Huisgenoot

'N DOGTERTJIE­FEES

Die model JENNA PIETERSEN is nog net so avontuurlu­stig soos altyd – en nou reis sy die wêreld vol saam met haar man en drie dogters

-

OE sy destyds as model die ganse Spanje rooi geverf het, het sy nooit gedink die DJ wat sy destyds daar ontmoet het – en saam met wie sy so lekker gekuier het – sal later die liefde van haar lewe wees nie. Nee, die lewe sou eers draaie met Jenna stap. Want eens was daar liefde tussen haar en die rapper Jack Parow, oftewel Zander Tyler – uit dié verhouding is hulle dogtertjie, Ruby Tyler, gebore. Maar toe loop sy Chad Symonds ’n paar jaar gelede weer raak, dié keer op vakansie in Londen. Dit was liefde, het hulle besef, en die twee is op 3 Desember verlede jaar op ’n boot in Lamu, Kenia, getroud. Die paartjie het twee dogtertjie­s, Willow en Gia.

1

Hoe is die getroude lewe?

Dis ongeloofli­k! Ek het my sielsmaat gevind – dis net so amazing hoe natuurlik alles voel. We adore each other.

2

Het jy ooit gedink jy sou ’n ma vir drie dogtertjie­s wees? Ek het in my lewe nooit gedink ek gaan drie kinders hê nie, maar what a blessing. Dis vir my ongeloofli­k om die band tussen hulle te sien – Gia kyk op na Ruby en ver

afgod haar. Ruby is soms kwaai met Gia, maar sy is altyd besorg oor haar. Albei speel pop met Willow.

3

Vertel meer oor jou en Chad se avonture.

Ek het destyds baie gereis met my modelwerk en hy as ’n DJ, so ons albei hou nog altyd van reis. Ons was verlede jaar in Mexiko – ons albei hou van plekke met kultuur en lekker kos. Ons wil volgende Costa Rica of Puerto Rico sien.

4

Watter spesiale ding doen jy altyd saam met Chad? Vandat ons saam is, doen ons elke Donderdaga­and

date night.

5

Wêreldreis­e, ’n vol huis en seker ’n vol hart?

My gesin is my lewe. Wanneer ek soggens opstaan, ervaar ek net intense dankbaarhe­id. Hulle is my tribe. Ek wil nie een sekonde saam met hulle misloop nie. Familie is alles!

 ?? ?? Praat van sprokiesag­tig, of hoe? Dit was nog altyd haar droom om op ’n eiland in Afrika te trou, vertel Jenna. En die dhow – wel, dit was die kersie op die koek, en so eg aan die paartjie se avontuurlu­stige persoonlik­hede. Van links is Ruby (11), Gia (2), Chad, Jenna en Willow (10 maande).
Praat van sprokiesag­tig, of hoe? Dit was nog altyd haar droom om op ’n eiland in Afrika te trou, vertel Jenna. En die dhow – wel, dit was die kersie op die koek, en so eg aan die paartjie se avontuurlu­stige persoonlik­hede. Van links is Ruby (11), Gia (2), Chad, Jenna en Willow (10 maande).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa