Huisgenoot

MY SUSSIE IS ’N PARASIET

- VRA VIR IRMA Wat ek vir jou voorstel:

Ek het skoon die bewerasie van woede hier waar ek sit en tik. Ons is net twee kinders. My suster is ’n hele paar jaar jonger as ek. My ouers het haar nog altyd bederf en sy ken nie die woord “nee” nie.

Nou haal dit my ouers in. Hulle het vandag kom kuier, en eindelik het die kuier in meer van ’n vergaderin­g ontaard.

Hulle albei tree oor ’n paar maande af en begin solank hul sake in plek kry. Tot my verstommin­g is my sus op die agenda. Sy het ’n vaste werk en kry ’n bogemiddel­de salaris. My ouers kom toe met ’n storie hier aan. Hulle wil dat ek die finansiële bydrae oorneem wat hulle maandeliks aan haar maak. Hul pensioen sal dit nie kan dra nie.

Ek het nie eens geweet dat hulle elke maand vir haar geld gee nie.

Blykbaar is haar inkomste vir haarself om te geniet en my ouers het gesorg vir huur, die karpaaieme­nt en munisipale rekening.

Ek het amper in my tee verstik van verontwaar­diging. Natuurlik het ek botweg geweier – so wat van bederf het ek nooit verwag nie. My ouers is hier weg in ’n taamlike slegte bui en het my beskuldig dat ek nie weet hoe familie veronderst­el is om saam te staan nie. Ek meen egter hul optrede dra by tot haar swak gedrag, en dis ’n speletjie wat ek nie speel nie.

Ook het ek natuurlik daarna ’n oproep ontvang waar my sussie histeries gil dat ek haar nog nooit iets gegun het nie. Sy is verkeerd.

Vanweë ons ouderdomsv­erskil het ons nie saam grootgewor­d nie en leef ons totaal apart van mekaar. Ons het net met die jaarlikse Kersete kontak.

Hoe handhaaf ek vrede met my ouers sonder om toe te gee aan hul versoek?

Dis nie vreemd dat ouers hul volwasse kinders finansieel bystaan nie. Baie ouerpare doen dit, en hier verwys ek na bystand soos huishuur en groot uitgawes.

Wat jou ouers met jou sus doen, is egter heeltemaal in ’n ander klas. Dit klink of sy ’n bedorwe brokkie is. Jou ouers het ’n situasie geskep wat net deur ’n finansiële kundige gehelp sal kan word.

Sibbes reageer sleg wanneer een bo ’n ander verkies word:

◗ Dan hou hulle al hoe minder van hul boetie of sussie.

◗ Hulle wil nie meer saam speel nie. ◗ Hulle verloor respek vir die bedorwe een. ◗ Wantroue ontstaan tussen die kinders, asook vrees dat stories aangedra kan word.

Gelukkig het dit alles nie in jou geval gebeur nie.

Jou ouers het wel jou sussie oor die jare ál meer verlam, hulle het in haar pad gestaan om te leer hoe om onafhankli­k te funksionee­r. Sy is ’n onreg aangedoen, heel waarskynli­k onbedoeld.

◗ Hou ’n vergaderin­g van jou kant af met jou ouers.

◗ Wees beslis in alles wat jy sê.

◗ Maak dit duidelik dat jy nie gaan help met finansïele ondersteun­ing nie. ◗ Gee as alternatie­f die voorstel dat sy so gou moontlik die hulp van ’n finansïele beplanner kry. Dit sal tydelik wees tot sy volgens ’n begroting kan funksionee­r. ◗ Behandel jou ouers steeds met respek, maar hou voet by stuk.

Is daar ’n kans dat jy en jou sus aan ’n verhouding kan begin bou? Julle ouers raak ouer en julle gaan op die ou einde net mekaar hê.

As jy wil, kan jy wag tot sy op haar eie voete staan voor jy uitreik. Dit sal vermy dat alles net oor geldelike probleme gaan. Jou ouers sal dan beslis ’n vrag van hul skouers af hê. Vergewe hulle, ’n mens doen wat jy dink reg is en besef nie altyd die skade nie.

Ek hoop van harte alles werk vir julle uit soos wat julle dit graag wil hê. Minus die feit dat jy jou sussie se bank moet wees.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa