Huisgenoot

VRIESPLANN­E VIR OORSKIET

-

Moenie sommer net ontslae raak van oorskiet nie. Hier is maniere om dit te vries en hoe jy dit kan gebruik – al wat jy benodig, is ’n gewone ysbakkie.

◗ SUURLEMOEN­E Druk die suurlemoen­e uit en giet die sap in ysbakkies. Vries en voeg later by water of vrugteslaa­i.

◗ AFTREKSEL Plaas afgekoelde vleisaftre­ksel in ysbakkies en vries vir latere gebruik.

◗ WYN Vries oorskietwy­n in ysbakkies en gebruik dit in bredies en souse. Meet hoeveel jy in die ysbakkies gooi sodat jy weet hoeveel jy in jou resep gebruik.

◗ KOLA Vries kola wat sy gas verloor het as ysblokkies en gooi dit in jou kola – dit voorkom dat jou koeldrank waterig word. ROOM Vries die room netso in ysbakkies en

◗ voeg by souse. TAMATIES Rasper of kap oorryp tamaties

◗ op en skep lepels vol in ysbakkies. Plaas dan in ’n plastieksa­kkie of bak en hou in die vrieskas – dit kan later vir kos en souse gebruik word. SKILLE Vries die skille van uitgedrukt­e

◗ lemoene en suurlemoen­e om later in vleisgereg­te, nageregte of koekversie­ring te gebruik. Die bevrore skille rasper ook veel makliker. JOGURT

◗ As daar ’n spesiale aanbieding op jogurt is, koop ekstra en vries dit in ysbakkies. Verwyder en hou gevries in plastieksa­kkies. As jy jogurt nodig het, haal net die hoeveelhei­d uit wat jy benodig. KRUIE

◗ As jy kruie kweek en te veel het, kap dit fyn en meng met botter. Plaas in ysbakkies en vries. Voeg by groente of kapokaarta­ppels. Dis ook lekker om gereed te hê as jy die kruie buite seisoen nodig het. MELK

◗ Giet melk wat begin suur word in plastiekko­labotteltj­ies en vries dit vir wanneer jy bak. Gebruik dit vir wanneer jy hoender, vis of vark wil marineer.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa