Huisgenoot

JOU STERRE

- RAM 21 MAART – 19 APRIL

Hoewel Venus, wat op die 5de by jou teken inbeweeg, en die nuwemaan op die 8ste dui op ’n nuwe begin, kan jy nie ontsnap van die knaende gevoel dat alles nie pluis is nie. Dit kan moeilik wees om jou vinger te lê op presies wat die probleem is. Op die oomblik is alles dalk nog in jou onderbewus­te en moet dit nog na die oppervlak kom.

BUL 20 APR – 20 MEI

Jy sal baie baat vind daarby om laag te lê. Nie net beweeg jou heersende planeet, Venus, in ’n area van jou horoskoop in wat ek-tyd voorstel nie, maar die kombinasie van Mars en Saturnus in jou vriendskap­shoroskoop op die 10de dui daarop jy is vir eers op jou eie. Pleks van kla oor vriende wat nie daar is vir jou wanneer jy hulle nodig het nie, fokus eerder op die ontwikkeli­ng van selfstandi­gheid.

TWEELING 21 MEI – 20 JUN

Wees voorbereid op ’n wekroep wat jou profession­ele lewe betref. Dis nie goeie of slegte nuus nie, maar sal in pas wees met die moeite en harde werk wat jy die afgelope paar maande ingesit het. As dit na die kant van bevorderin­g leun, sien dit as ’n beloning vir werk wat goed gedoen is. As dit die einde van die pad aandui, aanvaar dit met grasie.

KREEF 21 JUN – 21 JUL

Jy het heelwat sosiale verpligtin­ge, en dit veroorsaak dalk spanning vir iemand wat eintlik ’n huishoende­r is. Met die nuwemaan op die 8ste wat in jou loopbaanho­roskoop val, is dit tyd om die sjarmekran­e oop te draai en jou bes te doen om ’n indruk te laat. Die moontlikhe­id van ’n regstryd kan nie uitgesluit word nie. Hopelik hou dit nie verband met ’n gevestigde vennootska­p nie.

LEEU 22 JUL – 22 AUG

Jou werk gaan jou na vreemde lande of mense lei, so as ’n geleenthei­d opduik om te reis, gryp dit met albei hande aan. Dit kan ook daarop dui dat jy oor die algemeen bekom

merd is oor wat tans in die wêreld aangaan. Moet dus nie skaam wees om jou mening te lug nie. Alles lei in hierdie tyd terug na geld: wat besit word en wat verskuldig is tussen jou en jou lewensmaat.

MAAGD 23 AUG – 22 SEP

Jy sal waarskynli­k ’n paar moeilike keuses oor sakeen/of persoonlik­e vennootska­ppe en verhouding­s moet maak, iets wat dalk nou voel soos ’n swaar las om te dra. Dink hieraan as ’n tydperk om alles ’n bietjie in heroënskou te neem en om die nodige veranderin­ge aan te bring om die aard van sulke verbinteni­sse te weerspieël. ’n Liefdesver­houding gaan binnekort na ’n nuwe en baie intiemer vlak geneem kan word. Geluk.

WEEGSKAAL 23 SEP – 22 OKT

Met jou heersende planeet, Venus, wat op die 5de in jou liefdeshor­oskoop inbeweeg, is die tema in jou liefdeslew­e tans een van vernuwing, of dit nou ’n nuwe of ’n bestaande liefdesbel­angstellin­g is. Dit kan maklik jou aandag van ander dinge aflei, terwyl ’n uitdagende aspek by die werk op die 10de jou fokus vereis. Skuif die muisneste opsy.

SKERPIOEN 23 OKT – 21 NOV

Jy gaan voor ’n moeilike uitdaging te staan kom, maar gelukkig gebeur dit in jou element, water, wat jou die ruimte gee om te onderhande­l. Die afbakening van grense kom nou sterk na vore, en die stel van strenger riglyne eerder as ’n verslappin­g is belangrik. Neem ’n doelbewust­e besluit om gesonder en meer holisties te leef tot voordeel van jou lyf. ’n Bietjie selfdissip­line sal baie vrugte afwerp.

BOOGSKUTTE­R 22 NOV – 20 DES

Wat ook al jou ouderdom of jou leefstyl, dit lyk of jy deur ’n ervaring gaan wat jou na die werklikhei­d terugbring. Dit kan nodig wees om alles uit te gooi en oor te begin. Fokus dan liewer op dít wat noodsaakli­k is om ’n stewige nuwe fondament te lê. Jy kan nietemin uitsien na ’n paar prettige oomblikke. Wees dus ontvanklik vir liefde, romanse en goeie tye.

STEENBOK 21 DES – 20 JAN

Jy het heelwat besluite om te neem aangesien die proaktiewe Mars op die 10de by jou heersende planeet, Saturnus, aansluit. Daar is geen skuilplek van hierdie kombinasie nie. Dit beïnvloed waarskynli­k ook jou gesins- en huishoudel­ike lewe, so dis ’n goeie tyd om die werklikhei­d in die oë te kyk. As dit die hoogtepunt is van iets waarvoor jy beplan het, neem daardie volgende stap.

WATERDRAER 21 JAN – 18 FEB

Jy haat dit om in die kollig te wees, maar alle oë is nou op jou gerig. Jy word aarde toe gebring, maar genadiglik met ’n sagte landing. Praktiese kwessies en oplossings oorheers jou lewe, en daar is min tyd vir dagdroom. Dit kan moeilik wees om finansiële kwessies te hanteer, maar dit is ’n belangrike rat in die wiel van die lewe vorentoe.

VISSE 19 FEB – 20 MRT

As jy die soort Vis is wat daarvan hou om te droom, lyk die wêreld na ’n moeilike plek. Die kombinasie van die vurige Mars en die beperkende Saturnus in jou teken op die 10de dui daarop dat dit tyd is om ’n paar strukture in plek te stel. Al is dit dalk vir jou ’n groot uitdaging, is dit nie iets waarvan jy maklik kan ontsnap nie.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa