Alles oor AI
Ons vertel jou alles wat jy moet weet oor kunsmatige intelligensie gensie
’NMENS hoor en lees deesdae baie oor kunsmatige intelligensie, nsie, oftewel AI. Die rede ede hiervoor is dat dit it ’ ’n n tak van die rekenaarwetenskap-tegnognologie is wat blitsvinnig groot spronge onge maak. Byna elke week hoor ons van nuwe dinge wat AI baasgeraak het. .
Dit is baie opwindend, maar wat t presies is AI? Wat kan dit doen? En hoekom ekom is sommige mense opgewonde daaroor aroor en ander bang oor wat dit vir die mens inhou?
WAT IS AI?
As jy so ’n bietjie verstaan hoe jou liggaam werk, sal jy seker weet dat jou brein in beheer van alles is. Niks gebeur sonder dat ons brein iets daarmee te doen het nie. Of dit nou beweging of asemhaling, ruik of proe, of selfs dink en leer is – ons brein gee die bevele wat alles laat gebeur, selfs die dinge waaraan ons nie hoef te dink nie.
Op dieselfde manier is AI soos die brein van
’ n rekenaar. Dit maak dit vir die rekenaar moontlik om dinge onafhanklik te doen,
Net soos jou brein jou liggaam se “baas” is, kan ons AI beskou as ’n rekenaar se baas.
sonder dat ’n mens instruksies hoef te gee. Sommige basiese dinge wat AI kan doen, is om taal te lees en te verwerk, probleme op te los, en selfs te leer uit inligting wat dit op die internet kan vind.
Ons kan ook sê dat AI vir ’n rekenaar die vermoë is om denke en die leerproses na te boots. Trouens, die doel van AI is om rekenaars te skep wat kan “dink” soos mense dink. Party mense beskou AI as ’n volgende fase in evolusie.
HOE WERK AI?
Waar ons menslike brein voortdurend kan leer en aanpas, is AI maar net so slim sslim soos die datawat data wat dit ontvang. ontvang Hierdie data word gewoonlik verskaf in die vorm vo van reke
naarprogramme wat deur menslike mens programmeerders mmeerders geskryf is.
Die meeste AI-stelsels het toegang toeg tot groot hoeveelhede hhoeveelhede inligting, en hulle kan k hierdie inligting liigting baie vinnig verwerk, amper ampe soos Google lee in staat is om die hele internet te fynkam vir onderwerpe oonderwerpe wat jy in ’n kwessie van v sekondes soek. ssoek. Verbeel jou net hoe dit sou wees as ons mense m ook so blitsvinnig vir toetse kon leer soos s wat Google antwoorde kan vind. Kom ons kyk gou na die drie soorte leerpro
sesse wat by AI betrokke is: masjienleer, diepleer en die verwerking van natuurlike taal. Masjienleer maak dit vir rekenaars moontlik om dinge te leer ongeag of hulle geprogrammeer is om dit te doen of nie. Algoritmes (stap-vir-stap-instruksies vir rekenaars wat verduidelik hoe om ’n taak te verrig) is ontwerp om data te ontleed, en hulle kan leer om patrone in hierdie data te identifiseer. Sodra hierdie patrone aangeleer is, het die rekenaar die vaardigheid om voorspellings of besluite op grond daarvan te maak.
’n Praktiese toepassing van hierdie tipe leer is in selfbesturende karre, wat die vermoë het
om voorwerpe en beelde (soos padtekens, verkeersligte en ander karre) te identifiseer en besluite te neem oor die beste manier om verby hulle te navigeer.
Diepleer is ’n AI-metode wat rekenaars leer om inligting te verwerk op ’n manier soortgelyk aan dié van die menslike brein. Soos ’n kleuter kan leer wat ’n hond is deur met die vingertjie na verskillende voorwerpe te wys en by die grootmense te hoor of dit ’n hond is
of nie, so kan ’n masjien leer om sekere voorwerpe van ander te onderskei. As ons bestuurderlose karre as voorbeeld gebruik, beskryf dit die kar se vermoë om die verskil tussen ’n voetganger en ’n lamppaal te onderskei. Dis ’n belangrike vaardigheid om te hê.
Natuurliketaalverwerking is ’n gebied van die rekenaarwetenskap wat op die interaksie tussen rekenaars en menslike tale fokus. Jy het dit dalk al teëgekom deur aanlyn interaksie met ’n kletsbot ( chatbot). So ’n kletsbot kan jou behoeftes verstaan en daarop reageer danksy natuurliketaalverwerking- algoritmes wat menslike tale ontleed, verstaan en reaksies in menslike taal skep met antwoorde op jou aanlyn vrae.
VOORBEELDE VAN AI
Hier is ’n paar voorbeelde van werklike kunsmatige intelligensie wat reeds deel van ons lewe is. Stroomdienste soos Netflix gebruik AI om programme en flieks aan te beveel waarvan ons dalk sal hou. Deur data te ontleed soos watter programme ons al gekyk het en waar ons woon, kan die AI raaiskote waag oor wat ons heel moontlik sal geniet. Hierdie beginsel geld ook vir handelsplatforms soos Amazon of Takealot, wat voorstelle maak op grond van ons soektog- en aankoopgeskiedenis. Navigasie-apps soos Google Maps gebruik AI om reisroetes uit te stip. Die app se vermoë om regstreekse data soos verkeerstoestande en weer te ontleed, l stel dit in staat om die vinnigste v en gerieflikste rit voor v te stel gegrond op al die huidige h inligting. Stemassistente soos Siri van Apple en Alexa van Amazon kan stemopdragte verstaan en daarop reageer.
Soos met enige nuwe ontwikkeling in die geskiedenis van die wêreld, is daar twee kante aan AI – een wat nuttig en belangrik is vir ons ontwikkeling as mense, en ’n ander kant wat baie mense bekommerd maak.
VOORDELE
Daar is baie voordele aan AI, en ons sal sekerlik mettertyd nog baie meer ontdek. Sommige hiervan sluit in AI se vermoë om vinnige, goeie besluite te neem; die feit dat AI altyd beskikbaar is en nie pouses, siekverlof of vakansies nodig het nie; ook kan AI ons aanlyn ervaring persoonliker maak deur vir ons te wys wat ons heel waarskynlik sal wil sien; AI kan
menslike foute uitskakel; vinnige en gevorderde data-analise doen; werk beter laat vloei; en die stelsel is oukei daarmee om vervelige, herhalende take te verrig.
NADELE
As ’n masjien, robot of rekenaarprogram iets beter as ’n mens kan doen, bestaan die gevaar dat daardie mense uit hul
werk verdring kan word. Ál meer werkgeleenthede gaan so vir mense verlore, en kenners meen dit gaan selfs nog algemener word. Veiligheidsrisiko’s en bedreiging van pri
vaatheid is nog bekommernisse, veral omdat AI soveel inligting moet ontleed om behoorlik te kan werk. Wat ons doen, waarheen ons gaan, waarvan ons hou – dit is alles privaat inligting wat oor ons ingesamel kan word. Laastens is die vraag of ’ n AI- stelsel ooit
werklik skeppend kan wees? Sal dit teenoor mense empatie kan betoon? Ons menslikheid, vriendelikheid en warmte onderskei ons van masjiene. Maar hoe lank sal dit nog die geval wees?