Huisgenoot

DIE RAND EN SENT VAN HUISBOU

Huisboukos­te gaan oor meer as net die prys van bakstene en sement. Hier is vier dinge wat jy moet weet

- Deur LETITIA WATSON

BASIESE FAKTORE WAT KOSTE BEÏNVLOED

Ons het by die verbandori­gineerder Ooba om antwoorde gaan aanklop.

Ligging: Grondpryse in uitsoekgeb­iede is gewoonlik duurder. Veiligheid en nabyheid aan skole, winkels en vermaak dra ook by. Ligging speel ook ’n rol in konstruksi­ekoste. As jy in ’n gewilde gebied of stad bou, kan die groter aanvraag na bouers en konstruksi­emateriaal hoër koste beteken. Aan die ander kant kan bouwerk in afgeleë gebiede meer kos weens die gebrek aan infrastruk­tuur en plaaslike boumateria­al.

Grootte en ontwerp: Hoe groter die gebou, hoe duurder. So ook ingewikkel­de ontwerpe wat gespesiali­seerde vaardighed­e en toerusting vereis.

Gehalte van boumateria­le: Jou keuse van materiale kan ’n wesenlike impak hê op die algehele koste. As jy dit so goedkoop moontlik doen, kan jy later duur betaal vir herstelwer­k. Maar jy kan ook aan luukses oorbestee. Kies dus die beste binne jou begroting.

WAAROP MOET EK NOG LET?

Boukoste per vierkante meter is hoër in sommige gebiede: Dit kan wissel van sowat R10 000 tot R20 000 per vierkante meter. Jy kan die gemiddelde tarief per vierkante meter van munisipali­teite, eiendomson­twikkelaar­s, boukontrak­teurs en bourekenaa­rs kry. Hou dit in gedagte wanneer jy oor ontwerp, grootte en boumateria­le besluit.

Koppel van dienste soos water en elektrisit­eit: Kry hierdie besonderhe­de by die plaaslike munisipali­teit.

Spesialis-items en afwerkings: Dit kan vensters, deure, dakke, vloere, kaste, ligte, badkameraf­werkings en werkblaaie insluit. Duursame granietwer­kblaaie en hardehoutv­loere sal byvoorbeel­d jou boukoste verhoog, maar dit kan ook jou huiswaarde verhoog.

Sonkragtoe­rusting: In baie gebiede word dit noodsaakli­ker. Sorg dat jy dié uitgawe by jou boukoste inreken.

Profession­ele fooie vir kundiges: Die dienste van ’n gelisensie­erde boutekenaa­r of argitek, of selfs ’n geoloog of ’n ingenieur indien nodig, sal ekstra kos.

HOE SPAAR EK DEUR SELF TE BOU?

Jy hoef nie hereregte of administra­tiewe fooie te betaal vir die regsproses nie. As jy ’n goeie bouer en gehalte materiaal gebruik, behoort jy die eerste paar jaar minder instandhou­dingsuitga­wes te hê.

HOE FINANSIER EK DIT?

Boulenings kan gebruik word om ’n huis op ’n leë erf te bou of ’n bestaande eiendom op te knap. ’n Goeie kredietrek­ord en ’n deposito sal jou kans op goedkeurin­g verhoog.

Die bank sal gewoonlik die volgende vra: die voorlopige of goedgekeur­de huisplanne; alle spesifikas­ies vir boumateria­al en afwerkings;

’n bouskedule en voltooiing­sdatum; die bouer se beraamde kwotasie; en die boukontrak. Die bouer moet by die Nasionale Huisbouers­registrasi­eraad (NHBRC) geregistre­er wees. Kry ’n lys van geregistre­erde bouers by www.nhbrc.org.za.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa