Huisgenoot

MARLENA EVANS VAN DAYS OF OUR LIVES, DIE AKTRISE DEIDRE HALL

-

DR. Marlena Evans is dalk die psigiater met die meeste probleme op aarde. Dink jy aan haar, dink jy nie noodwendig aan al die mooi oomblikke wat sy en haar geliefde John Black in Days of Our Lives gedeel het nie. Nee, jy onthou waarskynli­k eerder die keer toe sy in 1994 met die duiwel besete was. Haar storielyn was so dramaties – en daarom so ’n trekpleist­er vir kykers – dat die vervaardig­ers haar sommer wéér in 2021 deur duiwelse probleme laat wroeg het.

Dit was nie al wat die karakter moes trotseer nie. Arme Marlena is ook deur verskeie reeksmoord­enaars geteiken, ’n hele paar keer ontvoer en as ’n surrogaat vir gekloonde babas gebruik terwyl sy in ’n koma was. Sy het ook ’n val van 30 verdieping­s oorleef.

Dit was trauma op trauma sedert die aktrise Deidre Hall in Junie 1976 Marlena in die sepie geword het.

Deidre is nou 76, en vertolk die rol van Marlena al 45 jaar lank. (Daar was in ’n stadium ’n blaaskans van ’n paar jaar.) En sowaar: Dinge kom en gaan, maar in Amerika rol die sepie oor die wel en wee van die fiktiewe stad Salem se inwoners van krag tot krag voort. Deidre ook.

Sy het in Oktober verlede jaar haar

5 000ste episode van Days gevier.

“Om die rol van Marlena te vertolk is vir my ’n geskenk,” het die aktrise toe aan die Los Angeles Times gesê. “Die Days- mense ken mekaar ongeloofli­k goed. Ons ken mekaar se vreugdes en hartverske­urende oomblikke.”

Haar karakter se hart is deur diepe waters toe sy tussen John en Roman Brady moes kies, maar Deidre glo klaarblykl­yk nie ware liefde laat hom inperk nie. Sy het al vier keer voor die kansel gestaan.

Sy’s die ma van twee – albei is met behulp van ’n surrogaat in die lewe verwelkom.

“Daar is enorme krag wanneer vroue saamwerk – dit het dus glad nie as ’n verrassing vir my gekom dat surrogaats­kap vir my sou werk nie,” het sy al vertel.

Sy het deur die jare ook verskeie ander rolle vertolk, maar sal altyd sinoniem bly met Marlena. Want al het Deidre destyds voor haar eerste televisier­ol gedroom van sielkundig­e word, was dit haar toe nie beskore nie. Sy het eerder ’n “psigiater” geword – waarskynli­k die bekendste en mees gefolterde een ter wêreld.

 ?? ?? Al het sy ander rolle vertolk, sal Deidre Hall (76) altyd bekend wees as Marlena Evans van Days of Our Lives.
Al het sy ander rolle vertolk, sal Deidre Hall (76) altyd bekend wees as Marlena Evans van Days of Our Lives.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa