Nuut op die rakke
’n Oproep om nie langer te swyg oor geweld teen te vroue nie
GEWELD TEEN VROUE: DIT IS TYD DAT MANS BEGIN PRAAT
Saamgestel deur BERNARD LATEGAN, JODY HENDRICKS, KOPANO RATELE, WILLEMIEN BRÜMMER en CHRIS JONES Naledi, R260
“Dit is ’n belangrike boek; ’n goeie begin vir ’n noodsaaklike gesprek,” skryf die filosoof Azille Coetzee agterop Geweld teen vroue: Dit is tyd dat mans begin praat. Hier is ’n paar kort uittreksels:
“As ek na my vyf sibbe kyk en ek sien die omvattende impak wat ’n (gewelddadige) emosioneel afwesige pa in hul lewens gelaat het, maak dit my baie bedroef.
“Ek sien die leemtes in hul happiness, die residu van jare lange onverwerkte trauma; oor hoe ons skurk en held tragies aan sy einde id gekom het; maar meer nog, oor hoe hy nie daar is om elk van sy kinders se uiteindelike suksesse te kon sien nie.
“Drie het weggetrek en aan die anderkant van die aarde gaan woon.
“Daardie wegtrek het myns insiens niks te doen met misdaad, apartheid se nalatenskap, werkgeleenthede of die nuwe bestemming se natuurskoon nie.
“Dit was die diep verwonding deur ’n pa.”
“Ek kan nie stilbly oor geslagsgebasee geslagsgebaseerde geweld nie.
“Nie net omda omdat ek ’n dogter of ’n suste suster het nie, maar nieman niemand het dit vir my ma gedoe gedoen nie. Niemand het dit vir my tannie gedoen ni nie.
“Kinders moet van kleins af beskerm word en as dit nie gebe gebeur nie . . . en as dit nie by die huis gebeur nie, d dis waar die probleem begin, soos vir my. Ek he het al hierdie dinge in die huis gesien.” – SIYA KOLIS KOLISI, SPRINGBOK-RUGBYKAPTEIN
“Grootmense pra praat meer met meisies en o ons praat agter met hulle e en ons jaag hulle nie uit die huis wanneer hulle da daar rondhang nie. Op die speelterrein sien jy die seuns speel rof en hulle hardloop rond pleks daarvan om te sit en gesels en te luister soos die meisies.
“Wat ons elke dag doen aan meisies en seuns is wat th hulle ll wórd. ód
“Meisies het baie beter verbale vaardighede. Mans het nie die vaardighede om oor hulle binnewêreld te praat nie.” – PROF. KOPANO RATELE, DEPARTEMENT SIELKUNDE, UNIVERSITEIT STELLENBOSCH
“Ons het toegelaat dat ’n vrou gestroop word van haar menswees, dat haar vel van haar gesig afgetrek word, maar ons het agter bakhande gefluister hoe antie Hanna elke week pimpel en pers geslaan word deur ’n man wat kennelik ’n drankprobleem gehad het, maar niemand het eintlik na haar uitgereik ik en gesê ê di die b bus stop nou hier nie. Om die maatskaplike werkers in te roep sou ’n aanklag wees, want dan sou almal van oom Gattie se skandes geweet het. Tog het die hele familie – nee, ons almal – geweet hoe die wind waai. Dis juis ons stilte wat kliphard die onreg uitskrou teen vroue wat hulself nie kan verdedig nie. Dis juis daardie ongemaklike stiltes wat ons saam met oom Gattie in die beskuldigdebank plaas. Omdat ons anderpad kyk oor die onreg (of eerder misdaad) wat teen vroue gepleeg word.” – JOHANN MAARMAN, DIE BURGER- JOERNALIS
“Ek en Juanita het in 2007 vir 10 maande elke dag in die Kaapse hooggeregshof geluister na getuienis oor die moord op Inge. Ons het mettertyd besef die aanval op haar was meer as net om dood te maak.
“’n Polisiebeampte het reeds getuig dat dit een van die wreedste moorde was wat in 11 jaar in die polisiediens gesien is. Haar liggaam was intens verniel. Dit was nie net ’n doodmaakproses nie, dit was ’n aanval uit die hel.
“Wat ons bybly, is ds. Heerden van Niekerk se stelling in Rapport: ‘ Welgemoed is tot stilstand geruk. Dit is soos ’n skokgolf, veral omdat sy so ’n prominente figuur in ons gemeenskap was. Sy het op alle vlakke uitgeblink en was nie net ’n sterstudent nie, maar ook ’n kwaliteitmens en rolmodel. As dié kaliber mens op so ’n manier uit ons gemeenskap geruk word, is dit duidelik dat daar ’n boosheid onder ons los is.’ ”
“Die opvatting dat
‘minder gegoede’, ‘onderontwikkelde’ individue en gemeenskappe die eintlike lokus van geweld is, word weerlê deur die skynbaar onophoudelike stroom van geweldsmisdade deur en teenoor glanspersoonlikhede, welgestelde en vooraanstaande db burgers – ‘voorheen bevoordeelde’, dit wil sê wit gemeenskappe. Vanweë hul opspraakwekkende aard was dié gevalle (Oscar Pistorius, Henri van Breda, Rob Packham, Jason Rohde en Xander Bylsma) voorbladnuus.
“Wat egter nie so prominent deur die media gedek word nie, is die fisieke en psigiese pyn wat in talle huishoudings ook in die wit gemeenskap steeds agter geslote deure en toe vensters verborge bly. Geweld teen vroue is nie ’n klas-, ras- of kultuurgebonde verskynsel nie. Dis endemies aan elke sektor en groepering van ons samelewing.” – PROF. BERNARD LATEGAN, STELLENBOSSE INSTITUUT VIR GEVORDERDE NAVORSING
● Prof. Lategan doen ’n beroep op alle mans om saam te staan teen geweld teen vroue. Dit kan gedoen word deur dié verklaring te onderteken: bit.ly/beginpraat. ❑