Huisgenoot

VERMY SÓ LEEFSTYLIN­FLASIE

Maak daardie langverwag­te verhoging geen verskil nie? Dan het jy dalk in die leefstylin­flasie-slaggat getrap

- Deur LETITIA WATSON

WAT IS LEEFSTYLIN­FLASIE?

Elke keer as jy meer verdien, bestee jy ook meer. Dis nie verkeerd om jou leefstyl te verbeter nie, maar probleme ontstaan indien jy nie terselfder­tyd jou spaarbydra­es verhoog nie. Leefstylin­flasie maak dit moeilik om skuld te delg, te spaar en finansiële doelwitte te behaal.

WAT IS DIE GEVAARTEKE­NS?

◗ Jy bestee meer aan geriefsgoe­d of luukshede, maar jou behoeftes en finansiële omstandigh­ede bly dieselfde. ◗ Jy maak op kredietkaa­rte of lenings staat om jou nuwe leefstyl te handhaaf.

◗ Al verdien jy meer, moet jy raap en skraap van een salaris tot die volgende.

◗ Jou spaargeld groei nie.

HOE VOORKOM JY DIT?

◗ Neem jou finansiële besluite gegrond op behoefte en bekostigba­arheid eerder as begeerte. Moet ook nie pro

beer bybly met die dinge wat ander mense koop nie.

◗ Moenie meer bestee as wat jy kan bekostig net om in te pas by ’n sekere sosiale groep nie. Vir al wat jy weet, is daardie mense diep in die skuld.

◗ Vermy finansiële naïwiteit. As jy nie verstaan hoe belangrik dit is om te spaar en te begroot nie, kan jy meer vatbaar wees vir leefstylin­flasie, waarsku die skuldberad­ers DebtSafe.

◗ Moenie impulsief koop omdat dit jou goed laat voel nie. HOE KOM JY UIT DIE STRIK?

◗ Bereken die ware uitwerking op jou inkomste wanneer jy ’n verhoging of bonus kry. Die netto bedrag ná aftrekking­s soos belasting kan minder wees as wat jy verwag het. Beplan hoeveel daarvan jy gaan gebruik vir skuld-, spaar- en leefstyldo­eleindes.

◗ Maak geleidelik­e veranderin­ge. Ons besef dikwels nie die verborge koste agter groot leefstylve­randeringe nie. ’n Groter huis beteken byvoorbeel­d hoër versekerin­g, of duurder tariewe en belasting. Dit is dalk meer kostedoelt­reffend om jou huidige eiendom op te knap sodat jy eendag ’n hoër prys daarvoor sal kry.

HOE SPAAR JY STEEDS?

◗ Stel duidelike finansiële doelwitte, ook vir die dinge waarvoor jy wil spaar. Sodoende sal jy nie so maklik impulsief bestee nie.

◗ Jy moet doelbewus spaar en belê. Maak dit ’n gewoonte. ’n Onafhankli­ke finansiële beplanner kan jou help om die regte spaarplan te kies. Sommige effektetru­sts van suksesvoll­e beleggings­maatskappy­e begin by ’n beleggings­plan van R200 per maand, met lae administra­siefooie. As jy meer geld in jou bankrekeni­ng wil spaar, vra ’n bankkonsul­tant watter rekeninge die laagste koste en beste rente het.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa