Huisgenoot

ROCHÉ DE REUCK OOR HAAR VERLOOFDE, SHAIRWIN MOODLEY

-

NÁ MY slegte ervaringe met vorige relationsh­ips en die liefde het ek besluit ek gaan wag toe ek die Here aanneem. Ek het geweet die man wat ek dan ontmoet, gaan my trouman wees. En ek het ses jaar lank gewag. Ek en Shairwin kom albei van George. Ek het sy ma geken, maar nooit regtig vir hom nie. Hy werk nou al baie jare lank in die buiteland en het net vakansiety­e huis toe gekom.

Maar toe nooi sy ma my na sy suster se troue.

Ek het na die troue gegaan met geen verwagting­e nie. Daar was nie eers ’n gedagte dat ek hom dalk sou sien nie.

Maar net toe ek daar aankom, het hy langs my parkeer. Dit was die eerste keer in vier jaar dat ek hom sien.

Ek het ’n beige-en-wit broekpak gedra en hy ’n navy suit. Hy het dadelik my oog gevang. Ek het gewéét ek moet met hom praat.

Toe die reception verby is, was net ons tweetjies alleen aan tafel oor. Ons het twee ure lank so sit en gesels. Dit was anders as al die jare se conversati­ons met al die mense in my verlede.

Dit was 6 Januarie 2024.

Hy het my die dag daarna gevra om op ’n date te gaan. Twee dae later vra hy my vir ’n tweede date en ons gaan hou piekniek.

Daardie dag het ons geweet ons wil nie verder date nie; ons is mekaar s’n.

Daar was nog nie eens eerste soene nie. Dit was die conversati­ons wat ons geconnect en align het.

Hy sê toe hy gaan my ouers vra. Hulle het dit nie verwag nie, maar hulle kon sien hierdie ding tussen ons is die real thing.

Hy vra my toe om te trou by die plek waar sy suster se troue was. Waar als tussen ons begin het.

Ons het op 27 Januarie 2024 verloof geraak. Dit was drie weke nadat ons by die troue aan tafel sit en gesels het.

Daar was nou wel nie by sy suster se troue ’n gooi van die garter of ’n bouquet wat ons kon vang nie. Maar ons het steeds daardie aand mekaar gevind.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa