Huisgenoot

VROLIKE VOETE

Prettige sokkies van breidraad wat pragtig gekleurde strepe vorm

-

BELANGRIK

Tensy die aanbevole breidraad gebruik word, kan Saprotex nie verantwoor­delikheid vir die eindproduk aanvaar nie.

LET WEL

Die aanwysings word vir die kleinste grootte gegee, met die groter groottes tussen hakies; waar net een getal gegee word, verwys dit na al die groottes.

BENODIGDHE­DE

Elle Socks ’n More – Bon Voyage (100 g-bol): 1 bol in die kleur van jou keuse (ons het Rainbow Mountain 500 gebruik)

Stel knoplose breipenne elk van 2,75 mm en 3,25 mm

GROOTTE

Pas vir skoengroot­te:

Kind 6-8(9-12;13-3) Volwassene 4-6(7-9;10-12) Lengte tot by hak: ±14(17;19;22;24;27) cm (verleng of verkort waar aangedui word)

SPANNING

32 ste en 42 rye = 10 cm oor koussteek met 2,75 mm-penne. Vir die beste resultate is dit noodsaakli­k om die regte spanning te verkry.

As daar te min steke in die toetslappi­e is, gebruik dunner penne; as daar te veel steke is, gebruik dikker penne.

LET WEL

As jy die streeppatr­one wil laat ooreenstem, moet jy op dieselfde plek in die kleurvolgo­rde begin. Dit kan ’n vermorsing van breidraad veroorsaak.

Ons het nie die kleure laat ooreenstem vir dié projek nie.

OM TE BREI Maak 2

Beg aan bokant met knoplose penne van 3,25 mm en stel 48(52;60;60;68;72) ste soos volg op: 16(16;20;20;24;24) ste op 1e en 2e penne en 16(20;20;20;20;24) ste op 3e pen.

1e rdte: Ra, aw2, (ra2, aw2) tot by laaste st, ra.

Her dié rdte, met ra op ra ste en aw op aw ste, tot werk 9(10;12;14;16;18) cm lank is.

Vlg rdte: Vermeer 1 st aan weerskante in rdte [= 50(54;62;62;70;74) ste].

Fatsoeneer hak

Vlg rdte: Ra 11(14;14;15;18;19) ste, gl laaste 6(3;7;6;7;6) ste van 1e pen op beg van 2e pen, maak 1(0;0;1;0;1) st, pat tot daar 15(15;19;19;19;19) ste op 2e pen is, met 3e pen, pat tot daar 15(11;15;15;15;19) ste is [= altesaam 30(26;34;34;34;38) ste op 2 penne vir middelvoet], met ’n 4e pen, maak 1(0;0;1;0;1) st, ra oorblywend­e 10(14;14;14;18;18) ste en met dieselfde pen, ra 11(14;14;15;15;18;19) ste van 1e pen [= 22(28;28;30;36;38) ste vir hak].

Brei nou oor hak-ste in rye soos volg:

1e ry: VKV, gl 1, aw tot by laaste st, r1.

2e ry: Gl 1, ra tot by laaste st, r1. Her laaste 2 rye nog 6(7;8;9;9;10) keer, dan 1e ry nog 1 keer, eindig dus met VKR.

Vlg ry: Gl 1, ra 14(17;17;19;22;23) ste, r2tes adl, r1, draai [= 21(27;27;29;35;37) ste].

Vlg ry: Gl 1, aw9(9;9;11;11;11) ste, aw2tes, aw1, draai [= 20(26;26;28;34;36) ste].

Vlg ry: Gl 1, ra 10(10;10;12;12;12) ste, r2tes adl, r1, draai [= 19(25;25;27;33;35) ste]. Gaan so voort met een st meer voor elke verminderi­ng tot 16(18;18;20;22;22) ste oorbly (wanneer jy nie meer 3 ste oor het om te brei aan die einde van die ry nie, brei die laaste 2 ste tes sonder ’n randst), eindig met VKR.

Vlg ry: Gl 1, ra tot einde.

Gl die 30(26;34;34;34;38) ste vir middelvoet op een pen.

RKV, gebruik pen waarop 16(18;18;20;23;23) ste vir hak is, tel op en r9(10;11;12;12;13) ste eweredig aan syrand van hak, met 2e pen, pat oor 30(26;34;34;34;38) ste vir middelvoet, met 3e pen, tel op en r9(10;11;12;12;13) ste eweredig aan ander syrand van hak, dan r8(9;9;10;11;11) ste van 1e pen [= 64(64;74;78;80;86) ste].

LET WEL Jou werk lyk dalk skeef deurdat regs rdtes agter in die steek gebrei word, maar dit sal gelyk trek wanneer die sokkie aan die voet is.

Fatsoeneer middelvoet

1e rdte: Ra 17(19;20;22;23;24) ste, pat 30(26;34;34;34;38) ste, ra 17(19;20;22;23;24) ste.

2e rdte: Op 1e pen, ra tot by laaste 2 ste, r2tes adl, pat oor ste op 2e pen, op 3e pen, r2tes adl, ra tot einde [= 62(62;72;76;78;84) ste].

Her 1e en 2e rdtes tot 50(52;60;62;64;70) ste oorbly. Gaan nou in rdtes van pat voort tot voet ±10(13;15;18;20;23) cm van agterkant van hak is (die lengte van die voet kan hier aangepas word, met 4 cm vir toonfatsoe­nering toegelaat).

Fatsoeneer toon

Gaan oor na knoplose penne van 2,75 mm.

Vlg rdte:

1e pen: R12(13;15;15;16;17) ste, 2e pen: R26(26;30;32;32;36) ste, 3e pen: R12(13;15;15;16;17) ste. Vlg rdte: Aw.

1e rdte: R tot by laaste 3 ste op 1e pen, r2tes, r1, op 2e pen, r1, GRTO, r tot by laaste 3 ste, r2tes, r1, op 3e pen, r1, GRTO, r tot einde [= 46(48;56;58;60;66) ste].

2e rdte: R.

Her 1e en 2e rdtes tot 22(24;32;34;36;42) ste oorbly, her dan 1e rdte twee keer [= 14(16;24;26;28;34) ste].

Met 3e pen, r ste op 1e pen [= 6(8;12;12;14;16) ste op een pen en 8(8;12;14;14;18) ste op ander pen].

AFWERKING

Werk alle los breidraadp­unte aan verkeerde kant van werk in. Dop sokkie versigtig na regte kant om deur die werk tussen die 2 penne deur te druk.

Maas die ste van albei penne tes of heg af deur een st van elke pen tes te brei, maar onthou die 1e, 4e en 6e groottes het nie ooreenstem­mende randste op die ander pen nie.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa