Huisgenoot

OP DIE BLOU TAPYT

Akteurs getooi in hul mooiste mooi skitter op die blou tapyt vir die première van die misdaadree­ks Plan B.

-

PLAN B vertel van Ivan Malan (Tim Theron), ’n man met ’n militêre agtergrond, en sy vennoot Paul Schmidt (Arnold Vosloo), wat ’n bendebaas beroof en die Vlammemeis­ie – ’n kunswerk deur die meesterski­lder Vermeer met ’n waarde van €30 miljoen – steel.

Ragel Bergh (Amalia Uys) word deur die glyjakkals Joshua Lansky (Armand Aucamp) uit haar erfporsie geswendel, maar dan laat ’n kunswaarde­erder Ragel, Ivan en Paul se paaie kruis . . .

Die draaiboeks­krywer, Tertius Kapp, het Deon Meyer se boek van 1994, Wie met vuur speel, aangepas tot ’n reeks van vyf episodes.

Dié reeks is vir hom baie spesiaal, vertel Deon. “Die aanslag is tong-in-diekies. Dis lig, los en lekker. Ek is oortuig daarvan die reeks is heel uniek aan Afrikaanse televisie.”

AMALIA UYS

Sy is in die regte lewe eintlik maar ’n “plaasmeisi­e”, terwyl Ragel met tye ’n bietjie wilder is as wat sy ooit sou kies om te wees, vertel Amalia.

Tog is daar ook ooreenkoms­te tussen haar en haar karakter. “Sy is ’n nerd en hou van die klein dingetjies in die lewe – daarmee identifise­er ek veral.”

Haar karakter sal haar altyd bybly, sê Amalia. “Wat die reeks so spesiaal maak, is die uiteenlope­nde kombinasie van karakters in die rolverdeli­ng. Elkeen het sy eie walk of life – almal is helde in eie reg.”

WANDA BANDA

The Woman King van 2022 het van haar ’n ster gemaak, en van hierdie punt af vorentoe gaan jy Wanda se naam oral sien.

Sy vertolk die rol van die rekenaarfu­ndi Kate. Vir haar was die lekkerste om met so ’n groep ervare akteurs saam te werk.

“Ek is so geïnspiree­rd deur hulle, veral deur Arnold. Hy het my baie geleer en my altyd verseker dat dit oukei is om foute te maak en jou tyd te vat,” vertel sy.

“Veral as jy jou woorde vergeet!”

TIM THERON

Die akteur en sy vrou, Juanli, het op die bekendstel­ling geskitter – sy in ’n blou nommertjie, hy in ’n snyersbaad­jie met ’n netjiese T-hemp.

“Dit is verskrikli­k lekker om hier te wees, om die atmosfeer te beleef en om soveel mense te sien,” sê Tim.

Juanli vertel hulle het dié keer hul kinders, Migael (7) en sussie Sophia (10), saamgebrin­g.

“Ons het sommer besluit om ’n lekker Paas-uitstappie daarvan te maak,” sê Juanli.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa