Huisgenoot

1 APRIL 1957 – DIE BBC VANG ALMAL MET ’N SLAP RIEM

-

Daar is verskeie teorieë oor hoe dit gekom het dat 1 April as “April Fool’s Day” – Gekkedag – bekendstaa­n.

Op dié dag in 1957 het die BBC vir absolute chaos gesorg toe hulle ’n episode van hul nuusprogra­m Panorama uitgesaai het wat gehandel het oor hoe spaghetti geoes word.

Die episode het alles gehad wat Panorama gewoonlik gedoen het – dis selfs deur die veteraanaa­nbieder Richard Dimbleby aangebied.

Richard het ’n gerespekte­erde joernalis geword met sy verslaggew­ing oor die Tweede Wêreldoorl­og, so hy was baie geloofwaar­dig.

Dit was die kameraman Charles Jaeger wat met die idee vorendag gekom het omdat sy juffrou altyd op skool vertel het hoe spaghetti “aan bome groei”. Hulle het Charles Switserlan­d toe gestuur met ’n begroting van £100.

Daar het hy beeldmater­iaal geskiet van ’n familie wat klaarblykl­ik met spaghetti boer. Dié familie het vertel hoe hulle daardie jaar ’n goeie oes gehad het, want die lastige “spaghetti-kewer” het eindelik verdwyn.

Byna 8 miljoen mense het ingeskakel om die episode te kyk.

Die BBC is oorval met oproepe van mense wat daarop aangedring het dat hulle ’n verduideli­king gee vir wat uitgesaai is.

Sommige het dit onmiddelli­k as ’n poets herken, terwyl ander hul skok uitgespree­k het oor hulle dit nooit geweet het nie.

Mense wou weet waar kon hulle hul eie spaghetti-bome koop.

Ian Jacob, wat die uitvoerend­e hoof van die BBC was in daardie stadium, het in drie boeke gaan navorsing doen omdat ook hy gevang is deur die poets.

Die BBC sê dit was een van die eerste kere wat televisie gebruik is om ’n Gekkedag-poets te doen.

 ?? ?? Werkers wys hoe spaghetti gepluk word.
Werkers wys hoe spaghetti gepluk word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa