Huisgenoot

Nuut op die kassie

Van skreeusnaa­ks tot skokkend – hierdie flieks en reekse op die kleinskerm is trots Suid-Afrikaans

-

Deur LUCIA POOLMAN & ELRI BOUCHER ONS MENING

Wie raak nou nie opgewonde wanneer daar van trou gepraat word nie? Veral in Brakpan. Die fliek Brakpan-bruilof is een van kykNET se flieks met Willie Esterhuize­n as die skrywer en regisseur.

Dit gaan oor Aletta (Lara Lourens) wat met alle mag wil trou voor sy 30 word. Sy is behep met werklikhei­ds- en maatsoekpr­ogramme en kan alles vir jou vertel van Boer soek ’n vrou (sy het immers drie keer ingeskryf), Op my eish! en Amerikaans­e treffers soos Love is Blind en Say Yes to the Dress.

Sy het haar visier ferm op die werktuigku­ndige

Boetie Bouwer (Kaz McFadden), en sy gaan hom kansel toe sléép as sy moet.

Die fliek is tipies wat jy van Willie kan verwag, en laat jou terugdink aan reekse en flieks soos Orkney snork nie. Daar is ’n paar kwinkslae en grappies wat jy gaan geniet of wat jou jou oë gaan laat rol, maar dit bring tog nostalgie terwyl dit ook wys die lewe is nie altyd so maklik soos werklikhei­dsreekse dit laat lyk nie.

Jy hoef glad nie te veel te dink terwyl jy dit kyk nie, maar luister ’n bietjie na al die karakters se kleurryke byname – dit klink soos ’n fliek op sy eie.

Diewoorde Die woorde vanMarno van Marno vanderMerw­e van der Merwe se karakter aan die einde is stroperig, maar sluit die fliek perfek af. En die duik in Boetie se blou Bantambakk­ie is so tipies – hy werk met ander se karre, maar syne het ’n hou weg. Nes sy ego nadat dat sy meisie hom verkul.

■ BRAKPAN-BRUILOF WORD SATERDAG 30 0 MAART OM 20:00 OP KYKNET (DSTV-KANAAL 144) UITGESAAI. TGESAAI.

 ?? ?? HOOFFOTO: Lara Lourens (middel)del) in die hoofrol as die bruid, Aletta, saam am met haar ma (links, ks, gespeel deur Nataania van Heerden) en n haar beste vriendin (Ilke König). REGS: Kaz McFadden as Boetie Bouwer.
HOOFFOTO: Lara Lourens (middel)del) in die hoofrol as die bruid, Aletta, saam am met haar ma (links, ks, gespeel deur Nataania van Heerden) en n haar beste vriendin (Ilke König). REGS: Kaz McFadden as Boetie Bouwer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa