Huisgenoot

WAT OM TE WEET OOR UITKEERPOL­ISSE

Uitkeerpol­isse bied ’n gewilde manier om vir kinders se opvoeding te spaar, maar is dit altyd die beste keuse?

- Deur LETITIA WATSON

1 HOE WERK DIT?

Dis beleggings wat ná ’n vasgesteld­e tyd die opbrengs aan jou uitkeer. Jy kan maandeliks­e premies of ’n eenmalige bedrag betaal. En jy kan kies hoe jou geld belê word, byvoorbeel­d meestal in aandele, eiendom of effekte.

Die kontraktyd­perk wissel van vyf tot 15 jaar. Dit sal uitbetaal op die vervaldatu­m of wanneer die polishouer sterf. Sommige het ’n premie kwytskeldi­ng ingeval die polishouer sterf. Die versekerin­gsmaatskap­py s aldan die oorblywend­e premies betaal.

Belasting op uitkeerpol­isse gedurende die kontrak tydperk word deur die beleggings­maatskappy afgetrek. Om dié rede word die uitkeerbed­rag nie belas nie.

2 DIE VOORDELE

◗ Dit moedig jou aan om gedissipli­neerd te spaar. Omdat jy vir ’n vasgesteld­e tydperk belê, is jou toegang tot die geld beperk. Gewoonlik word jy net een onttrekkin­g in die eerste vyf jaar toegelaat, en daardie bedrag word beperk.

Onthou Vra vooraf hoeveel spaargeld jy sal kan onttrek en wanneer.

◗ Dit word gestruktur­eer om vir die kind te sorg. Dis indien iets met die ouer of belegger gebeur, sê Henk Appello van Liberty. As jy premie kwytskeldi­ng het, sal die versekerin­gsmaatskap­py die premies vir die volle polistydpe­rk betaal. So kan die kind die volle beplande beleggings voordeel kry. Sommige polisse het bykomende voordele wat die kind se opvoeding sal dek bo en behalwe die ouer se belegging.

Wanneer die polishouer sterf, word die polis deel van die oorledene se boedel, maar dis nie onderhewig aan boedel administra­sie nie.

Jy betaal dus geen eksekuteur­sfooie daarvoor nie. Dus kry die begunstigd­e die spaargeld vinniger.

◗Dit bied belastingv­oordele vir sommige. Die inkomste belastingk­oers op’ n uitkeerpol­is is 30%. As jou persoonlik­e inkomstebe­lastingkoe­rs me eras 30% is, sal die opbrengs laer belas word.

3 DIE NADELE

◗ Die uitkeerfoo­ie kan hoër wees as dié van ander beleggings. Slegs 0,5% sal mettertyd jou opbrengs verklein.

◗ Dis nie baie likied nie. Aangesien jy vir ’n vaste tydperk belê, het jy beperkte toegang tot die spaargeld. Daar kan boetes wees as jy jou polis voor die vervaldatu­m kanselleer. Vra vooraf wat die boete sal wees as jy die uitkeerpol­is voortydig kanselleer.

◗ Dis nie so belastingv­riendelik nie. As jou persoonlik­e inkomstebe­lasting teen minder as 30% belas word, sal jy meer belasting betaal vir die opbrengs op die uitkeerpol­is a smet’ n gewone effektetru­st belegging.

4 WAT IS DIE ANDER OPSIES?

Effektrust­s kan jou dikwels dieselfde opbrengs teen laer fooie bied. Maar jy moet gedissipli­neerd wees om by die beleggings tydperk te hou, want effektetru­sts is likied. Jy kan du sjou beleggings­geld onttrek wanneer jy wil.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa