Huisgenoot

THARAN CUPIDO-JOSEPH OOR HAAR VROU, JESSICA JOSEPH-CUPIDO

-

EK EN Jessica het mekaar deur ’n gemeenskap­like vriendin ontmoet. Die vriendin wou Jessica miskien eintlik vir haarself gehad het, maar toe tree my FBI agency skills in . . . Die foto’s wat sy op WhatsApp geplaas het, het nie ’n naam by gehad nie. Dan dink ek: “Jo, hierdie is ’n baie oulike vrou!”

Eendag skryf sy by haar status: JJJ. Ek doen toe speurwerk op Facebook, en toe kom dit op: Jessica Juanita Joseph.

Ek het eers die heeltyd na haar profiel gekyk. En toe sien ek eendag dis haar verjaardag – toevallig op dieselfde dag as myne. Ek sê toe happy birthday, en sy skryf toe terug: “Geluk aan jou ook!”

Die gesprek skuif toe van Facebook na WhatsApp.

Met die eerste ontmoeting was sy álles wat ek op die foto’s gesien het. Sy het my gevat na haar gunsteling­restaurant, Panarotti’s.

As jy iemand vir die eerste keer ontmoet, wil jy impress. Ek was superhonge­r, en Jessica bestel vir haar ’n steak en ribs. Ek sê toe nee, ek gaan maar net ’n slaaitjie vat. Ek was die hele tyd rasend honger!

Maar om eerlik te wees, het ek en Jessica dit nie maklik gehad nie. Ons families was nie baie ondersteun­end nie; hulle het lank nie met ons gepraat nie. Ons het baie struikelbl­okke gehad van mense wat ons afgeskryf het, obviously omdat ons nou nie ander mense se normal is nie. Maar al wat ons vir hulle gegee het, was tyd.

Ons het so drie maande gedate, toe kry ek ’n promise ring voor sy vir drie maande vir haar werk moes weggaan. Jessica stuur toe vir my ’n boodskap: “Belowe jy gaan vir my wag?”

Ons is daarna getroud; nou deel ons mekaar se vanne.

Ek het besef dis liefde toe daar so baie dinge kon skeefloop, maar sy het stééds vir my gekies. Dis net iemand wat jou liefhet wat só tot die uiterste sal gaan om vir jou gelukkig te maak.

Dis ’n liefde wat ek nooit eens geweet het bestaan nie.

 ?? ?? Jessica JosephCupi­do (links) en Tharan CupidoJose­ph is sedert Desember 2021 gelukkig getroud.
Jessica JosephCupi­do (links) en Tharan CupidoJose­ph is sedert Desember 2021 gelukkig getroud.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa