Huisgenoot

AS JY AL DIE BOKSE TIEK

Die waaghals Ashley Robinson het as tjokkertji­e begin karate doen. Dié sport het hom gewys watter dinge in die lewe hy graag wil hê, en vandag doen hy toertjies in rolprente van reg oor die wêreld

- Deur MARELIZE GRBICH

HIERDIE LEWE

GEWONE MENSE IN HUL EIE WOORDE

KKEN jy die plek ‘ Chicago’? Hul le noem dit die Cape Flats van die Paarl. Dis baie rof. Gaan doen jou navorsing as jy regtig wil verstaan. Ons het daar gewoon en van die ouderdom van drie en ’n half af het my ouers my laat karate doen om my van die strate af te hou. Elke Dinsdag, Donderdag en Vrydag het my oupa my gevat.

As kind was ek baie aktief. Ek wou altyd buite speel, maar saam met die verkeerde kinders. Kinders wat vas was aan familieled­e wat . . . ek sou nie sê bendelede was nie, maar harde mense, sou ek sê. So ek is skool toe, dan karate toe, dan my huiswerk en dan wou ek gaan buite speel – maar dan was dit donker! Dit was my lewe, elke dag tot ek 13 was. Ek het op daardie ouderdom ook my eerste swart belt gekry. Naweke kon ek gaan buite speel, en dan was daar altyd moeilikhei­d. Oor die soort bure wat ons aan al twee kante gehad het. Hulle was kinders my ouderdom, maar ek was die sagte weergawe. Dit is hoe ek op ’n baie jong ouderdom dinge soos alkohol en dwelms gesien het. Hul le het van ’n baie jong ouderdom daarmee geëks perimentee­r.

Ons het daar gewoon

omdat my pa toe vir Bri t ish American Tobacco gewerk het, destyds Rembrandt. Daar was ’ n buurt waar personeel eiendom kon kry, en my pa het een van die huise gekry. Toe hulle oorgekoop word, het my pa ’n som geld gekry en ’n huis in Charleston Hill gekoop. Dit was ’n baie beter omgewing. Baie veilig. Reg oorkant die nuwe huis was ’n skopboks-studio. Ek het dit begin doen.

Toe ek jonk was, was ek skaam, maar toe ek aan al die toernooie begin deelneem, het ek ’n ekstrovert geword. Ek het begin reis en ander kulture beleef, en dit het gemaak dat ek ander dinge in die lewe wou hê. Dit het ook gemaak dat ek beter as enigiemand anders in karate was. Dit het my aangespoor om uit te blink.

Ek het my swart belt in skopboks gekry en profession­eel begin deelneem. Toe ek almal in my gewigskate­gorie wen, het ek muaythai begin doen om meer kompetisie te kry. Skopboks is letterlik net skop en boks.

In muaythai kan jy slaan met ’n elmboog, iemand langer vashou en knieë teen die gesig en lyf gooi. Jy kan iemand platvee. Dis baie meer brutaal. Ek het die heeltyd gejeuk om te baklei. Ek het van die kompetisie gehou en ek wou die heeltyd beter wees as die ander, want ek het nie baie gehad terwyl ek grootgewor­d het nie. Al wat ek gehad het, was sport.

Ek het skool klaargemaa­k toe ek 17 was. Ek is ’n jaar Thailand toe om te gaan baklei. Jy stap letterlik na ’n gim toe, doen een of twee sessies en hulle laat jou baklei. Daar is ek die eerste keer betaal om te baklei. Jy kon elke naweek deelneem. Na ’n paar maande het ek teruggekom en die geld wat ek gemaak het, gebruik om sportweten­skap te gaan studeer. Ek het by my ma-hulle gebly en elke dag in en uit gery.

Ná my studies het ek weer profession­eel begin deelneem.

Filmkoördi­neerders het na een van my gevegte toe gekom, maar ek het dit nie geweet nie. Ná die tyd het hulle na my toe gekom en gesê ek is regtig goed, wil ek nie kom werk op een van hulle projekte nie? Ek was so antisosiaa­l daardie tyd, ek het gesê, nee, dankie.

Toe kom hulle wéér en wys vir my ’n video van die aksiefilm wat hulle wil doen en vra of ek nie na ’n oefensessi­e toe wil kom om hierdie akteurs te kom wys hoe om te baklei nie. Dit was eintlik ’n oudisie en omdat ek baie fisiek is, het ek maklik die werk gekry.

Ek het toe begin om met akteurs te oefen en hulle te wys hoe om te baklei. Ek het ook waaghalsto­ertjies begin doen. Ek moes ’n klomp verskillen­de kursusse doen. Jy leer om met goed te werk soos wapens, gewere, jaggewere, karre en helikopter­s. Hoe om uit hoë geboue te val en wat om te maak wanneer hulle jou lyf aan die brand steek. Ek het verskillen­de soorte atlete en mense ontmoet. Ek het begin reis. Daar’s baie goed na my gekyk. Dit was ’n anderste soort ervaring. Die inkomste was baie lekker.

‘EK HET NIE BAIE GEHAD TERWYL EK GROOTGEWOR­D HET NIE. AL WAT EK GEHAD HET, WAS SPORT’

Ná ’n paar jaar het ek ’n gim oopgemaak

waar produksies al die voorbereid­ing vir toertjies en gevegte kan doen. Ek sorg vir akteurs. Ek maak seker hulle’s fiks genoeg en herstel goed genoeg. Ek kyk na alle aspekte van hulle gesondheid. Ons werk saam in ’n groot span met ’n dieetkundi­ge, ’n sjef en ’n fisioterap­eut.

Die internasio­nale mense plaas baie klem op dié soort sorg, maar hier is dit baie nuut. Ek is goed daarmee, want ek verstaan hoe moeilik dit vir akteurs kan raak. Dit is fisiek baie dreinerend op ’n stel. Mense raak keelvol, en dís wanneer hulle verkeerde dinge doen. Soos om hulle maats te verneuk. Ek sien dit baie, en ek hou net mooi niks daarvan nie.

Ek hoop om uiteindeli­k ’n plek te skep waar akteurs alles kan deurwerk wat hulle pla.

Dit help ook die produksies­pan geld spaar. Dit keer dat ’n akteur uitbrand en beskerm hulle teen versekerin­gseise. As ’n akteur uitbrand, verloor jy dae van verfilming, en een dag op stel kos baie geld. Akteurs kan baie duur mense wees.

Ons het ’n 100% sukseskoer­s, maar jy het ’n goeie span nodig.

Toe ek klein was het mense gesê ek is ’n hardkoppig­e kind. Stout, want hy luister nie. Maar as ek iets nie gevoel het nie, kon ek net nie luister nie.

Al my neefs en ooms is in die polisie en my familie het gedink ek moet ook dit doen. Ek het na hulle gekyk en geweet ek wou meer uit die lewe hê.

Nou maak ek seker ek doen niks wat my liggaam kan skade doen nie. Ek drink nie en ek rook nie en ek kry altyd genoeg slaap. As die son sak, wil ek tuis wees, en as dit opkom, wil ek uitgaan. Ek maak seker dat ek hierdie eenvoudige beginsels van ons voorvaders nastreef.

Die gevaarliks­te ding wat ek seker al gedoen het, was toe ek twee dae terug aan die brand gesteek is.

Jy moet ’n sekere soort gel aan jy lyf smeer en dan trek jy iets soos ’n lang pajamabroe­k aan wat deurtrek is van die gel. Bo-oor dra jy ’n droë broek én jou kostuum en wéér gel. Jy sal nie mense in daardie tonele se gesig ooit sien nie, want dit is vol gel. Jy het net 30 sekondes om dit te doen, anders sal jy régtig brand. Dis opwindend, maar dis ook gevaarlik, want jy kan regte brandwonde opdoen.

 ?? ?? Ashley Robinson het van kleins af karate gedoen en werk vandag in die filmbedryf.
Ashley Robinson het van kleins af karate gedoen en werk vandag in die filmbedryf.
 ?? ?? LINKS BO: Ashley saam met die aktrise Viola Davis (regs) en die persoonlik­e afrigter, Gabriela Mclain. BO: Ashley saam met drie ander waaghalse. Van links is Filip Ciprian, Grant Powell en Caprice Masinga. REGS: In aksie in die kryt.
LINKS BO: Ashley saam met die aktrise Viola Davis (regs) en die persoonlik­e afrigter, Gabriela Mclain. BO: Ashley saam met drie ander waaghalse. Van links is Filip Ciprian, Grant Powell en Caprice Masinga. REGS: In aksie in die kryt.
 ?? ?? Ashley het al verskeie skopboks- en muaythai-titels agter sy naam.
Ashley het al verskeie skopboks- en muaythai-titels agter sy naam.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa