Huisgenoot

ONDER DIE INVLOED

Hulle het drie jaar gelede snaakse video’s op TikTok begin deel en is onlangs as Netwerk24 se voorste Afrikaanse beïnvloede­rs vereer

- Deur NADINE RAMONGANE

DRIE jaar gelede was Jana Jooste en haar beste vriend, Rynhardt Schoeman, op ’n stoep aan die kuier, ’n glasie wyn in die hand, toe hulle hulle afvra: Hoekom deel hulle nie hul lag met die wye wêreld nie? Kyk, dié twee is lief vir lag. Toe hulle mekaar 16 jaar gelede in hul matriekjaa­r ontmoet het, kon hulle kwalik ophou lag. Hulle het so te sê onafskeidb­aar geraak. “Ons was hilarious,” vertel Jana. Met daardie stoepkuier het hulle gewonder hoekom hulle nie sommer hul streke op TikTok kan laai sodat die res van die wêreld kan saamlag nie.

“Ek het nie eens ’n TikTok-blad gehad nie. Ons het die video sommer op Rynhardt se blad gelaai. Kort daarna bel hy my en sê dié video het so 3 000 likes gekry. Ons het gedink jissie, ons is viral.”

Kort voor lank het hulle ’n TikToknaam gehad: Janey & Waney. En sedertdien laat hulle ons skaterlag met hul video’s – soveel dat hulle onlangs in Netwerk24 se Smaakmaker­s-kompetisie as beïnvloede­rs van die jaar bekroon is. Hulle lag oor alles.

Wel, nie heeltemal alles nie. Moet om hemelsnaam tog net nie vir hulle vra hoe lank hulle al getroud is nie.

Nee, hulle is vriende. “Mense dink nou nog ons is in ’n verhouding,” sê Jana. “Die vraag word heeltyd gevra, maar ons het al van die begin af in ons video’s gewys: Hier is my man en hier is sy vrou. Ons het nooit voorgegee ons is saam nie.”

“Ek dink dis vir mense vreemd om ’n vriendskap tussen ’n man en ’n vrou te sien wat werk. Hulle dink altyd daar’s iets agter dit,” dit, sê Rynhardt. “Maar Maar ons het net regtig ’n unieke band en vriendskap.”

DIT verstom dié komiese duo steeds dat ander mense hul humorsin deel, sê Rynhardt. “Ek onthou hoe ek aan die begin, toe ons gesien het hoe die kykers meer raak, vir Jana gebel en gevra het: Is jy reg vir jou lewe om te verander?

“Ons het nog so gegrap, en toe ons weer sien, het ons lewe rêrig verander.”

Janey en Waney is bekend vir hul snaakse resensies oor gewilde televisiep­rogramme. “Ons doen ook video’s oor Afrikaanse stereotipe­s en woordspeli­ng. Ons sit op die stoep en dink aan idees wat vir ons vreeslik snaaks is.

“Aan die begin kon ons sien daar’s ’n groot Amerikaans­e invloed op TikTok. Ons het ’n gaping gesien en besluit om al ons inhoud in Afrikaans te skep en SuidAfrika met die wêreld te deel.”

Dié twee is meer as net sterre op sosiale media. Hulle raak ernstig wanneer hulle oor hul gesinne praat.

“Ons deel nie graag baie van ons persoonlik­e lewe nie, want ons is bekend vir ons positiwite­it en nie ons persoonlik­e lewe nie,” sê Jana. “Ons familie en geliefdes is baie ondersteun­end.”

Sy en haar man, Conrad, het mekaar in 2012 ontmoet. “Ons is nou nege jaar getroud, en ons het twee seuntjies. Een is ses en die ander een vyf maande. My man het vir my en Rynhardt gekry soos ons nou is. Ek en Rynhardt was saam daardie einste dag toe ek en Conrad mekaar ontmoet het.

“En ek moet sê Conrad is eintlik ons grootste aanhanger. Hy is altyd die eerste een wat ons video’s sien – dan kyk ons altyd of hy lag. Hy’s ook die eerste een wat ons video’s like, comment en share. Hys Hy’s baie ondersteun­end. ondersteun­end.”

Rynhardt gaan die afgelope jaar deur ’n egskeiding. “Maar ons is gelukkig. Ek het nog vanoggend met haar gepraat. Ons is glad nie lelik uitmekaar nie. Ons ken mekaar al vandat ek 18 jaar oud is, en ek dink dit was maar net tyd. Ek dink mense verander en het ander ambisies. Ons paaie het geskei, maar dit het mooi geskei.”

“Rynhardt se vrou is net so ondersteun­end,” sê Jana. “En sy’s ook ’n groot aanhanger. Sy’s steeds deel van die familie.”

Hulle beskou hul sukses op sosiale media as ’n bonus. “Dis nie een van ons se permanente werk nie. Dis eintlik baie chilled, want dis net hierdie ekstra deel van ons lewe wat baie lekker is.

“As iets na ons kant toe kom en ons voel dis goed en positief, doen ons dit.”

Tussen al die TikToks deur doen Jana en Rynhardt ook grafiese ontwerp.

“Ons het albei eintlik dieselfde werk,” sê hy. “Ons is in sosiale media en grafiese ontwerp. Sy is deel van ’n familieond­erneming, en ek doen dit vir verskillen­de ondernemin­gs.”

En wanneer het hulle geweet hul TikTok-video’s gaan ’n sukses wees?

“Met een van ons eerste video’s oor die Two Oceans-marathon het ons in gymdrag aangedraf gekom en gesê ons is reg vir die wedloop,” sê Jana. “En die volgende oomblik gooi ons ’n boks Two Oceans-wyn. Die video het nogal vlamgevat. Ek het dit eers besef toe my nefie sê sy vriend in Australië het hierdie video vir hom aangestu stuur.

““Toe besef ons reg regtig mense we weet nou van on ons gesigte. Da Daar was ’n re reeks video’s wat daarna gevolg het wat goed gevaar het, en toe weet ons hierdie goed werk en ons gaan by dit hou.”

Aan die roem is hulle steeds nie gewoond nie . “Ons kan nou nog nie glo dat iemand soos Brendan Peyper ons uit die bloute bel nie. Of dat ons in ’n geselskap met Kurt Darren is nie.”

Hulle het Kurt ontmoet op die “Super Sokkie Cruise”, ’n bootvaart met beroemdes waarop hulle saamgenooi is nadat hulle dit help bemark het.

En oor Brendan se Op my eish maak hulle gereeld reaksievid­eo’s wat jou in jou chardonnay sal laat stik van die lag.

“Dís mense met wie ons grootgewor­d het. Ons het na hulle liedjies geluister en sien hulle al jare lank op TV.”

En toe hulle onlangs met Netwerk24 se Smaakmaker van die Jaar-prys vir die komedie-afdeling én die oorhoofse prys vir die Smaakmaker­s van die Jaar weggestap het, kon hulle dit skaars glo.

“Dis só lekker om te sien dat dit wat ons hier doen, raakgesien word. En dan om boonop te wen ook. Dit voel steeds onwerklik. ”

HULLE sien uit na die toekoms en vat elke dag soos dit kom. “Ons praat gereeld op WhatsApp en dink gedurig aan nuwe idees,” sê Rynhardt. “Ons reël van dag een af was nog altyd dat as ons vir iets lag en dink dis snaaks, gaan ons ons nie bekommer oor wat die mense sê nie.

“En ja, natuurlik dink ons ons is snaaks. Mense het maar altyd hulle eie menings, niks verkeerd daarmee nie. Natuurlik gaan almal nie saamstem dat ons snaaks is nie, maar dit pla ons glad nie. Ons lees elke liewe kommentaar. As hulle lelik en persoonlik raak, dan blok ons hulle, een, twee, drie.”

Eintlik het hul sukses op sosiale media hulle onkant betrap.

“Alles het so vinnig gebeur. Ons weet tog dit sal eendag eindig.

“En as ons eendag in die ouetehuis is, gaan dit so ’n lekker herinnerin­g wees om met mekaar te deel – hoe twee beste vriende kon saam lag en net die beste tyd saam kon deurbring.”

 ?? ?? Jana Jooste en Rynhardt Schoeman is TikTok se Janey & Waney – die stemme wat jy in jou agterkop moet hoor elke keer as jy iets onnosel voor ’n kamera wil kwytraak.
Jana Jooste en Rynhardt Schoeman is TikTok se Janey & Waney – die stemme wat jy in jou agterkop moet hoor elke keer as jy iets onnosel voor ’n kamera wil kwytraak.
 ?? ?? LINKS: Hulle het onlangs Netwerk24 se Smaakmaker­s van die Jaar-prys gewen. NAASLINKS: Voor die kamera, in die “zone”. HEEL LINKS: Die dag toe hulle 60 000 volgelinge gevier het. Hulle het nou al 220 000 kykers.
LINKS: Hulle het onlangs Netwerk24 se Smaakmaker­s van die Jaar-prys gewen. NAASLINKS: Voor die kamera, in die “zone”. HEEL LINKS: Die dag toe hulle 60 000 volgelinge gevier het. Hulle het nou al 220 000 kykers.
 ?? ?? Hulle is maar nog altyd saam-saam in alles: Hier is Jana en Rynhardt as boesempell­e in hul hoërskoold­ae.
Hulle is maar nog altyd saam-saam in alles: Hier is Jana en Rynhardt as boesempell­e in hul hoërskoold­ae.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa