Huisgenoot

MY HART IS STUKKEND OOR MY VRIENDIN

-

Vandag is my vriendin se begrafnis. Ek weet nie of ek die reg het om te gaan nie.

Sien, ons was jare lank vriendinne en sowat drie maande gelede het ons ’n lelike misverstan­d gehad. So erg dat ons vriendskap gesneuwel het. Ek was so vies dat ek geweier het om enige oproepe van haar te beantwoord of afsprake na te kom. Sy het ná ’n ruk opgehou om na my uit te reik. Ek was so gekrenk in my eer en het ’n lelike houding ontwikkel as ’n sogenaamde slagoffer.

Tot my groot skok is my vriendin in ’n motorongel­uk dood en sedertdien het ek ’n skuldgevoe­l so groot soos ’n berg binne my. Die besef dat ek nooit toegelaat het dat ons vrede maak nie, breek my. Hoe leef ek vir die res van my lewe met my gewete? Help my, asseblief; ek slaap nie en huil heeltyd.

Die heel eerste stap wat jy neem, is in jou geval ook die belangriks­te stap: Jy moet jouself vergewe. As dit nie gebeur nie, gaan niks kan beter raak nie.

Jy as mens is feilbaar, maak foute en beland soms in slegte situasies. Soms hanteer ’n mens dit baie verkeerd. Uit hierdie situasie leer jy ook heelwat oor jouself, al is dit pynlik.

Ek is jammer oor jou vriendin se afsterwe. Jy het ’n moeilike tydjie voor jou, want jy rou oor haar, maar het ook ’n skuldgevoe­l. Dis nie maklik nie. Jou vriendin het vrede gehad oor jul probleem; daarom het sy probeer uitreik.

As jy voel die emosionele pyn is te groot en jy begin depressief voel daaroor, raai ek aan dat jy ’n berader spreek wat vir jou hanterings­meganismes sal leer om jou te help. Sterkte vir jou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa