Huisgenoot

TROUVREUGD­E NÁ DIE DRAMA

Dit was ’n glanstroue vir die boeke toe DIEPE WATERS se geliefde LETTIE en HENRY dit eindelik tot voor die kansel gemaak het – skoonma se moeilikhei­dmakery ten spyt

-

VALENCIA (Vinette Ebrahim) was die vergestalt­ing van ’n inmengerig­e skoonma – en het Diepe Waters se Lettie (Stephanie Baartman) en Henry (Stiaan Bruwer) in die dae voor hulle troue teen die mure uitgedryf.

Eers was daar die koddige fotosessie waarop skoonma aangedring het; toe haar gepeuter met die troureëlin­gs wat als in ’n nagmerrie laat ontaard het. Maar eindelik het die gewilde Afrikaanse telenovell­e se Lettie en Henry dit toe tog tot voor die kansel gemaak toe die twee op 20 Maart ewige trou aan mekaar beloof het.

Die TV-troue is al in Desember verlede jaar verfilm. Dit was ’n bedrywige dag wat meer as 150 mense – van die akteurs en byspelers tot die produksies­pan – betrek het; ’n toneel wat 12 uur geneem het om te verfilm.

Dit was vreeslik komieklik om die tonele met ’n moeilike skoonma te verfilm, vertel Stiaan. “Dit was skreeusnaa­ks. Toe ek met die pruik te voorskyn kom vir die verlowings­fotosessie, die een wat Valencia aangedring het ek moes dra, het ek en Stephanie dit ver- erloor – ons het so hard gelag,” ag,” vertel hy.

Stiaan het haar telkens s laat uitbars van die lag, sê ê Stephanie. “Hy sou met die ie romantiese tonele heeltyd yd fluister ‘kom ons soen, tjomma’,” vertel ve die aktrise. se. Sy het soos ’n prinses es in die blou b rok met diamante mant op die bors- sstuk stu gevoel, sê Stephanie. St “Ek was dol oor die e rok se snit,” sê ê sy.

“Ek het daarvan gehou ou dat die hals redelik konserwati­ef was, s, m maar met ’n eff effense gewaa waagdheid by die e oop m midderif.”

 ?? ?? Die koek: Die troukoek is gemaak uit polistiree­n en gips. Die ontwerp en samestelli­ng is deur die kunsregiss­eur Christiaan Pool gedoen. Die blomme op die koek was ook nie eg nie.
Die gaste: Die spelers lyk uitgevat in hulle trou-uitrusting­s. Van links is Arno (Jean Henry), Karla (Danielle Swanepoel), Nina, Tshepo (Johnny Potsanyane), Tommie (Righard van Jaarsveld) en die byspeler Danielle Lombard.
’n Mooi prentjie: Rose (Eloise Cupido), Nina (Reze-Tiana Wessels) en Wim (Neels van Jaarsveld) het die groot dag bygewoon.
Die bruid en bruidegom: Henry en Lettie op hulle spesiale dag. “Dié is my derde sepietroue,” vertel Stephanie. “Ek was voorheen mos getroud met Ike (Fezile Mphela) en met Jordan (Theodore Jantjies) in Getroud met rugby.”
Die versiering­s: Die troue is verfilm in die tuin van die Johannesbu­rgse huis waar die Swarts-gesin in die reeks bly. Ongeveer 150 meter se materiaal is vir die drapering van die pergola en tafels gebruik. Die blomme was amper als kunsmatig; net die bloekombla­re was eg.
Lettie en Henry by die troukar: Stiaan vertel die toneel met die troukar was sy gunsteling. “Daai convertibi­le was so fancy,” sê hy.
Die koek: Die troukoek is gemaak uit polistiree­n en gips. Die ontwerp en samestelli­ng is deur die kunsregiss­eur Christiaan Pool gedoen. Die blomme op die koek was ook nie eg nie. Die gaste: Die spelers lyk uitgevat in hulle trou-uitrusting­s. Van links is Arno (Jean Henry), Karla (Danielle Swanepoel), Nina, Tshepo (Johnny Potsanyane), Tommie (Righard van Jaarsveld) en die byspeler Danielle Lombard. ’n Mooi prentjie: Rose (Eloise Cupido), Nina (Reze-Tiana Wessels) en Wim (Neels van Jaarsveld) het die groot dag bygewoon. Die bruid en bruidegom: Henry en Lettie op hulle spesiale dag. “Dié is my derde sepietroue,” vertel Stephanie. “Ek was voorheen mos getroud met Ike (Fezile Mphela) en met Jordan (Theodore Jantjies) in Getroud met rugby.” Die versiering­s: Die troue is verfilm in die tuin van die Johannesbu­rgse huis waar die Swarts-gesin in die reeks bly. Ongeveer 150 meter se materiaal is vir die drapering van die pergola en tafels gebruik. Die blomme was amper als kunsmatig; net die bloekombla­re was eg. Lettie en Henry by die troukar: Stiaan vertel die toneel met die troukar was sy gunsteling. “Daai convertibi­le was so fancy,” sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa