Huisgenoot

Waar kom stories vandaan?

Die Babbelbend­e leer meer oor sprokies en fabels

-

‘IS JOU neus toe?” vra Palawa die kameelperd vir Bibi. “Griep. Die antwoord is griep,” roep Paloeka die leeu opgewonde uit. Bibi en haar twee dieremaats speel stomstreke. Sy het ’n papiertjie in haar hand en probeer die woord op die papiertjie verduideli­k sonder om woorde te gebruik.

Sy mag net handbewegi­ngs en lyftaal gebruik terwyl hulle moet raai.

Sy probeer die woord “vark” verduideli­k en het haar neus al soos ’n vark se snoet opgetrek en probeer snork. Nou wys Bibi met haar hande twee spitsore bo haar kop.

“Blom?” raai Palawa. “Blomblare?” raai sy weer.

“Sonneblom. Varkoor. Roos,” roep Paloeka.

Bibi skud haar kop. Sy probeer ’n stertjie agter haar rug wys. Sy draai haar vinger om die krulstertj­ie te maak.

“Maag? Voel jou maag nie lekker nie?” vra Paloeka verstom.

Bibi sug. “Nee genugtig, julle twee. Vark. Die woord is vark.”

“Ai. Ek kan myself sommer skop,” sê Palawa. “Paloeka was darem naby toe hy varkoor geraai het,” sê sy.

“Ja, dis waar. Maar ek het eintlik die blom bedoel,” sê Paloeka.

“Ek weet Paloekie-vadoekie. Ek bedoel eintlik, jy het darem toe die woord vark gesê,” sê Palawa. Bibi skud net haar kop.

“Is julle reg om na die vraag van die dag te luister? Ek is nou skoon moeg en kan doen met ’n blaaskans,” sê Bibi.

Sy sit die televisies­kerm aan en speel die videoboods­kap wat vroeër deurgekom het.

“Hallo, liewe Babbelbend­e. Ek wil graag weet waar kom stories vandaan?” vra die meisie op die skerm.

“Dis nou ’n lekker vraag,” sê Palawa. “Kom ons hoor by Ben, want as ek nou verkeerd raai, gaan ek myself ook skop,” sê sy.

“Hoekom wil jy jouself heeltyd skop? Dis mos seer?” vra Paloeka.

“Nee, liewe Paloeks, as jy sê jy wil jouself skop, beteken dit jy is spyt oor iets. Ek is spyt ek het nie netnou reg geraai toe Bibi daai bewegings gemaak het nie, want dit was eintlik maklik,” sê Palawa.

Bibi bel hul beste maat, Ben, die verkenner en veldversla­ggewer.

“Eendag, lank, lank gelede, het

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa