Huisgenoot

Nuwe musiek

Justin Timberlake en NSYNC, Meghan Trainor en ’n plaaslike amapianotr­effer versprei soos ’n veldbrand op sosiale media

- Saamgestel deur ELRI BOUCHER

TERUG IN DIE KOLLIG

Daar is darem niks so lekker soos ’n goeie reünie van ou vriende nie. Justin Timberlake en NSYNC het verlede jaar hul aanhangers behoorlik bederf toe hulle ná twee dekades ’n nuwe enkelsnit, “Better Place”, uitgereik het. Dit was deel van die animasiefl­iek Trolls Band Together se klankbaan. Dié enkelsnit het blitsvinni­g opgang op die trefferlys­te gemaak en ’n groot gunsteling onder luisteraar­s geword.

In Maart vanjaar het Justin sy aanhangers by een van sy optredes in Los Angeles verras deur sy NSYNC-kamerade te nooi om by hom op die verhoog aan te sluit. Die gehoor het hulle byna hees geskree en heerlik saamgesing toe die groep hul ikoniese liedjie “Bye Bye Bye” gesing het.

Die kersie op die koek was egter toe hulle hul splinternu­we enkelsnit, “Paradise”, vir die eerste keer saam met Justin gesing het. Die gehoor was meegevoer deur dié nuwe liedjie wat tans op Justin se jongste album, Everything I Thought It Was, beskikbaar is.

Dis ’n liedjie wat op die oomblik almal aan die gons het.

Daar is reeds sprake dat “Paradise”, nes “Better Place”, op trefferlys­te soos die Billboard Hot 100 gaan pronk.

In vergelykin­g met “Better Place” is “Paradise” ’n rustiger liedjie, amper soos ’n soort popballade. Dit het steeds ’n sterk ritme, maar dit stel die groep se stemme en harmonieë beter ten toon. Eindelik bring dit die tipiese nostalgie van ’n boyband-liefdeslie­djie terug.

Een van NSYNC se lede, Lance Bass, vertel “Paradise” het ’n besonderse effek op sy ma gehad toe sy dit die eerste keer gehoor het. “Dit het haar diep geraak,” sê hy. “Ons het dit laas jaar opgeneem saam met ‘Better Place’ en dit was bitter moeilik om dit vir onsself te hou. Dis so ’n spesiale lied – een van my gunsteling­e wat ek tot dusver opgeneem het. My ma het in trane uitgebars toe sy dit gehoor het. En as my ma dit goedkeur, dan weet ek dit gaan ook deur ons aanhangers goed ontvang word.”

Justin sê dis ’n wonderlike ervaring om ná al die jare weer saam met sy “NSYNCbroer­s” te sing. “Ons het soveel pret saam, en dit voel asof ons net weer dinge kon optel waar ons dit gelos het.”

 ?? ?? NSYNC het onlangs ’n nuwe enkelsnit, “Paradise”, saam met Justin Timberlake gesing.
NSYNC het onlangs ’n nuwe enkelsnit, “Paradise”, saam met Justin Timberlake gesing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa