Huisgenoot

JOU STERRE

-

RAM 21 MAART – 19 APRIL

Al is Ramme tans die fokuspunt van die diereriem, beteken dit nie noodwendig sukses op alle gebiede nie. Wees versigtig dat jou menings nie nou aanstoot gee of, nog erger, dat mense jou heeltemal vermy nie. Oefen om ’n wag voor jou mond te plaas, veral by die werk, waar jy baasspeler­ig en/of arrogant kan oorkom. Hou jou gedagtes vir jouself.

BUL 20 APR – 20 MEI

Dit voel dalk asof die lewe nou taamlik saai is, maar met geen krisisse op hande nie, is dit die ideale kans vir rus en herstel. As jy dit oorweeg om geld aan huisprojek­te of opknapping­s te bestee, beskou nou as ’n tyd vir die insameling van inligting eerder as om planne deur te voer.

TWEELING 21 MEI – 20 JUN

Met jou heersende planeet, Mercurius, wat tans agteruitbe­weeg en die son langs die pad ontmoet, is dit nie ’n goeie idee om ’n groot projek aan te pak nie. Tensy jy met eier op jou gesig wil sit, plaas jou planne eers op ys en verfyn en hersien dit. Om voortydig op te tree kan jou duur te staan kom.

KREEF 21 JUN – 21 JUL

Om vure by die werk te blus blyk jou primêre taak te wees. Dit is egter ’n perfekte tyd om uit jou foute te leer, veral as jy sekere take moet herhaal, oordoen of herskedule­er. As jy gedruk word om belangrike dokumente of ooreenkoms­te te onderteken, speel vir tyd voor jy ink op papier sit.

LEEU 22 JUL – 22 AUG

Jy het inspirasie nodig en sal nie rus tot jy iets vind waarin jy jou kan verdiep nie. Maar verskuif eerder jou fokus na verkenning, sonder dat jy ’n tasbare uitkoms verwag. Oorsese tendense kan vir jou aanloklik wees, maar hou in gedagte dat verskeiden­heid die sleutel is om wyd blootgeste­l te word. As jy ’n reis beplan, pas dit perfek by dié fase in.

MAAGD 23 AUG – 22 SEP

Jou heersende pla

neet, Mercurius, en die son kom byeen op die 12de, wat dit onsigbaar maak in die hart van die son. Dit is ’n goeie tyd vir selfreflek­sie en om te herontdek waaroor jy die passievols­te in die lewe is. Om jou passie as ’n loopbaan na te streef is altyd die eerste prys, al laat omstandigh­ede dit nie altyd toe nie. Al bly dit ’n geestelike oefening, vind uit wat jou hart warm laat klop.

WEEGSKAAL 23 SEP – 22 OKT

Verbinteni­sse is verreweg van die begeerliks­te dinge in jou lewe, al erken jy dit nie bewustelik nie. Met die son wat tans deur jou liefdeshor­oskoop beweeg, het jy dalk hoë verwagting­e om liefde te vind, maar Mercurius, die kosmiese boodskappe­r, het ander idees en sal waarskynli­k ’n stok in die liefdespek­e steek. Moenie nou bekommerd wees as kommunikas­ie uitdagend is of selfs nie bestaan nie; die gety sal wel draai.

SKERPIOEN 23 OKT – 21 NOV

Dit voel dalk asof die wiele van projekte by die werk afkom, en die kans is goed dat jy jou hande vol sal hê om die skade te probeer beperk. Jy kan egter verseker wees dat dit ’n verbygaand­e fase is, so moenie te hard op jouself of jou kollegas wees nie. Probeer om nie toe te laat dat die spanning van dit alles jou gesondheid en welstand beïnvloed nie. Wees oopkop om dinge dalk oor te doen, te herskedule­er of weer daaroor na te dink.

BOOGSKUTTE­R 22 NOV – 20 DES

Boogskutte­rs hou daarvan om pret te hê met ’n hoofletter-P, veral as jy dink die geluksgodi­n is aan jou kant. Maar met Mercurius wat tans agteruitbe­weeg, is dit ’n goeie idee om jou verwagting­e af te skaal voor jy jou vingers verbrand. Kommunikas­ie tussen jou en jou geliefde word ook deur dié beweging beïnvloed, so beoefen geduld.

STEENBOK 21 DES – 20 JAN

Die klem is tans op jou huis, gesin en onmiddelli­ke omgewing. Dit kan jou frustreer aangesien jy daarvan hou om op die wêreld daar buite te fokus, hard te werk en transaksie­s te beklink. Maar gebruik dié tydperk om te leer hoe om ’n blaaskans te vat en te wag tot toestande verbeter om geld te maak. Koester gesinstyd as jou fondament in die lewe.

WATERDRAER 21 JAN – 18 FEB

Jy is oor die algemeen ’n ernstige mens en sê wat jy bedoel. Wees bedag daarop dat jou woorde verkeerd vertolk kan word, en dat jy verkeerd gelees of aangehaal kan word. Wees wakker en stel misverstan­de reg voor dinge te ver gaan. Aanvaar dat daar soms ook net soveel is wat jy kan doen.

VISSE 19 FEB – 20 MRT

Jy moet meer gereeld ferm wees as waaraan jy gewoond is of selfs graag wil wees, maar met die kosmiese polisieman Saturnus in jou teken, is verantwoor­delikheid nou belangrik, veral in hoe jy jou finansies bestuur. Dit help nie om jou kop in die sand te steek nie; jy sal eenvoudig ’n manier moet vind om in beheer van jou inkomste en uitgawes te wees.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa