig op elke rooi tapyt.

Maar ha haar eerste rol, glo dit as jy kan, was dié van va ’n wurm.

Zendaya lag toe sy terugdink aan haar eerste oud oudisie, vir ’n toneelstuk wat by haar laerskool laersk aangebied is. “Ek was ’n baie skaam kind, seker so sewe of agt. Ek het toe ’n niepratend­e n rol gekry. Ek was ’n wurm, so ek het letterlik net op die verhoog gelê en absoluut niks gedoen nie, maar ek het he baie trots gevoel daarop dat dit d my eerste rol was.”

Intussen het dié wurm egter e in ’n vlinder ontpop. Dit D gons oral oor Zendaya. Sy’s Sy s nou no weer te sien as die vegter Chani in Dune: Part Two, die fliek wat reeds ’n 93%- gradering op resensiewe­btuistes het en waaroor resensente skryf dat Zendaya een van die hoogtepunt­e is.

Intussen maak sy van elke vertoning en voorverton­ing van die rolprent ’n sensasie deur op die rooi tapyt op te daag in uitrusting­s wat modeslawe na hul asem laat snak.

As jy Zendaya nie danksy Dune ken nie, ken jy haar moontlik as die vroulike hoofkarakt­er in die Spider-Man- fliekreeks, waar sy ook haar hart verloor het op haar medester, en nou kêrel, die sjarmante Tom Holland.

Sy was ook in die treffer The Greatest Showman en het met haar toneelspel in Euphoria ’n Golden Globe, twee Emmys en vele ander pryse gewen.

G’n wonder Time het haar in 2022 aangewys as een van die mees invloedryk­e mense in Hollywood nie. Vandag het sy ’n bankbalans van meer as R375 miljoen – en dit het als begin by haar hoofrol in ’n Disney Channel-reeks.

SY IS gebore Zendaya Maree Stoermer Coleman, maar net soos Madonna, Beyoncé en Rihanna, gebruik sy net haar eerste naam. Die 27-jarige is in Kalifornië gebore

en het haar loopbaan in die vermaakbed­ryf as ’n kindermode­l en danser begin. Op agt, nadat sy as wurmpie haar verhoogvre­es oorkom het, het sy selfs deel van ’n hiphopdans­groep, Future Shock Oakland, geword.

Teen 2015 het sy die hoofrol in ’n Disney-reeks, K.C. Undercover, losgeslaan en was sy goed op pad na roem. Twee jaar later het sy die rol van MJ in SpiderMan: Homecoming gekry en was daar geen keer meer aan haar nie.

Haar liefde vir haar ouers, albei onderwyser­s, is vir baie mense ’n bewys dat haar voete steeds op die aarde is. Al kon sy met al wat ’n hartebreke­r is, uitgaan, het sy al ’n hele paar keer haar ma of pa na toekenning­s- of Hollywood-geleenthed­e gevat. “Ek is regtig gelukkig om die ouers te hê wat ek het,” sê sy. “Hulle het net nog altyd daardie kernwaarde­s by my ingeskerp wat ek dink ek deur alles saam met my moet dra.” Sy is die jongste van ses kinders.

Dié Amerikaner het ’n wydlopende familiesta­mboom. Haar pa, Kazembe Ajamu Coleman, is ’n Amerikaner van Nigeriese afkoms, en haar ma, Claire Stoermer, het Duitse en Skotse wortels. Haar naam kom van die Shona-naam Tendai, wat glo beteken “om dankie te sê”.

As toneelspee­l nie vir haar uitgewerk het nie, sou sy in haar ouers se voetspore gevolg het. “Ek dink as ek nie ’n akteur was nie, sou ek ’n onderwyser geword het. Ek is lief vir kinders en om te leer en die onderwys.”

Sy en die hartedief Tom is al van 2021 af saam. Hulle het mekaar op die stel van Spider-Man: Homecoming ontmoet en het volgens skinderton­ge eers ’n ruk in die geheim gevry voor hulle hul verhouding bekendgema­ak het. Albei is erg privaat oor hul verhouding. “Ons verhouding is iets waaroor ons ongeloofli­k beskermend is en ons wil dit so heilig moontlik moonntlik hou,” het Tom verlede jaar gesê. gesêê. “Dit is ons ding, en dit het niks met meet ons loopbane te doen do nie.” Tom TTom is self ’n sensas sensasie, so dit sê nogal nnogal iets dat Zendaya dit kan regkry kkry om hom op die rooi r tapyt te oorskadu. Haar uitru uitrusting­s is altyd iets wat op sosia sosiale blaaie of op sosiale media bes bespreek word. Veral haar onlangs onlangse robot-ensemble het reaksie ontlok. on

Vir een van Dune: Part Two se voorverton­ings vooorverto­nings het sy ’n robotagtig­e pak uit uuit die ontwerper Man Manfred Thierry Mugler Mugller se legendarie­se 20 20ste herdenking van sy herfs/winter-klerereeks uit 1995 aangehad.

En als wat sy dra, het ’n spesifieke doel, selfs daai beeldskone, sprankelen­de Armani Privé-rok waarmee sy by die onlangse Oscars ars die omstanders verstom m het. “Dis ’n uitbreidin­g g van die klerekas uit die fliek. Dit was oppsetlik en doelgerig,” sê haar stilis, Law Roach. Die Dune- flieks se klere is ’n mengsel van moderne en Middeleeus­e styl.

IPN 2019 het Zenndaya, wat tot t op daardie tydstip ip bekend was vir tienerroll­e, die wenkbroue b laat l t lig toe sy die hoofrol begin speel het in die HBOreeks Euphoria. Dis vol seks, dwelms en ander dinge wat jy nie destyds in die Disney Channel-reekse gesien het nie. “Ek raak ouer; ek kan nie vir die res van my lewe ’n tiener speel nie,” het sy laat hoor.

Danksy haar rol as die tienerdwel­mverslaafd­e Rue Bennett in Euphoria was sy in 2020 op 24 die jongste aktrise wat ’n Emmy vir uitmuntend­e hoofaktris­e in ’n dramareeks gewen het. Sy het selfs ’n Golden Globe vir hierdie rol gewen.

Hopelik is kykers nou al daaraan gewoond om die ster in volwasse rolle te sien, want sy is binnekort in Luca Guadagnino se volwasse dramafliek Challenger­s. Haar karakter, Tashi, is ’n Serena-agtige tennisfeno­meen wat ná ’n besering ’n afrigter word en haarself in die middel van ’n liefdesdri­ehoek met die twee mees mededingen­de mans in haar lewe bevind.

“Vanuit ’n karakterpe­rspektief wil ek dinge vind wat my sal druk,” het Zendaya oor haar rol in Challenger­s gesê.

“Ná die laaste Spider-Man en die laaste seisoen van Euphoria was daar ’n skokkende veranderin­g,” verduideli­k Zendaya oor haar roem. “Voorheen kon ek daarmee wegkom om na openbare plekke te gaan.” Nou kan sy nie eens saam met familie of vriende uitgaan nie. “Almal gaan by ’n kroeg of iets kuier, en dan sal ek sê: ‘Ek sou graag wou, maar ek dink ek kan almal se aand bederf. Want dit gaan net nie lekker wees wanneer ek eers daar is nie.’ ”

Zendaya het haar eie klerereeks, Daya by Zendaya, en het ook al musiek uitgereik. Sy het in April verlede jaar saam met die sanger san Labrinth op die Coa Coachella- fees hul liedjie liedjies, “All for Us” en “I’m Tired”, wat in Euphoria Eu gehoor kan word, gesing.

Maar al is sy ’n A- kandidaat in alles wat sy aanpak, voel sy steeds soos ’ n indringer in Holl lywood. Dit het v veral weer by haar op opgeduik met die verfi verfilming van Dune: Part Tw Two. “Dit was so ’n spesiale e ervaring om saam met t die di ongeloofli­ke akteurs te speel. Maar ek is so angstig ook, want dis dié groot sterre, en jy voel jy moet goed wees, maar jy wonder ook of jy ooit goed genoeg is om hier te kan wees. Dit is daai indringers­indroom wat jou beetpak.” Tog weet haar aanhangers én Hollywood sy is besig om haarself as die superster van haar generasie te vestig deur bitter hard te werk. Daarom moet haar harde werk die lof kry.

“Sy is die mees mededingen­de persoon wat ek ken, op ’n goeie manier,” sê Sam Levinson, die vervaardig­er van Euphoria.

“Sy groei voortduren­d as ’n kunstenaar en soek altyd ’n uitdaging. Sy is nooit selfvoldaa­n nie.”

● Kry in volgende week se uitgawe van Huisgenoot ’n middelblad­plakkaat van Zendaya.

k‘ONS WIL ONS VERHOUDING BESKERM EN HEILIG HOU’

DEESDAE spog ál meer van ons plaaslike akteurs met ’n voorkoms wat in sommige kringe – of is dit nou alle kringe? – ’n “silver fox” genoem word. En kyk ’n mens so na Frank Rautenbach en Jo Black, sien jy dis klaarblykl­ik nie net wysheid wat saam met die grysheid kom nie – hulle is witwarm! Hy het in sy middel-40’s besef hy word al hoe meer silwer, vertel Frank. Vandag, op 51, het hy vrede daarmee. “Ouer word is ons almal se werklikhei­d; niemand kan die klok stop nie,” sê hy. Elke grys haartjie is ’n teken van genade, dat hy nog hier is en kan lewe. “Dis die aantreklik­ste ding wanneer iemand gemaklik in hulle vel is.” Ja, hy hoor dikwels dié sout en peper maak dit tóg beter.

“Embrace jou grys hare – dis wie jy is,” sê Jo. Op 42 is daardie welige baard deesdae plek-plek grys, maar dit skeel hom nie. “Die lewe het my grys gegee; ek het nie ’n ander keuse gehad as om dit te aanvaar nie,” lag hy.

Wat sê hy oor mense wat sê die grys maak hom selfs mooier? “Ek weet nie hoe mense sexiness aan jou haarkleur koppel nie,” sê Jo. “Dalk maak mense die sêgoed op om beter te voel oor hulleself.”

 ?? ?? Die spesiale mense in die aktrise se lewe is haar ouers, Claire Stoermer en Kazembe Ajamu Coleman (REGS), en haar jare lange kêrel, Tom Holland (REGS BO).
Die spesiale mense in die aktrise se lewe is haar ouers, Claire Stoermer en Kazembe Ajamu Coleman (REGS), en haar jare lange kêrel, Tom Holland (REGS BO).
 ?? ??
 ?? ?? BO: Haar rol as Rue in Euphoria het haar as ’n superster gevestig. REGS: Glansend in haar asemrowend­e rok by die onlangse Oscars.
BO: Haar rol as Rue in Euphoria het haar as ’n superster gevestig. REGS: Glansend in haar asemrowend­e rok by die onlangse Oscars.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa