Huisgenoot

KANYE GLO? BIANCA EN KIM SAAM BY KONSERT

-

KKANYE WEST se vrou, BIANCA CENSORI, en sy eksvrou, KIM KARDASHIAN,

het aanhangers twee keer laat kyk toe hulle vir die eerste keer saam in die openbaar opgemerk is.

Die twee modepoppe ppe het sowaar heel gaaf met mekaar gelyk.

Hulle het in die gehoor ehoor langs mekaar gestaan toe die rapper sy nuwe album, Vultures, s, in San Francisco bekendgest­el het met ’n spesiale vertoning.

Volgens bronne het et Kanye (46) dit veral waardeer dat at Kim (43) saam met hul kinders s al die pad van Los Angeles af gekom ekom het om die geleenthei­d by te e woon. “Dis nie asof Kim net af in n die straat is hiervoor nie,” sê ’n bron on aan Daily Mail. “Sy het San Francisco ancisco toe gevlieg, en natuurlik was Kanye dankbaar. Dit was ’n doelbewust­e poging van haar kant t af.

“Kim het geweet Bianca ianca sou daar wees. Hulle praat at wel. Kim het aanvaar Bianca is haar ar kinders se stiefma, en dat hulle lief is vir haar.”

Die werklikhei­dster er het twee van haar kinders, Chicago cago (6) en Saint (8), saam met haar geneem, en Bianca se ouers was glo ook in die gehoor.

Kim en Kanye se oudste dogter, North (10), sing saam m op die album se liedjie “Talking/Once nce Again”. Sy het saam met haar pa a op die verhoog verskyn. Die ekse se het ook ’n jonger seun, Psalm (4). 4).

Al het Kim ’n gemoedelik­e edelike verhouding met Bianca (29), sê bronne sy het Kanye gevra a om seker te maak sy vrou – wat dikwels bra skraps geklee is – is behoorlik aangetrek wanneer hul kinders daar oorbly.

Sedert hul troue op p 20 Desember 2022 het Bianca anca se uitrusting­s ál gewaagder gder geraak. Die afgelope maand aand het sy byvoorbeel­d in n die openbaar verskyn in ’n reeks deursigtig­e kledingstu­kke sonder onderklere.

Bianca is ook saam met Kanye op die omslag van Vultures.

Sy staan met haar rug na die kamera met net ’n paar dyhoogtest­ewels aan, met ’n n skrapse stuk stukkie materiaal wat oortyd werk.

Toe North vroeër vanjaar ’n video op TikTok gedeel het waar sy ’n skets van haar pa se albumomsla­g gemaak het, het kritici ’n bohaai daaroor opgeskop dat haar ouers haar aan sulke volwasse inhoud blootstel. Die video is kort daarna uitgevee.

 ?? ?? KIM SNYDERS
BO: Kanye en sy vrou, Bianca. Kim het hom blykbaar gevra dat sy vrou – wat gewoonlik skamel geklee is, sorg dat sy ordentlik aangetrek is wanneer hul kinders by hulle oorbly. LINKS: Kim saam met haar en Kanye se kinders: North, Chicago, Saint en Psalm.
KIM SNYDERS BO: Kanye en sy vrou, Bianca. Kim het hom blykbaar gevra dat sy vrou – wat gewoonlik skamel geklee is, sorg dat sy ordentlik aangetrek is wanneer hul kinders by hulle oorbly. LINKS: Kim saam met haar en Kanye se kinders: North, Chicago, Saint en Psalm.
 ?? ?? Kim Kardashian en Bianca Censori was saam by Kanye West se albumbeken­dstelling.
Kim Kardashian en Bianca Censori was saam by Kanye West se albumbeken­dstelling.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa