Huisgenoot

’N RUSKANS VIR TAYLOR

-

DIS ’n bedrywige jaar vir

TAYLOR SWIFT, maar sy het eindelik asemgeskep terwyl sy gehaltetyd saam met haar kêrel, die Amerikaans­e voetbalspe­ler TRAVIS KELCE, in die Bahamas deurgebrin­g het. Hulle het op die strand gestap, geswem en mekaar in die branders gesoen.

Taylor (34) het pragtig gelyk in ’n geel bikini, en Travis (34) het in ’n stadium sy arm beskermend om haar gesit en haar hand vasgehou.

“Hulle het ’n paar dae in die Bahamas vakansie gehou,” het ’n bron aan People gesê. “Dit was ’n broodnodig­e blaaskans. Hulle het dit baie geniet. Hulle is so gelukkig saam.”

’n Paar dae later het hulle in Malibu rondgestap.

Die sangeres is net verby die halfpadmer­k van haar Eras-toer met 152 datums op vyf vastelande. Sy maak einde Desember met die toer klaar. Nadat die Singapoers­kof van haar toer op 9 Maart geëindig het, het sy aangekondi­g sy vat ’n blaaskans van twee maande voor sy in Parys weer voortgaan.

Sy gaan egter nie die volgende twee maande leeglê nie. Sy werk aan haar nuwe album, The Tortured Poets Department.

“Ons het ses vertonings in Singapoer gehou vir die wonderliks­te gehore. Ek wil uit my hart dankie sê aan almal wat gereis en soveel moeite gedoen het om by ons vertonings te wees,” het sy op Instagram geskryf. “Wat ’n onvergeetl­ike manier om hierdie skof van die toer af te sluit! Sien julle in Mei wanneer ons die Eras-toer voortsit. Intussen het ek ’n album om uit te reik.”

Aanhangers was besorg toe ’n TikTok-video rondgestuu­r is waarin Taylor op ’n konsert in Singapoer hoes en skynbaar sukkel om te sing.

“Sy lyk baie moeg. Hoop sy kry binnekort rus!” het iemand gesê. “Sy werk baie hard. Sy het rus nodig.”

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa