Huisgenoot

OUPA EN OUMA SIT OP DIE . . . TIKTOK

Die Le Granges van Grootwater­val in die Karoo vertel hoe hulle onverwags bekroonde TikTok-sterre geword het

- Deur PIETER VAN ZYL Foto’s: ER LOMBARD

TUSSEN die blink rokke en flitsende ligte van Netwerk24 se onlangse Smaakmaker- toekenning­saand staan ’n vriendelik­e oom en tannie. In ’n see van jong TikTokkers en uitbundige influencer­s gaan hulle rustig hul gang – hy met sy donker baadjie en grys hare; sy met haar bruin krulle en stringetji­e pêrels.

Danie en Narina le Grange het pas die prys gewen in die kompetisie se landboukat­egorie. Hulle staan effens verskrik langs mekaar in die kollig op die podium, amper verbaas oor die moderne trofee in die vorm van ’n hutsmerk.

“Vertel vir die mense ons is gewone plaasmense,” smeek Danie toe Huisgenoot later by hulle op die plaas gaan kuier. “Gewone plaasmense wat die mooi en lekker wat ons sien en beleef met ander wil deel.”

Wanneer hulle stories van hul omgewing op TikTok, Instagram en Facebook deel, is dit gestroop van tierlantyn­tjies soos ’n selfiestok en kringligte. Die enigste lig is van die son of die maan. En dikwels sal ’n glas op die tafel, ’n draadheini­ng se stutpaal of selfs die voorkant van die plaasbakki­e se enjinkap diens doen as ’n foonstaand­er.

Die fokus van hul video’s is hul lieflike Karooplaas, Grootwater­val – ’n bok-enskaappla­as van 7 500 ha wat op sosiale media as @grootwater­val te vinde is.

Die 65-jarige egpaar het meer as ’n jaar gelede begin om video’s te maak om hul plaas en omgewing te bemark.

“Mens kom dadelik agter wie die mense is wat hier hoort,” vertel Danie. “Hulle vra uit oor die natuur – die plante en diere en die geskiedeni­s van die plaas.”

So iemand was Petrumarié Jacobs van Johannesbu­rg wat ’n bietjie meer as ’n jaar gelede een van die gaste op die plaas was. Sy is ’n verkoper van IT-stelsels.

“Sy het vir ons gesê ons adverteer nie reg nie, ons moet op sosiale media kom, en dat sy sal help. Sy het haar woord gehou. Tot nou toe nog,” sê Danie.

Die eerste twee maande het sy oor die selfoon vir hulle leiding gegee oor hoe om video’s te neem op hul foon.

“Ons stuur ons video’s vir haar, en sy edit dit en plaas dit met musiek op TikTok en die ander platforms,” sê Narina.

“Ons het in Maart verlede jaar ons eerste TikTok geplaas.”

Dit was van gaste se dogtertjie wat ’n lammetjie voer met ’n bottel. En sowaar: Dis 1,2 miljoen keer op TikTok gekyk.

Nog ’n video wat wys hoe hulle op die pad van Prins Albert na hul plaas toe ry, was net so gewild.

Die egpaar was verras toe hulle hoor hulle is ’n finalis in die Smaakmaker­kompetisie. “Dit beteken vir ons baie, want ons was van daardie mense wat bang was vir sosiale media, en nou is dit deel van ons daaglikse roetine,” sê Narina.

Die Le Granges se sukses het ook nou die omliggende buurplase geïnspiree­r om hul wêreld op sosiale media met die res van die land te deel.

DIE pad van Kaapstad tot hier, sowat vyf en ’n half uur later, is uitdagend. Op die Kruidefont­einpad, net voor Beaufort-Wes, draai ’n mens van die N1 af. Van daar is dit 36 km van klipperige grondpad. Die laaste ent op die Seekoegatp­ad is kronkelend. Die wêreld hier is oopgegooi met spits- en tafelkoppe tot by die voordeur van die oase wat as Grootwater­val bekendstaa­n.

‘ONS IS PLAASMENSE WAT DIE MOOI EN LEKKER WAT ONS SIEN MET ANDER WIL DEEL’

Jy kan asemhaal hier.

Om elke hoek en draai is iets mooi genoeg vir ’n video. Van die ontwerpers­laning met olyfbome tot by die goue tint van elke graspol.

Daar is allerlei prettige aanwysings­borde op pad na die plaas toe. By een van die hekke, met ’n boer-maak-’n-plan-oopmaakmeg­anisme sodat jy nie uit jou bakkie hoef te klim nie, staan daar: Onthou, saggies soos ’n seepbal vang, anders gaan die boer jou balle knyp. Hierdie hek word ook in een van hul gewildste video’s gewys – jy hoef nie uit die kar te klim nie, en geen batterye of ander kragbron is nodig om dit oop te maak nie. As jy die rubberbede­kte affêre net reg tref met die kar se buffer, gaan die hek oop. Wanneer jou kar deur is, klap dit weer agter jou toe.

By die opstal getuig sonpanele dat sonkrag hier die beurtkragv­loek omseil. In die huis is twee yskaste, ’n wasmasjien, skottelgoe­dwasmasjie­n, geiser, televisie en strykyster deur die dag aan. Snags bly die ligte aan. In die skeertyd word die masjiene met die hulp van va ’n opwekker a aan die gang g gehou. So ook d die koelkamer v vir die skaapk karkasse wat k koud gehou m moet word. “Ons het nou pa pas ’n rowwe tyd ge gehad met die sk skaapskeer­dery. Hi Hier teen negeuu uur brand mens se vuurtjie al laa laag,” vertel Danie toe hy later ’n pa p a ar sk a aptjop tjoppies en koedoe doewors saam

met Narina se smullekker braaibrood­jies voorsit.

“Wag, ek wil net gou ’n video neem,” sê sy. Maar haar foon lê binne. Op Danie se heup sit nie ’n skietding nie, maar sy selfoon wat hy terstond uitpluk.

“Ek hou hom maar altyd hier op my heup. Ingeval ek iets moois wil opneem.”

Die plaas is vol mooi dinge. Soos die vyf sonpompe, wat water uit die grond suig. Daar is ook windpompe, en altyd skape of bokke iewers in die nabyheid.

Op die mees onverwagte hoekies en draaie het hul jongste kind en enigste dogter, Ismari Stander (27), dekor van haar troue ingespan as houtpadpre­dikante met oulike boodskappe soos: Oh, laat julle vellies draai en laat julle rokkies swaai en wieg julle koppe fraai en laat die wiele draai.

Sy het ook – soos by baie padstalle in die land – poppe gemaak uit afvalmater­iaal soos hout, lap, ou motorbande, draad en geroeste wrakstukke van karre.

By die Grootwater­val-opstal is die selfoonont­vangs verbasend goed. ’n Selfoontor­ing is sigbaar van hier af.

“Die Wi-Fi loop lekker omdat dit dieselfde een is wat die spoedkamer­as op die N1 aan die gang hou,” sê Danie.

Die lewe is idillies hier waar ons op die stoep sit en boorgatwat­er uit blou glasbottel­s drink. Ons sit in die skaduwee langs die klein swembad, omring deur ’n geilgroen grasperk en ruie tuin. Die hitte wat in die 40 grade kan draai, is vinnig iets van die verlede.

’n Bordjie teen die muur sê: Geniet elke oomblik.

DINGE was nie altyd so idillies nie. Die egpaar, wat 38 jaar getroud is, is al deur diep waters. Narina is ’n afgetrede onderwyser­es, oorspronkl­ik van Piketberg in die Swartland – ’n Bolandse nooi wat maar hardkoppig was toe die aantreklik­e boer met die Karoo-aksent by haar begin vlerksleep het. “Haar pa het die motorhawe op hul dorp gehad,” vertel Danie.

Die plaas is stadig maar seker opgebou. ’n Tornado het destyds ’n werkershui­s uitmekaarg­eruk en waterpype en draadheini­ngs uit die grond gepluk.

Die oorspronkl­ike opstal het in 1993 uitgebrand met net die mure wat staande gebly het – al die geërfde houtmeubel­s, Royal Albert-eetstel, alles daarmee heen.

Die groot gronddam het twee keer in twee jaar tydens vloede verspoel. In 2012 die eerste keer, en toe heeltemal in 2014. Nou staan net die sluiswal en gladde klippe waar die water eens geloop het.

“Ek is die vierde geslag, en my seun die vyfde wat hier grootgewor­d het,” sê Danie. Sy oudste seun, Tereblanch­e (34), boer nou saam met hulle op die plaas, terwyl die tweede seun, Marais (30), ’n ingenieur is.

“Ek is op die plaas met die water uit die boorgat gedoop,” sê Danie.

Hier is nou ’n kudde van 600 skape en 500 bokke. Twee sneeuwit alpakkas, Koffiepit en Cremora, jaag die jakkalse weg, met die skaaphond, Ore, wat waghou.

“Daar was nogal aanlyn reaksie sedert ons op sosiale media is,” sê Narina. “Sedert die toekenning kry ons 10 nuwe volgelinge per dag by.”

“Kyk hier, daar is 420 likes sedert gistermidd­ag vyfuur toe ons die nuutste TikToks gelaai het,” wys Danie trots.

En die twee lyk so ingenome soos regte influencer­s, soos mense wat wéét hoe om sinvol op TikTok te boer.

SY IS mal oor die liefde en was nog nooit skaam daaroor nie. Jennifer Lopez het al daaroor gepraat in onderhoude, in ’n hele paar flieks oor die liefde gespeel, en selfs in een van haar trefferlie­djies gesing: My love don’t cost a thing. Maar haar eie liefdesver­haal – van hoe sy en Ben Affleck mekaar ná amper twee dekades uit mekaar weer gevind het – is mooi genoeg as inspirasie vir haar nuwe fliek, This is Me . . . Now: Love Story, en nou ook sy eie dokumentêr.

In haar Amazon Prime-dokkie, The Greatest Love Story Never Told, word elke kronkel in hul liefdespad deurgetrap – en Jen probeer nie wegsteek dat daar ook al stukke grondpad was nie.

“Ek het besluit om my storie wat ek nog met niemand in die wêreld gedeel het nie, te deel,” sê sy in die program. “Ek is al vier keer getroud. Ek is seker mense het al gewonder: ‘Wat is fout met hierdie vrou?’ ”

Jennifer was ’n jaar lank met die model

en akteur Ojani Noa getroud, twee jaar met die danser Cris Judd en 10 jaar met die sanger Marc Anthony. Sy het ook drie jaar lank aan en af met die rapper Sean Combs uitgegaan.

Maar eintlik was daar al die tyd net één vir haar: Ben. En hy speel ook ’n groot rol in haar dokkie. Hy word dikwels beskryf as ’n ou suurknol, want hy lyk altyd so nors en nukkerig wanneer hy saam met sy vrou rondrits. Maar haar dokkie wys ’n ander kant van hul verhouding – en dit wys hy help haar om die pad nie byster te raak nie.

By ’n vertoning van die dokumentêr het Jennifer erken Ben het eers daarteen geskop om by haar nuwe projek betrokke te raak, maar dit toe tóg aangepak omdat dit vir haar so belangrik was.

Hy was eintlik “soortvan die onwillige deelnemer”, het sy erken.

Maar duidelik is hy ’n man wat ook maar swig voor die liefde.

Ben was dalk aanvanklik nie gretig om verfilm te word nie, maar het ingestem omdat dit vir sy vrou spesiaal sou wees.

Hy was verskeur tussen sy behoefte aan privaathei­d kig ook te die hou, sêding erken en sy “happy hy. begeerte Maar wife, Ben om happy Jen ken geluk- seker life”, en swig toe voor Jen se gesmeek. Oor die fliek self sê hy: “Dit gaan nie oor my nie. Dit gaan oor die vermoë om vir jouself lief te wees. En daardie storie is baie moeiliker om te vind as ’n prins op 'n wit perd."

BEN was allesbehal­we daardie sprokiespr­ins toe hy en Jen in 2021 herenig het, maar dit lyk of hul verhouding werk, al is hulle oënskynlik teenpole van mekaar. Miskien is dit omdat hulle so lank op ware liefde moes wag. Dit het hulle immers 20 jaar en vier egskeiding­s – sy een en haar drie – gevat om weer by mekaar uit te kom.

Hulle het in 2002 die eerste keer begin uitgaan, maar in 2004 kort voor hulle sou trou, uitgemaak.

“Ons verhouding het onder al die druk verbrokkel,” het sy aan Variety verduideli­k. “Ons het uit voeling met onsself geraak en

moes uit uitmekaar mekaar gaan, gaan want ons het nie geweet hoe om dit te oorleef nie. Ek moes myself vind en hy moes homself vind.”

In die nuwe dokkie praat hulle ook met mekaar oor daardie tyd. “Ek dink ek was vir baie lank vir jou kwaad,” sê sy voor die kameras vir Ben. “Maar daardie hartseer het ons albei op ’n pad gesit om onsself uit te pluis en beter mense te wees. Ek dink ek het jou volkome vergewe. En ek dink ek moet myself vir goed vergewe.”

Dit is duidelik Ben aanbid die grond waarop sy vrou loop, al verskil hul geaardhede soos dag en nag.

By glansgelee­nthede probeer hy meestal van die kamera wegskram, selfs wanneer sy hom so te sê voor die lens insleep. Maar hy verstaan hoekom sy is soos sy is, sê hy. Hy weet sy is “honger” vir ’n gehoor.

Ben vergelyk Jennifer se smagting om ’n vermaakste­r te wees daarmee om aan drank verslaaf te wees. Net soos ’n alkoholis nie genoeg kan drink nie, kan sy vrou nie genoeg volgelinge hê nie, sê hy.

En hy verstaan maar alte goed hoe verslawing jou kan verteer. Sy vorige huwelik met Jennifer Garner het juis weens sy alkoholism­e op die rotse geloop.

Ben is deesdae ’n geheelonth­ouer en glo hy help sy nuwe vrou om haar drang na roem in toom te hou.

Sy weet ook wat sy in hom het. The Greatest Love Story Never Told is juis genoem na ’n boek wat Ben vir haar gemaak het. Hy het hul liefdesbri­ewe van destyds gehou en vir haar as geskenk gegee toe hulle weer by mekaar uitgekom het.

Baie van die musiek op Jen se nuwe album, This Is Me . . . Now, is ook deur hul briewe van destyds geïnspiree­r.

Party van die liedjieskr­ywers wat saam met haar werk, terg die twee daaroor dat haar nuwe musiek gegrond is op die boek wat Ben vir haar gemaak het. Hulle noem hom selfs nou “Pen Affleck”.

MAAR nie almal glo die duifies koer selfs wanneer die kameras nie loer nie. Daar word gereeld op sosiale media geskinder hul verhouding is ’n foefie. Mense sê Ben lyk dikwels mislik en die twee se vreeslike vryerighei­d in die openbaar is net aansittery.

J.Lo skram nie weg van dié kritiek in

die dokkie nie, en mense wat daarin verskyn, is toegelaat om hul mening te lug.

Die veteraanak­trise Jane Fonda praat openlik oor haar bedenkinge. Sy sê selfs vir haar vriendin sy’s nie altyd oortuig Bennifer is die ware jakob nie.

“Ek wil regtig hê dit moet werk,” sê Jane vir Jen. “Maar ek is besorg. Dit voel te veel of julle iets probeer bewys pleks van dit net te leef. Weet jy, elke tweede foto is van julle wat soen of mekaar omhels.”

Jen lag en antwoord: “Dit is net ons wat ons lewe lei.”

Saam met hul aangelapte gesin – Jen se tweeling by Marc Anthony, Max en Emme, en Ben se spruite uit sy eerste huwelik, Violet, Seraphina en Samuel – doen hulle eintlik graag net doodgewone dinge saam, hou die paar vol.

Jen vertel juis in haar dokkie sy dink haar gelukkige jare het eindelik aangebreek. “Ek’s op p hierdie reis, , en ek p probeer dit uitpluis,” sê sy oor haar ewige soeke na durende liefde.

“Ek voel omdat ek en Ben mekaar herontdek het – en noudat ons getroud is – het ek iets om te bied.”

EERS enkellopen­d, toe verlief, en nou weer enkellopen­d. Alles het so vinnig gebeur. Die een oomblik was sy heel gelukkig op haar eie – op haar “eish”, kan ’n mens byna sê – en die volgende oomblik het sy op die nippertjie besluit sy gaan voor die televisiek­ameras om die akteur Francois Jacobs se hart meeding.

Twee weke later was sy tot haar verbasing smoorverli­ef. ’n Wipwarit het gevolg: liefde, ’n verhouding, die kollig . . . Voor sy haar kon kry, moes sy vrae uit alle oorde aanhoor: Wanneer kom ’n ring? Wanneer kom ’n baba?

En toe, die dag ná Valentynsd­ag, word die ontknoping openbaar: Dis verby; hul verhouding het verbrokkel. “Ons is opreg lief vir mekaar en sal die vriende wat ons in mekaar gevind het vir altyd bewaar,” het die twee in ’n gesamentli­ke verklaring laat weet. In die weke sedertdien was dinge maar swaar. Dit was immers régte liefde, al het hulle mekaar in ’n TV-program, Op my eish!, ontmoet. Wanneer ’n verhouding verbrokkel, is dit seer. “Enige break-up is nie maklik nie, maar ons hanteer dit mooi,” sê Nykie Pretorius nou.

Die twee kan mekaar nie regtig heeltemal die rug toekeer nie: Hulle beweeg in dieselfde kringe vir werk, en Nykie se fotografie­ateljee in Westdene is op dieselfde perseel waar Francois – of Franna, soos sy hom noem – woon. As jy dus gedink het hul verklaring oor hul voortgeset­te vriendskap was net ’n manier om die skinderper­s derpers van hul rug af f te hou, is die antwoord ord nee; hulle gee steeds ds opreg vir mekaar om. m.

“Dit help nie ’ n mens is suur en lelik met mekaar nie; ons het geen rede de om te wees nie, want ant ons is nie lelik uitmekaar ekaar nie.”

Sy sit nie in n sak en as nie; sy is sterk k – sterker as ooit. Sy is besig, ig, sy het drie ondernemin­gs, gs, en dan is daar haar vriende, ende, haar drome, en die twee staffies, Lexi en Tjoppa, wat sy y met Francois deel.

“Ek voel daar ar is twee rigtings waarin jy kan gaan wanneer jy deur eur ’n breakup is: Óf jy kan n in ’n hoekie gaan sit en huil uil en baie jammer vir jouself ouself voel, óf jy kan dankbaar baar wees vir wat jy het t en goed kry wat jou in n die lewe opgewonde e maak. Daar gaan natuurlik tye wees waar aar jy ’ ’n n moeilike dag g het en waar jy hartseer tseer is. Maar dis juis daai dae wat jy moet opstaan, aan die positiewe ewe moet dink, besig moet oet bly en mense om jou u moet hê wat rêrig lief is s vir jou.”

‘DIT WAS LIEFDEVOL, VOL AVONTUUR, VEILIG, GEMAKLIK EN LEKKER’

HIER by Nykie se Penthausat­eljee is dit taamlik bedrywig. Rusbanke word uitgedra, en twee fotograwe groet by die hek. ’n Alledaagse verskynsel. Nykie het pas haar vierde fotosessie vandeeswee­k vir ’n handelsnaa­m afgehandel. “Sommige dae het ek twee shoots per dag en ander dae ’n voldag- shoot.”

Met die trap op praat sy met trots van haar “stukkie geluk” sedert Oktober: talle fotosessie­s en ook ’n troue. Sy besit boonop ’n klerereeks, Boetiek, en ’n velsorgree­ks, Shiek.

Nykie het nog altyd geweet sy is nie een om vir iemand anders te werk nie. “Ek moet my eie besighede hê. Elke liewe dag leer ek ietsie nuut. Elke liewe dag raak ek meer en meer kreatief. Dis vir my lekker, want dit voel asof jy jouself kan uitdaag.”

Dis juis in haar ondernemin­gs wat sy haar energie kanaliseer sedert sy en Francois se paaie geskei het. “Ek wil ’n bietjie meer fokus op dinge wat regtig belangrik is in die lewe en wat my toekoms vorentoe gaan dryf.”

Sy was huiwerig om vandag met Huisgenoot te gesels oor die verbrokkel­ing van hul verhouding. Want, sê sy, daar is nie eintlik veel om daaroor te sê nie. Nie een van hulle het die ander een verneuk nie, wil sy duidelik maak. Half grapperig, maar ook half ernstig.

“Die waarheid is letterlik net: Dit het nie gewerk nie. Ons het hard aan ons verhouding gewerk, maar ons het op ’n punt gekom waar ons besef het dit werk nie meer nie.”

Aangesien hul verhouding uit die staanspoor in die openbare e oog was, het hulle besluit dis net reg om m ’n verklaring uit te reik om m mense van die verbrokkee ling in kennis te stel en ook om seker te maak dat daar ar nie enige vals stories verrsprei word nie.

“Dit is baie moeilik om ’n n verhouding in die kollig te e hê, want almal probeer meenings gee en almal probeer er uitvind wat gaan aan in jullle lewe. Dit maak dit moeiiliker as om net ’n privaat at verhouding te hê, maar ons ns het van die begin af geweet et dit gaan gebeur.

“Wat mense ook nie verrstaan nie, is jy wys wat jy wil il hê hulle moet sien.

Daar is baie wat agter die skerms gebeur wat ons privaat hou. En dis oukei. Ons hoef nie alles te wys nie; ons kon

’n paar dinge vir onsself hou. Ek dink wel in geheel het ons dit baie goed bestuur. Franna het my verskrikli­k baie daarmee gehelp.”

Haar bruin oë helder op toe sy terugdink aan die tyd toe sy en Francois hul verhouding nog geheim moes hou.

Die verfilming van Op my eish! was reeds klaar, hulle was al ’n paartjie, maar die episodes moes nog op TV uitgesaai word en hulle kon nie aan kykers die einde verklap nie.

“Dit was eintlik baie lekker! Die enigste tyd wat ons heeltemal alleentyd gehad het. Die wêreld het nie geweet nie. En ja, dit was soos ’n speletjie: wegkruiper­tjie van die wêreld, basies,” sê sy. “Dit was so lekker, want ons het tyd gehad om mekaar baie goed te leer ken. Dis maar moeilik voor kameras, en dis moeilik om jou tyd met ander mense te deel.”

IN DIE reeks het Francois Nykie tussen ’n klomp meisies uitgekies. Sy is deur die vervaardig­ers genooi om in te skryf. Al wat sy vooraf van hom geweet het, was dat hy die hoofrol, Sampie de Klerk, in Huisgenoot se trefferfli­ek Vir die voëls vertolk het. En ja, sy was oorspronkl­ik skepties oor die hele gedoente, want hulle was taamlik vinnig op haar met die uitnodigin­g. “Hulle het my die Donderdag gevra en Maandag moes ek gaan. Ek het daaroor gebid. Ek het my ma gevra en my pa gevra, en my vriende en familie was baie opgewonde saam met my. Hulle het gesê dis ’n geleenthei­d wat ek nie kan misloop nie.”

Hoewel daar baie mense is wat dink TV-liefde is nie regte liefde nie, was dit vir haar die ware jakob, sê Nykie.

“Julle sien mekaar gereeld en dis hierdie romantiese afsprake, hierdie fantasiewê­reld, maar die emosies wat jy voel, is steeds baie werklik: ’n Mens is rêrig hartseer, jy raak jaloers, jy raak verlief, jy is gelukkig. Dis baie lekker!”

Al is sy en Franna vir eers net vriende, is sy bly oor hul tydjie saam. “Dit was liefdevol, vol avontuur, opwindend, veilig, gemaklik en lekker.”

Op Instagram het hul verklaring klaarblykl­ik die deur effens oopgehou ingeval Kupido hulle weer sou bymekaarbr­ing. “Ons On avontuur is nie klaar nie. Maar vir eers is dit,” het hulle geskryf. Nykie verduideli­k hulle weet is steeds nie lief wat vir die mekaar toekoms en vi vir hulle inhou nie.

“Ons sê nie ons gaan n nooit weer bymekaar w wees nie, want dis onm moontlik om te weet.”

Sal sy weer ’n kans op Eerder liefde re reeks, op maar ’n TV werklikhei­dsliefs waag? nie Sy ’n lief- lag. d desprogram nie. Of dalk, wel. “Mens weet nie wat die Here vir jou beplan nie, en jy weet nie wat die toekoms to inhou nie.”

 ?? ?? ’n TikTok-oomblik. Danie en Narina le Grange klink ’n glasie met sonsonderg­ang op hul Karooplaas.
’n TikTok-oomblik. Danie en Narina le Grange klink ’n glasie met sonsonderg­ang op hul Karooplaas.
 ?? ??
 ?? ?? LINKS: Ore, die skaaphond, loop voor op een van die talle staproetes op die plaas. REGS: Soggens en laatmiddag moet die skape en bokke wat in die “hospitaal” in die voerkraal is kos kry.
’n Hanslam kom soek sy melkbottel. Net reg vir nog ’n TikTok.
LINKS: Ore, die skaaphond, loop voor op een van die talle staproetes op die plaas. REGS: Soggens en laatmiddag moet die skape en bokke wat in die “hospitaal” in die voerkraal is kos kry. ’n Hanslam kom soek sy melkbottel. Net reg vir nog ’n TikTok.
 ?? ?? Danie (LINKS) en Narina (BO) wys veldkos soos Karoo-tamatie en noemnoem in van hul TikToks uit.
Danie (LINKS) en Narina (BO) wys veldkos soos Karoo-tamatie en noemnoem in van hul TikToks uit.
 ?? ?? NOU
Sy vrou, Jennifer Lopez, is so verslaaf aan roem soos wat hy eens aan die bottel was, erken Ben Affleck, maar hy is so lief vir haar, hy het ingestem om deel te neem aan haar nuwe dokkie oor hul liefdesver­haal.
NOU Sy vrou, Jennifer Lopez, is so verslaaf aan roem soos wat hy eens aan die bottel was, erken Ben Affleck, maar hy is so lief vir haar, hy het ingestem om deel te neem aan haar nuwe dokkie oor hul liefdesver­haal.
 ?? ?? REGS: Jennifer beskryf This Is Me . . . Now:
Love Story as “die persoonlik­ste ding wat ek al ooit gedoen het”. HEEL REGS: Ben is kamerasku, maar hy verstaan Jennifer se behoefte om in die kollig te wees.
REGS: Jennifer beskryf This Is Me . . . Now: Love Story as “die persoonlik­ste ding wat ek al ooit gedoen het”. HEEL REGS: Ben is kamerasku, maar hy verstaan Jennifer se behoefte om in die kollig te wees.
 ?? ?? TOE
Ben en Jennifer was die goue paartjie van die vroeë 2000’s.
Hul romanse was deel van die inspirasie vir Jen se nuwe fliek, This Is Me . . . Now: Love Story.
TOE Ben en Jennifer was die goue paartjie van die vroeë 2000’s. Hul romanse was deel van die inspirasie vir Jen se nuwe fliek, This Is Me . . . Now: Love Story.
 ?? ??
 ?? ?? HOOFFOTO: Nykie Pretorius is nie in sak en as oor haar verhouding gesneuwel het nie; sy is sterker as ooit. REGS: Francois en Nykie toe hulle nog ’n paartjie was. Saam met hulle is hul honde, Tjoppa en Lexi.
Francois tydens die TV-reeks Op
my eish! waarin ’n klomp vroue om sy hart meegeding het.
HOOFFOTO: Nykie Pretorius is nie in sak en as oor haar verhouding gesneuwel het nie; sy is sterker as ooit. REGS: Francois en Nykie toe hulle nog ’n paartjie was. Saam met hulle is hul honde, Tjoppa en Lexi. Francois tydens die TV-reeks Op my eish! waarin ’n klomp vroue om sy hart meegeding het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa