Huisgenoot

SRI LANKAANSE HOENDERKER­RIE

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING EN GAARMAAK: 1 UUR

-

3 knoffelhui­sies, geskil

2 groot (400 g) bruin-uie, gehalveer

5 cm-stuk vars gemmer, geskil en in skywe gesny

1,6 kg hoender (sien wenk)

60 ml (¼ k) ekstrasuiw­er olyfolie

2 takkies kerrieblar­e, gestroop

15 ml (1 e) kerriepoei­er

5 ml (1 t) brandrissi­evlokkies

1 x 400 g-blik fyngekapte tamaties

1 x 400 ml-blik klappermel­k 15 ml (1 e) suiker 10 ml (2 t) sout

VIR VOORSIT

gestoomde rys of rysvermice­lli-noedels Asiese groente lemmetjiew­iggies

1 Plaas die knoffel, uie en gemmer in die bak van ’n voedselver­werker en pols tot fyn. 2 Sny die hoender met ’n swaar mes of kombuisskê­r in 10 stukke. Ons het die volgende gebruik: twee boudjies, twee dye, twee vlerkies en twee halwe borsies aan die been, elkeen oorkruis middeldeur gesny. 3 Verhit 15 ml (1 e) van die olie in ’n groot swaarboomp­an oor matige hitte. Braai die helfte van die hoenderstu­kke met die velkant na onder tot bruin. Skep in ’n bak. Herhaal met nog 15 ml (1 e) van die olie en die oorblywend­e hoender. Skep in die bak.

4 Plaas die oorblywend­e olie, die uiemengsel en kerrieblar­e in die pan en roerbraai tot sag en geurig. Voeg die kerriepoei­er en brand rissievlok­kies bye n roerbraai nog 1 min. of tot goed gemeng. Skep die hoender, behalwe die borsstukke, terug in die pan saam met enige sappe in die bak. Voeg die tamaties, klappermel­k, suiker en sout by, bring tot kookpunt en laat prut 20 min. oor matig-lae hitte. Voeg die borsstukke by en laat prut nog 10 min. of tot die hoender tot op die been gaar is. Roer gereeld sodat die sous nie aan die bodem van die pan kleef nie.

5 Vir voorsit Sit die kerrie voor saam met die rys of rysvermice­lli-noedels, Asiese groente en lemmetjiew­iggies. Die kerrie kan gevries word. Dit is nie geskik vir mikrogolf nie.

 ?? ?? SRI LANKAANSE HOENDERKER­RIE
SRI LANKAANSE HOENDERKER­RIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa