Huisgenoot

Weeksaand- TOSKAANSE HOENDER

-

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING EN GAARMAAK: 30 MIN.

4 vryloophoe­nderfilett­e, sonder vel 5 ml (1 t) Provensaal­se kruie

2 takkies vars roosmaryn, blare gepluk en fyngekap fyn sout en vars gemaalde swartpeper olyfolie, vir braai 1 groot salot, in fyn blokkies gesny 1-2 knoffelhui­sies, fyngemaal skil van 1 suurlemoen

6-8 sondroë tamaties in olyfolie, in dun skywe gesny 60 ml (¼ k) witwyn (chenin blanc)

80 ml ( k) hoenderaft­reksel

125 ml (½ k) vars room

5 ml (1 t) mielieblom met 30 ml (2 e) melk geklits 1 2 3 25 g parmesaan, vars gerasper verskeie suurlemoen­skywe, vir afronding

Plaas die hoender tussen twee velle bakpapier en slaan dit liggies om dit plat en sag te maak. Geur weerskante met die kruie, roosmaryn, sout en peper.

Verhit 15 ml olyfolie in ’n pan met ’n breë bodem. Plaas die hoender in die warm olie en braai sowat 5 min. sonder om dit om te draai tot goudbruin. Draai om en braai nog 4 min. Skep die hoender uit en sit eenkant. Voeg nog ’n bietjie olie in die pan en soteer die salot 6-8 min. tot versag. Voeg die knoffel, suurlemoen­skil en sondroë tamaties by en braai 2 min.

4 Voeg die wyn by die pansappe. Skraap al die klewerige stukkies los en laat die sappe verminder. Roer die aftreksel, room en mielieblom­pap in. Bring tot prutpunt, voeg die parmesaan by en roer deur. Plaas die hoender in die sous en laat 3-4 min. prut tot verminder en verdik.

Voeg die suurlemoen­skyfies by en sit dadelik voor saam met pangebraai­de broccolini, fynaartapp­el, pasta, polenta of gestoomde groenbone. Brood met ’n dik kors is veral lekker hierby. 5

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa