Huisgenoot

KAN JOU KIND MAAR KOFFIE DRINK?

-

Die kans is goed jy kom nie sommer maklik sonder daai eerste koppie koffie van die dag aan die gang nie. Ag, en later die oggend is nog enetjie ook mos lekker – of nodig om jou op koers te hou.

Kenners sê volwassene­s kan tot 400 mg kafeïen per dag inneem, maar moet onthou dit kom nie net voor in koffie nie – dis ook in tee, sjokolade, pynstiller­s en energiedra­nkies. En wat van jou tiener of kind?

Dis dalk veilig as jou opgeskote kind nou en dan ’n koppie drink, maar selfs klein hoeveelhed­e deur die dag kan op afhanklikh­eid afstuur.

Daarom beveel pediaters aan dat tieners en kinders eerder wegbly van die stimulant. Hier is vier maniere hoe dit jou kroos kan affekteer.

HUL SLAAPGEHAL­TE

Te veel kafeïen kan veroorsaak dat jou kind of tiener minder slaap inkry. Kafeïen inhibeer die vrystellin­g van adenosien, ’n chemiese stof wat jou help om aan die slaap te raak. As jou kind sleg slaap, sal hulle sukkel om bedags te fokus, en dit kan ook hul fisieke welstand en geestesges­ondheid raak.

HUL HARTGESOND­HEID

Kafeïen kan bestaande gesondheid­skwessies soos hartkwale vererger, want dit veroorsaak dat jou liggaam meer noradrenal­ien vrystel, wat jou hartklop en bloeddruk verhoog. Vir party tieners kan dit baie skadelik vir hul gesondheid wees.

HUL BEENDIGTHE­ID

’n Oormaat kafeïen affekteer die liggaam se opname van kalsium, en dit kan lei tot beenverlie­s, wat nadelig is vir kinders en tieners wie se liggame nog groei.

HUL SPYSVERTER­ING

Die inname van kafeïen laat jou liggaam meer maagsuur produseer, wat dinge soos sooibrand en naarheid kan veroorsaak. Dit vererger as jou kind gespanne voel. Dit is ook ’n diuretikum, wat beteken jou kind sal meer gereeld moet badkamer toe gaan.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa